Dis wat om te verwag by die MEGA Hartwater Meatmaster Veiling

Dis wat om te verwag by die MEGA Hartwater Meatmaster Veiling

Lees tyd
Image Skape trop by Affieplaas Fotografie
Image Skape trop by Affieplaas Fotografie
BOERhier is ’n Sosiale Media sukses storie! BOERhier het in Junie 2017 begin as ’n elektroniese tydskrif wat praktiese boerdery idees, statistieke en inspirasie oor landbou aan boere versprei. In slegs 4 jaar is die gewildheid van BOERhier oorweldigend en menigte lesers het daarop aangedring vir ’n Engelse weergawe.

2de Jaarlikse MEGA Hartwater Meatmaster Veiling op 2 April 2022

Hierdie veiling het sy ontstaan gesien toe die idee opgekom het da tons ’n Hartwater veiling, met geregistreerde telers, moet aanbied. Charles Freeme, van B3 Genetics, het Thaba Meatmaster en J-Africa genader om deel te wees van die ongelooflike groep.

In 2021 is die eerste veiling gehou by Fire&Wine Arena in Boschkop, Pretoria. Daar was uitstenkende diere en genetika aangebied. Beide kopers en verkopers het tevrede en gelukkig weg gestap na afloop daarvan.

Hierdie jaar op 2 April, hou ons weer veiling. Dit is beslis ’n veiling om na uit te sien en in jou dagboek te merk, aangesien top genetika diere aangebied word, almal uit hartwater areas

B3 Genetics is gelee in DeWildt area, in Pretoria Noord. B3 Genetics boer semi-intesief met hulle meatmasters. Dit beteken dat hulle in die veld wei, maar ook gekraal word en daar gevoer word.

Thaba Meatmasters is in die hartjie van die bosveld. HUlle is gelee teen die Botswana grens, tussen Thabazimbi en Dwaalboom. Hulle boer ekstensief, maar wel in kleiner kampe om beheer van ongediertes te beperk

J-Afric Meatmasters in gelee in Modimole. Hulle boer ook semi-intensief, wat beteken hulle maak gebruik van veld weiding en kraal voeding.

Die diere wat aangebied word op die veiling, is vooraf gekeur en deur gegaan. Hulle word almal voor die veiling weer gekeur deur ’n onafhanklike keurder vanaf die Meatmaster Telers Genootskap. Daar sal, volgens nuwe wetgewing, ’n veearts wees op die perseel, om die diere te inspekteer vir Bek-en-Klou seer.

Daar sal iets vir elke koper wees. Die 160 ooie wat aangebied word, bestaan uit ooie van lam, dragtig, oop, met lammers, jonk en ouer diere. Iets om van te kies en te keur.

Die 8 ramme wat aangebied word, is ook van lam tot ouers, beproefde diere. Van die ramme is self in ons kuddes gebruik, en van hulle aanteel word ook aangebied op die veiling.

 

B3 Genetics, Thaba Meatmasters en J-Afrika Meatmasters beloof om weereens ongelooflike kwaliteit diere aan te bied op die jaarlikse veiling!

Vir meer inligting oor die veiling en diere kan die volgende persone gekontak word

B3 Genetics – Charles Freeme – 074 207 0007

Thaba Meatmasters – Chris Barkhuizen –
076 850 6726 of Elzaan Barkhuizen – 076 090 9088

J Afrika Meatmasters – Mandla Seopela – 082 044 4712

Beide B3 Genetics (www.b3genetics.co.za) en Thaba Meatmasters het FaceBook blaaie waar die diere gelaai sal word, asook CdP Auctioneers se webblad.

Share this article

Sluit aan by BOERhier!