’n Boer se ervaring
Lamtyd op ’n plaas is ’n vreugdevolle tyd. Om die nuwe lewe te sien wat gebore word is so spesiaal. Die ooie wat ’n moederinstik het om na daardie nuwe lam om te sien is ’n wonder en deur dit te aanskou maak boerdery lekker. ’n Stap deur die kamp op ’n vroeë herfsoggend, met die lammers wat bokspring en rond hardloop maak ’n boerehart sommer warm klop.
Dit is alhoewel nie altyd maanskyn en rose nie en daar is vele uitdagings wat die boer in die gesig staar tydens lamtyd. Diarree onder die lammers is een van die uitdagings. Dit word meestal veroorsaak deur ’n bakterie; Escherichia Coli (E.Coli), ’n protozoa; Cryptosporadium parvum (C.Parvum) of ’n kompleks van beide is al in die mis van lammers geïdentifiseer.
Diarree is ’n groot oorsaak van vrektes onder pasgebore lammers en kalwers. Die jong diere verloor groot hoeveelhede vloeistowwe en elektroliete en dit lei dan daartoe dat hulle dehidreer, swak word en op die ou einde vrek.
Dr Liezel Wasserman, ’n veearts in die Clocolan omgewing in die Vrystaat, word beskou as een van die kenners in diarree in lammers en kalwers. Sedert die voorkoms van ’n kenmerkende geelerige diarree, wat vrektes veroorsaak het onder vleisbeeskalwers in die area, het sy dit haar missie gemaak om meer inligting te verkry rakende die verskynsel. Die eerste gevalle onder lammers het aan die einde van 2013 voorgekom.
Volgens haar navorsing en statistieke het meer as 18 000 lammers en 7 000 kalwers gevrek van die siekte. Sy het dus ondersoek ingestel om die oorsprong te vind, die siekte te identifiseer en hoe om die siekte hanteer.
In 2019, het sy by die Nasionale Wol Kwekers Vereniging boeredag op Brandfort, wat ek bygewoon het, vir ons almal meer vertel oor die siekte. Hoe om dit te voorkom, hoe om dit te hanteer as dit wel op jou plaas voorkom en hoe om die siek diere te behandel. Hier het ek die eerste keer in detail van die onderwerp gehoor en het self met die probleem op ons plaas gesit. Ons was raadop, maar na die aanbieding van Dr Wessels, is ons vol moed terug plaas toe om die siekte hok te slaan.
Die oorsaak van diarree
E.Coli bakterie en C.Parvum protozoa, is beide geïdentifiseer dat dit voorkom in die spysverteringkanaal van jong diere jonger as 30 dae.
Tipies, sal die jong dier ’n onvolwasse Cryptosporadium oösiet inneem deur middel van die water, uit die grond, vuil melk bottels of aan die persoon wat hul hanteer. Die oösiet vestig homself dan in die voering van die spysverteringkanaal waar dit sporozoïete vrystel. Hul ondergaan verdere ontwikkeling en word dan as volwasse oösiete vrygestel in die mis. Ander lammers loop dan daaroor, lek oor die grond en kry dan die besmette mis in. Die oösiete veroosaak dan diarree in die gesonde lam, die lam dehidreer, is lusteloos, lê net rond en sal later vrek omdut hul te swak is. Die kringloop gaan so voort onder die ander lammers.
Die kringloop kan binne drie tot vyf dae groot vrektes onder jong diere veroorsaak.
Hoe lyk dit?
Dit begin as ’n loperige liggeel mis uitskeiding met ’n skerp, stink reuk en soos dit vorder word dit ’n lig grys/wit kleur. Dit moet nie verwar word met die kolostrum mis wat uitgeskei word nie. Dit word gewoonlik op die ouderdom van dag 2/3 uitgeskei en is ’n donkergeel, dik uitskeiding.
Behandeling van diarree
Alhoewel daar nog nie ’n definitiewe behandeling is vir diarree wat deur E.Coli of C.Parvum veroorsaak nie, is daar verskeie metodes om die lammers te help met die moontlikheid om die diarree stop te sit. Ondersteunende sorg en hidrasie is baie belangrik.
- Die eerste ding om te doen is om die geïnfekteerde diere te isoleer en in ’n aparte kamp te laat loop. Maak seker die mense wat diere hanteer maak hul skoon voordat hul na gesonde diere gaan, om kontaminasie te verhoed.
- Neem mismonsters en stuur dit na ’n veearts sodat ’n diagnose kan gemaak word op die tipe organisme wat die diarree veroorsaak. Salmonella en koksidiose kan ook moontlike oorsake wees van die diarree en moet daarom korrek geïdentifiseer word om nodige behandeling toe te pas.
