Dieselprys gevaar vir voedselsekerheid

Dieselprys gevaar vir voedselsekerheid

Lees tyd
Boere se insetkostes sluit onder andere saad, kunsmis, kalk, brandstof, onkruid- en plaagdoder, versekering, prysverskansing, elektrisiteit en instandhoudingskostes in.

Dieselprys gevaar vir voedselsekerheid

Met die soveelste groot dieselprys verhoging om die draai, raak voedselsekerheid problematies. Die hoë dieselprys het hoë insetkostes tot gevolg en daarmee saam hoë voedselpryse.

Met die mees onlangse verhoging in die dieselprys betaal verbruikers reeds meer as R8 as wat die prys verlede jaar die tyd was. En dit is nog voor die verhoging van meer as R1 wat in November verwag word. Die nuwe plantseisoen het onlangs aangebreek en die reeds uitermate hoë insetkostes waarmee boere te doen, is nou nog hoër.

“Selfs met die 10c en 15c per liter-verhogings was die dieselprys reeds ’n reuse-uitdaging vir boere,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Dit gaan oor vraag en aanbod – daar is ʼn geweldige hoë vraag na diesel en wêreldwyd sit ons met energiekrisis. Die Europese winter het pas begin en daar is reeds ʼn groot tekort aan gas.”

Boere se insetkostes sluit onder andere saad, kunsmis, kalk, brandstof, onkruid- en plaagdoder, versekering, prysverskansing, elektrisiteit en instandhoudingskostes in.

“Die verhoging van die brandstofprys moet in konteks geplaas word,” sê Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering. “Dit het direk ’n invloed op verskeie faktore en só verhoog die kostes van byna elke item in die ketting van noodsaaklike oorlewingshulpmiddels. Die kostes verhoog dan ook vir die landbouer. Met die huidige pryse wat die boer op die mark kry, is dit ’n uiters ernstige saak, aangesien daar boere is wat produkte tans weggooi omdat dit ekonomies nie bemarkbaar is nie. Die swak pryse word natuurlik veroorsaak deur die swak kopersmark wat finansieel sy geld slegs vir noodsaaklikhede moet gebruik, aangesien daar nie finansiële vermoëns is om elke dag ’n gesonde bord kos te kan bekostig nie.”

Hierdie rimpeleffek gaan nie nou sigbaar wees nie, maar daar moet in ag geneem word dat indien die boer nie ʼn wins maak nie, hy met die volgende aanplantings nie dieselfde as die huidige jaar kan onderneem nie. Die banke is boonop ook huiwerig om lenings te voorsien weens onteieningsaksies wat onsekerheid veroorsaak.

“Dit beteken in werklikheid dat daar ʼn vooruitsig is vir ʼn ernstige afname in toekomstige aanplantings en dit sal ’n voedseltekort veroorsaak.”

Bron: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dieselprys-gevaar-vir-voedselsekerheid/

Share this article

Sluit aan by BOERhier!