Is Saffraan die “rooi goud” vir nuwe boere?

Is Saffraan die “rooi goud” vir nuwe boere?

Reading time
Saffron - Photo by Mohammad Amiri on Unsplash
Saffron - Photo by Mohammad Amiri on Unsplash
Suid Afrika is vinning besig om ’n beduidende speler te word in die verbouing en uitvoer van saffraan.

Saffraan, ook bekend as rooi goud in Suid Afrika, is waarskynlik die duurste spesery van alle speserye in die wêreld. Suid Afrika is vinning besig om ’n beduidende speler te word in die verbouing en uitvoer van saffraan. Ná jare se vervolmaak van die kuns van saffraanverbouing in die Noord-Kaap, het geleenthede nou vir boere oopgemaak. Vir die plaaslike ekonomie bied dit ’n waardevolle inkomste uit uitvoere.

Dit help ook vir kleinskaalse boere, glo Bennie Engelbrecht, die stigter en ’n direkteur van Saffricon. Verder sê Engelbrecht dit bied kommersiële boere ’n alternatiewe bron van inkomste deur diversifikasie. Saffraan maak voorsiening vir die produksie van winsgewende plantegroei uit nuttelose grond, voeg hy by. In Suid-Afrika is saffraankleinhandel vir soveel as R250/g of R250 000 per kg. Die heftige prysetiket word toegeskryf aan die arbeidsintensiewe oesmetodes, vanaf die pluk van die blomme tot die verwydering van die drade, word alles met die hand gedoen. Volgens Engelbrecht is 150 000 blomme nodig vir 1kg saffraan.

Wat is Saffraan?

Dit is ’n spesery van die blom van die Saffraankrokus (Crocus sativus), ’n krokusspesie in die familie Iridaceae. Die blom het drie stempels, wat die eindpunte van die plant se vrugblare is. Saam met die styl en die steel, wat die stempels met die res van die plant verbind, word hierdie komponente baie keer gedroog en in die kookkuns as geur en kleurmiddel gebruik. Saffraan, wat volgens gewig vir dekades reeds die duurste spesery ter wêreld is, is inheems aan Suidwes-Asië. Dit is vir die eerste keer in die omgewing van Griekeland verbou. Saffraan word gekenmerk deur ’n bitter smaak en ’n hooiagtige geur; dit word veroorsaak deur die chemikalieë pikrokrosien en safranaal. Dit bevat ook die karotenoïedkleurmiddel krosien wat kos ’n ryk goudgeel skakering gee. Hierdie eienskappe maak saffraan ’n gesogte bestanddeel in baie voedselsoorte dwarsoor die wêreld. Saffraan het ook medisinale eienskappe. Die woord saffraan het sy oorsprong in die 12de eeuse Oud-Franse term safran, wat afkomstig is van die Latynse woord safranum. Safranum is ook verwant aan die Italiaanse zafferano en Spaanse azafrán. Safranum kom van die Arabiese woord aṣfar (أَصْفَر), wat “geel” beteken deur die paronymous zaʻfarān (زَعْفَرَان), die naam van die spesery in Arabies. Daar is egter mense wat meen dat die woord ’n Persiese oorsprong het, naamlik “Zarparan”زَرپَران. Zarزر wat beteken goud + parپر wat verwys na veer, of stigma. Voorstanders van laasgenoemde teorie wys op die verbouing van die plant op die plato van Iran as getuienis.

Die wetenskaplike klassifikasie van saffraan is:

  • Koninkryk: Plantae
  • Divisie: Magnoliophyta
  • Klas: Liliopsida
  • Orde: Asparagales
  • Familie: Iridaceae
  • Genus: Crocus
  • Spesie: sativus

Saffraan word gebruik om geur en aroma in voedsel te verbeter, maar het ook ’n groot gebruik in die natuurlike skoonheidsmiddels en natuurlike medisyne nywerhede.

Saffraan Produksie Vereistes

Saffricon beskryf die produksie vereistes van saffraan op https://saffricon.co.za/#/about-saffron as volg:

Voordele

  • Uitstekende gewas om boerdery te diversifiseer
  • Persoonlike hulp en leiding wat aangebied word
  • Afsetpunt beskikbaar vir al jou saffraan geproduseer

Vereistes

  • Eie vooraf finansies is nodig om hierdie kontrak op te neem
  • ’n Billike hoeveelheid grond kan ’n hoë opbrengs genereer
  • Lae produksie koste
  • Veelvuldige strome van inkomste
  • 3 Jaar kontrak
  • Wintergewas: Maart tot Oktober
  • Ryp bestand
  • Mediterreense klimaat
  • Sanderige, leemgrond
  • Matige hoeveelheid besproeiingswater benodig
  • Temperatuur drempel van -15 °C tot 45 °C
  • Hoë reënval: goed gedreineerde grond is noodsaaklik
  • Lae kunsmiskoste
  • Arbeidsintensief tydens blom (April)
  • Lae onderhoud
  • Plantmateriaal het reeds na suidelike halfrond geakklimatiseer
  • Plantmateriaal bly die eiendom van SAFFRICON
  • SAFFRICON sal alle vermenigvuldigde plantmateriaal na 3 jaar terugkoop
  • Dubbele inkomstepotensiaal van saffraan en veelvuldige bolle

Ten Slotte

Saffraanproduksie is verseker iets vir kleinskaalse en kommersiële boere om te oorweeg.

Kontak gerus  vir Bennie Engelbrecht op
+27 79 454 7790 of stuur ’n e-pos aan
info@saffricon.com

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!