Aanlyn Studie in Landbou, ’n droom of realiteit?

Aanlyn Studie in Landbou, ’n droom of realiteit?

Reading time
Agricolleges International
Agricolleges International
Vandag se landbou entrepreneurs benodig die vermoë om ’n komplekse en dinamiese werks-omgewing te kan bestuur.

Die kweek van ’n nuwe generasie boere

Vandag se landbou entrepreneurs benodig die vermoë om ’n komplekse en dinamiese werks-omgewing te kan bestuur. Hulle word blootgestel aan ’n reeks nuwe uitdagings. ’n Boerdery moet vandag kan voldoen aan die uiteenlopende uitdagings van ons planeet inaggenome die verwagtings van reguleerders, verbruikers, voedselverwerkers en kleinhandelaars, om nie eers te praat van die mikro organisasie rakende sy/haar eie besigheid, plaasbestuur en organisasie nie.

Moderne landbou en tegnologie bied wel ’n groot aantal oplossings, maar die uitkomste is nie altyd noodwendig dieselfde nie. Elke boerdery is uniek! Verskeie veranderlikes soos topografie, grondtipes, beskikbare tegnologie en potensiële opbrengste beinvloed die eindproduk.

Volhoubare boerdery:

’n Gesamentelike aksie word benodig om die vinnig groeiende bevolking te voed. Bevolkingsgroei en klimaatsverandering is twee van die oorkoepelende redes om elke moontlike poging aan te wend om beide die kwaliteit en kwantiteit van plaasprodukte wat in Suid-Afrika geproduseer word, te verbeter.

Tradisionele metodes is ongelukkig nie meer voldoende en volhoubaar nie. Die nuutste kennis en tegnologie t.o.v byvoorbeeld gewasproduksie, kan egter ’n uitstekende geleentheid bied om boere vertroud te maak met nuwe-en-opgedateerde boerdery konsepte.

Moderne metodes vir die moderne boer:

Die bevordering en implementering van moderne tegnologie is ’n effektiewe manier om veral die werkende jeug terug te lok na die landbou sektor met die gepaardgaande produktiwiteit en kwaliteit in die werksomgewing.

Gewasproduktiwiteit soos vooraf behandelde sade en gewasbeskermings produkte, tot data analise, toepassings en pressisiebespuiting, verbeter met elke dekade, maar dit word van die nuwe geslag boere vereis om in soortgelyke tegnologie te belê. Terwyl die mega boere dit dalk kan bekostig om heirin te belê, het kleinboere nie altyd toegang tot ’n bekostigbare bron van krediet nie.

Boerdery benodig ’n holistiese benadering

Holistiese bestuur in landbou herstel die grond deur die natuurlike balans tussen mens, dier en natuur aan te moedig. Die holistiese bestuur van ’n landbou praktyk beskryf ’n sisteem en besluitnemings raamwerk wat sosiale, ekologiese en ekonomiese faktore in ag neem. Hierdie denkwyse is ’n vereiste vir die effektiewe langtermyn bestuur van hulpbronne. In realiteit gee dit ook die boer die insig wat benodig word om elke afdeling van hul besigheid te verstaan. Dit beteken hulle kan ook hul besluitnemings vermoë en gepaardgaande handeling aanpas om die behoeftes volledig te voorsien.

Toegang tot Moderne Produksie Kursusse:

Landbounavorsing en onderwys is en sal ’n voorvereiste bly vir die verhoging van landbouproduktiwiteit in ’n geglobaliseerde wêreld ekonomie. Landbou het die vermoë om inkomste vir boere en die landelike arbeidsmag te genereer en bied ook die nodige raamwerk om die tekort aan opvoeding en opleiding in ons land aan te spreek.

Die bywoning van aanlyn gewasproduksie kursusse met ’n praktiese element kan ’n manier bied om boere vertroud te maak met nuwer boerdery praktyke. Aanlyn onderrig bied die jong werkendes die geleentheid om hulle tyd ekonomies te kan bestuur.

Nadele verbonde aan voltydse studie:

Drie faktore maak dit dikwels onmoontlik vir ’n jong boer om die voorreg van voltydse studie te kan ervaar –

  • Finansies
  • Tyd
  • Afstand

AGRICOLLEGES International het ’n innoverende oplossing ontwikkel wat Landbou Produksie kursusse vir almal beskikbaar stel.

Voordele van deeltydse/aanlyn studie

Een van die grootste voordele van deeltydse studie is dat studente die geleentheid kry om hulle nuut verworwe kennis direk toe te pas op en in hulle alledaagse lewe en werksomgewing. Studente kan dus ook die verantwoordelikhede van ’n voltydse werk en aanlyn kursusse balanseer.

Die enigste vereistes vir aanlyn studie is ’n internetverbinding en ’n geskikte digitale toestel soos ’n rekenaar, tablet of slimfoon. Selfs praktiese oefeninge kan in ’n tuin of op ’n plaas uitgevoer word en fotografiese en of video bewyse kan opgelaai word vir evaluering deur die kursus fasiliteerder.

Wat is my opsies?

Kortkursusse: Daar is ’n aansienlike aanvraag na kortkursusse in landbou en landbouverwante bedrywe. Gelukkig is daar instansies soos AGRICOLLEGES international wat hierdie aanvraag direk aanspreek.

AGRICOLLEGES International het akkreditasie ontvang van die AgriSETA en word erken as onderwys en opleidingsverskaffer in Landbou. Die akkreditasie stel die kollege in staat om 1 jaar NQF4 Nasionale Sertifikate aan te bied in Algemene Landbou en Plantproduksie en ook verskeie relevante kortkursusse soos Aquaponika en Sitrus Produksie.

Danksy ’n innoverende aanlyn leerplatform wat die hedendaagse onderrigomgewing noukeurig navolg, sal almal wat hierdie gewasproduksiekursusse nastreef in staat wees om met beide hul medeleerders en hul tutors te kommunikeer.

Finansiele uitleg:

AGRICOLLEGES International bied die kursusse aan teen ’n fraksie van dit wat deur tradisionele opvoedkundige instellings gehef word. Studente word ook die geleentheid gebied om die fooi in maklike paaiemente te betaal oor verskillende tydperke.

Voornemende leerders kan ook aansoek doen deur:

AGRICOLLEGES INTERNATIONAL se webtuiste www.agricolleges.com

Kontakbesonderhede:

Epos: admissions@agricolleges.com

Telefoon: 063 940 0334

Geskryf deur Agricolleges

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!