- Dehidrasie is die groot oorsaak van die vrektes. Die jong diere moet dus so gou moontlik elektroliete ontvang. ’n Produk soos Replensol met elektroliete, kan aangemaak word en aan die die lammers gedoseer word.
- ’n Nie-steroïdaal anti-inflammatoriese middel kan gespuit word, wat sal help vir pyn, koors en inflammasie.
- Halocur is ’n nuwe produk wat onlangs in Suid Afrika beskikbaar gestel is vir die behandeling van diarree. Die dosis is 2ml/10kg, wat vir 5-7 dae in ernstige gevalle gegee moet word. Indien die boer dit vinnig genoeg behandel is drie dae se behandeling voldoende. Op dag 2 kan daar klaar ’n verksil gesien word met die diarree wat opdroog. Halocur is redelik skaars in Suid Afrika, en kan net deur ’n veearts verskaf word.
- Indien E.Coli teenwoordig is kan die gebruik van ’n antibiotika help om die bakterie te dood. ’n Antibiogram kan gedoen word om die korrekte antibiotika te identifiseer wat teen die bakterie effektief gaan wees. Dit kan op dag drie saam die Halocur gegee word. “Remove Excede. There are various antibiotics to be used not just one.”
- Ooie kan voor lam met ’n E.Coli entstof geënt word om immuniteit aan die ongebore lammers te gee.
Die lammers moet dopgehou word vir ’n herinfeksie. Indien dit wel voorkom moet die hele behandelingsproses weer met die lammers gedoen word.
Voorkoming van diarree
Die implementering van goeie biosekuriteit maatreëls, bestuur en ’n sterk fokus op gesondheid is volgens Dr Wasserman krities vir die voorkoming en behandeling van diarree. Goeie higiëne is van uiterste belang om te voorkom dat diarree onder die lammers uitbreek.
Organismes wat infeksies kan veroorsaak word in die mis afgeskei en dit kan dan lei tot die verspreiding van die siekte. Die ergste bron vir die verspreiding van die infeksies is lamhokke. ’n Klein, nat, en vuil omgewing. Indien moontlik moet die hokke elke keer ontsmet word voordat ’n nuwe ooi met haar lam of lammers in die hokke ingaan. Dit kan gedoen word deur middel van ’n ammonia gebasseerde middel (soos Jayes Fluid) of ’n F10 oplossing oor die areas te spuit, stoom die areas of kalk kan gestrooi word.
’n Voetbad met ontsmettingsmiddel in, kan by die hekke van die kampe geplaas word en die hanteerders moet voor hul die kamp ingaan en as hul die kamp verlaat hulle skoene ontsmet, om sodoende die oordrag van die besmette mis na ander kampe te beperk.
Die kampe waarin die ooie lam kan ook met enige van bogenoemde produkte ontsmet word sodra die lamseisoen verby is, deur die gebruik van ’n “firefighter” spuit of ’n “boom sprayer”.
Die lammers kan ’n vitamien/mineraal aanvulling gegee word op dag van geboorte of dag twee, en weer op dag 7. Produkte soos Byboost Kickstart van Bayer of Superboost van Antrovet. Dit help om die spysverteringkanaal te versterk teen infeksies. Indien hul wel siek is kan dit help dat hul vinniger gesond word. Ons het onder ons lammers opgemerk dat die boost beslis bygedra het dat hul vinnger gesond word en vrektes was tot die minimum beperk omdat die lammers sterkter was.
Stres moet so min as moontlik wees op die jong diere. Stres veroorsaak ’n swakker imuunstelsel en daarom is hul meer vatbaar om siek te word. Hanteer hul net wanneer nodig, hou hulle rustig. Indien sterte afgesit word, gebruik die minder stresvolle metode deur rekkies te gebruik.
Nog ’n aanvulling produk soos OviThrive van Antrovet kan vir die lammers gegee word tydens sterte afsit. Vir kalwers kan BoviThrive doseer word.
Ten slotte
Indien die boer vinnig behandeling toepas, kan dit effektief wees en vrektes word beperk. Moenie te lank wag met behandeling nie, dit kan groot skade veroorsaak. Sodra daar tekens van diarree opgemerk word, isoleer siek diere en behandel hulle dadelik. Hou die res van die jong diere dop en behandel soos nodig.
Voorkoming is beter as behandeling en daarom is goeie higiëne en gereelde ontsmetting belangrik.
Geskryf deur Zanmari Crous