Om ‘n varkboerdery in Suid-Afrika aan te pak, vereis ‘n plan. Om die waarheid te sê, enige varkboerdery vereis ‘n plan, van die duisensogeenheid tot by die twee-varktrop in die agterplaas van ‘n arm eienaar wat sy gesin se inkomste wil verhoog.
Of dit nou ‘n groot kommersiële varkplaas is of ‘n kleintjies, die basiese beplanningsreëls bly dieselfde. Daar moet begin word met die beplande einddoel:
- Wil jy Speenvarke produseer en verkoop?
- Of wil jy Speenvarke koop en grootmaak vir slag?
- Of varke koop en verkoop as ‘n spekulant?
- Of wil jy varke produseer, grootmaak tot by slaggrootte en dan verkoop?
Die tweede ding om in gedagte te hou met die begin van ‘n varkboerdery is die geskatte markvereistes – hoe buigbaar, seisoenaal en kompeterende is die mark alreeds?
Derdens moet die beperkinge, regulasies, gesondheids, en omgewingswetgewing, en dorpsbeplanning vir die omgewing waar jy beplan om jou boerdery te begin in aanmerking geneem word. Doen dan ‘n voorlopige beplanning van produksiekoste.
Jy moet basiese koste van Roumateriale, watter geboue (soos behuising) benodig gaan word, hoeveel meganisasie, asook die aantal werkers benodig sowel as watter vaardigheidsvlakke hulle behoort te hê, bereken.
Indien jou eindproduk bederfbaar is (varkvleis), moet jy ook bereken wat die raklewe en bergingskapasiteit, verkoeling, vervoer en verpakking is wat jy gaan benodig.
Befondsing vir Varkboerdery
Om ‘n varkboerdery op die been te bring benodig jy befondsing om die nuwe besigheid te dra deur die ontwikkelingsperiode. Die periode sluit in die oprig van omheining, die bou van hokke en behuising, die aankoop van toerusting en die uitsorteer van arbeid, verkryging van krag, en en watertoevoer, erfbelasting, versekering en die alledaaglikse huishoudelike uitgawes.
Bepaal hoe lank dit sal duur voordat daar ‘n inkomste sal wees wat die kontantvloei positief sal begin maak.
‘n Realistiese kontantvloeiskatting is noodsaaklik, maar dikwels die slegste deel van ‘n besigheidsplan. ‘n Mens is besig om te probeer voorspel wat die produksiekoste, rente op lenings, lopende kostes en berging gaan wees en dit te balanseer teen die inkomstes uit verkope oor ‘n toekomstige periode terwyl waardes en uitgawes onvoorspelbaar en veranderlik is.
As ‘n beginner entrepreneur egter een van die moontlike bronne van befondsing wil nader en ernstige opgeneem wil word, moet hy of sy maar die moeite doen om die hulp an iemand wat finansies en veral varkboerdery, verstaan, in te roep. Saam kan hulle ‘n besigheidsplan ontwikkel wat hulle deur die eerste fase van ‘n lewensvatbare ondernemings sal neem.
Daar bestaan verskeie organisasies wat in ‘n posisie is om te help en spesifiek fokus op die ondersteuning van die kleinskaalse boer.
Opleiding en advies
Die mees prominente en aktiewe organisasie is The South African Pork Producers Organisation (SAPPO), waaraan die meeste kommersiële produsente behoort. SAPPO brei nou hul lidmaatskap uit na die aspirant kleintrop afdeling van varkboere. SAPPO het toegang tot heffingsfondse wat bygedra word deur kommersiële boere en ingesamel word wanneer varke geslag word op ‘n perkop basis.
Hierdie fondse word, in samewerking met die regering, aangewend vir die bevordering van die varkvleisbedryf en ‘n persentasie word toegewys aan ontwikkelende boere vir aktiwiteite wat verband hou met opheffing en opleiding. Dis egter nie kontant vir die befondsing van nuwe besighede of voer kostes nie.
Die Pig Veterinary Society (PVS) is ‘n groep van die South African Veterinary Association wat in noue samewerking met SAPPO en kommersiële produsente, opleiding en adviserende kursusse, praktiese demonstrasies en beplanningsessies aanbied. Hierdie opleidingskursusse fokus op biosekuriteit, welsyn, voeding en behuising van varke, voorkoming van siektes en bestuur.