Voerkraal Bestuur: Back to Basics!

Voerkraal Bestuur: Back to Basics!

Reading time
Feedlot - Photo by Pixabay from Pexels
Feedlot - Photo by Pixabay from Pexels
As jy ‘n voerkraal kalf suksesvol wil voer, moet die basiese beginsels van die voerkraalbedryf gevolg word en die kalf reg voorberei vir die voer periode van 120 dae wat hy gevoer gaan word.

Die groot geheim van enige bees voerkraal is dat jy die “basics” moet regkry. ‘n Speenkalf betree ‘n voerkraal wanneer hy ongeveer 280kg weeg.

Voerkraal kalwers is baie dieselfde as mense. As jy ‘n voerkraal kalf suksesvol wil voer, moet die basiese beginsels van die voerkraalbedryf gevolg word en die kalf reg voorberei vir die voer periode van 120 dae wat hy gevoer gaan word.

Kom ek verduidelik gou wat ek bedoel. In my opinie is kalwers presies dieselfde as kinders. Jy kan nie vir ‘n baba van die begin af pap en braaivleis voer nie. Hoekom nie? Sy spysverteringstelsel is nog nie reg vir dit nie en sodoende moet die kalf se rumen voorberei word vir die over proses wat voorlê. Dit is belangrik om te weet dat die skade wat in die begin tydperk van die voerkraal periode gemaak word, t.o.v. die kalf se rumem, ongelukkig onherstelbaar is.

By ‘n mens begin jy om die baba Purity te voer. Die eerste 14 dae in die voerkraal is ‘n aanpassings periode en vir ‘n speenkalf is die eerste voer in die vorm van ‘n koue rantsoen, m.a.w. baie ruvoer, ‘n hoë vlak van proteïene en effense energie. Deur dit te doen, berei jy die kalf se rumen voor vir die produksie rantsoene wat gaan volg oor die volgende 120 dae. Soos wat die voer periode vorder, is dit nodig om die kalf gelydelik gewoond te maak aan die hoë energie rantsoene wat hy gevoer gaan word in die laaste 80 dae van die produksie periode.

Dit is van kardinale belang dat ‘n voerkraal kalf se gewig verdubbel in die 120 dae wat hy in die voerkraal is. ‘n Suksesvolle voerkraal sal die verse binne 16 weke bemark en die osse binne 18 weke. As dit nie slaag nie, mors jy jou tyd en geld! Vir ‘n voerkraal om sukses te behaal is dit daarom belangrik om die “basics” van die begin af reg te kry.

Hierdie artikel is geskryf deur Hennie Otto van TexasSA Voerkraal Adviseurs. Hy het 26 jaar ondervinding in die Voerkraal Bedryf, o.a. Sparta Beef (14 jaar), Karan Beef (10 jaar) en Morgenson Voerkraal te Schweizer-Reineke vir 2 jaar.

Indien jy wil hê dat Hennie jou voerkraal moet besoek vir advies en/of probleem bestuur, is jy welkom om hom te kontak by 082 380 3960.

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!