Algemene vra oor varkvleis beantwoord

Algemene vra oor varkvleis beantwoord

Lees tyd
Image White Pig by mali maeder
Image White Pig by mali maeder
BOERhier is ’n Sosiale Media sukses storie! BOERhier het in Junie 2017 begin as ’n elektroniese tydskrif wat praktiese boerdery idees, statistieke en inspirasie oor landbou aan boere versprei. In slegs 4 jaar is die gewildheid van BOERhier oorweldigend en menigte lesers het daarop aangedring vir ’n Engelse weergawe.

5 vrae oor VARKVLEIS beantwoord

Varke is een van die vroegste diere wat as vee aangehou is – so vroeg as 8 500 vC. Mettertyd het varkvleis ’n bekende bron van proteïen wêreldwyd geword.

Daar is wel talle mites rondom dié vleissoort. Hier is antwoorde op idees wat baie mense oor varkvleis het:

Varkvleis is nie deel van ʼn gesonde dieet nie, slegs hoender en vis is

Varkvleis word gereeld gesien as ʼn vleis met baie vet, maar dit hang eintlik net af van die snit wat jy eet. Die maerste deel van die vark is filet of lendevleis – dit bevat ongeveer dieselfde hoeveelheid vet as vellose hoenderborsies. Jy kan ook varkvleis “maerder” maak deur eenvoudig die oortollige vet af te sny. Dit is ook iets wat jou slagter maklik vir jou kan doen.

 

Varkvleis bevat parasiete wat jou sal siek maak

Terwyl dit nie onmoontlik is nie, het die gereeldheid van siektes sterk afgeneem oor die laaste paar dekades aangesien boerderye en vleisverwerking deesdae aan hoër higiëniese standaarde voldoen. Bowendien kan jy verseker dat jou vleis veilig is deur dit by ʼn betroubare slaghuis te koop en dit behoorlik gaar te maak.

 

Moet vark baie warm gaargemaak word om veilig te wees vir inname?

Die minimum voorgestelde temperatuur om varkvleis gaar te maak is 63°C, en maalvleis moet by minstens 72°C gaargemaak word.

 

Varke is vuil en onhigiënies

Soos met enige vee hang die higiëne van die dier grootliks af van die plek waar hulle aangehou word. Varke is nie vuiler as meeste ander diere nie.

Aangesien hulle velle nie sweetgaatjies het nie, rol hulle in modder om af te koel of om hulself teen vlieë, parasiete of sonbrand te beskerm. Solank as wat varke in ʼn plek gehou word waar hulle genoeg skaduwee het, is hulle eintlik van nature skoon.

 

Varkvleis is nie gewild nie

Hoewel hoender en bees koning kraai by die braai, is varkvleis eintlik wêreldwyd baie gewild. Wêreldwyd verbruik mense 36% varkvleis, 33% hoender, 24% bees en 5% skaap of bok.

 

Source: https://maroelamedia.co.za/kos/vleis-en-seekos/5-vrae-oor-varkvleis-beantwoord/

 

 

Share this article

Sluit aan by BOERhier!