Wat is BitFarming?

Wat is BitFarming?

Reading time
Cattle - Photo by Kat Smith from Pexels
Cattle - Photo by Kat Smith from Pexels
BitFarming gee elke persoon die geleentheid om ‘n stukkie van ‘n boerdery te besit en om ‘n wins op die lewende hawe mark te verdien, sonder die buitensporige kapitaaluitgawes.

Bitfarming. Raak gewoond aan hierdie naam, want dit is hier om te bly!

BitFarming gee elke persoon die geleentheid om ‘n stukkie van ‘n boerdery te besit en om ‘n wins op die lewende hawe mark te verdien, sonder die buitensporige kapitaaluitgawes, operasionele verantwoordelikhede of risiko’s wat tipies met ‘n boerdery gepaardgaan.

Hiérdie inspirerende sakemodel stel selfs ‘n geharde stadsjapie in staat om enige aantal vee te koop en te verkoop teen ‘n gewaarborgde wins in ‘n minimum voorgeskrewe siklus.

Die 4 stigterslede van BitFarming is Albertus Potgieter, Doepie du Plessis, Mario du Plessis en Ruan du Plessis. Saam het hulle het hiérdie goue gedagte in ‘n besigheidsmodel omskep wat ‘n baie aantreklike beleggingsopbrengs besorg.

Waarin belê jy jou geld, of anders gestel, wat koop jy?

Huidiglik koop jy ‘n bees, of soveel beeste van jou keuse, teen ‘n vasgestelde bedrag van R13,000 per kop. Die siklus van jou belegging is 4 maande. Nadat die 4 maande verby is, het jou belegging gegroei na R14,950. Sien die tabel op die volgende bladsy as voorbeeld vir potensiële groei oor 3 jaar. Na ‘n siklus het jy die keuse om jou kapitaal te herinvesteer vir ‘n volgende 4 maande of jy kan die beeste verkoop teen die voorgeskrewe wins. Die beeste wat aangekoop word is die Bonsmara en Brahman rasse, omdat hulle optimum presteer in ‘n voerkraal omgewing.

Hoe werk hierdie proses?

Jy stel BitFarming aan as agent om die hele proses namens jou te hanteer. Dit sluit in die aankoop van jou beeste by vandisies, vervoer na die voerkraal, versekering, veevoer, handhawing, instandhouding, gesondheidsorg, herverkoop en vervoer na die abattoir vir die hele 4 maande siklus. Al die harde werk word letterlik vir jou gedoen!

Kan ek die proses vertrou?

Die stigters van BitFarming het ‘n gesonde agtergrond, kennis en ondervinding van die landboubedryf. Saam met dit het hulle jare se goeie verhoudinge opgebou met abattoirs om sodoende die beste pryse te beding. Die voerkraal wat gebruik word (WOW Feedlot) is geregistreer by die owerhede en ‘n voerprogram word gehandhaaf wat homself al oorenoor bewys het as suksesvol en sodoende herhaaldelik al A-graad vleis gelewer het. Streng riglyne word gevolg vir die beste diere-vriendelike boerderypraktyke in die voerkraal.

Wat is die risiko verbonde?

Die risiko vir jou belegging is minimaal, omdat die beeste verseker word by Indwe Risk Services vir enige moontlike geval wat dalk mag opduik. Wanneer beeste aangekoop word, word ‘n streng verifikasie proses gehandhaaf, omdat BitFarming vee slegs by geakrediteerde instansies aankoop. Verder is die mark vir beeste en/of rooivleis nog lank nie versadig nie, want mense moet daagliks eet en die mensdom hou aan groei. BitFarming-boere kan ook hul “BitWallet” (beeste) dophou, enige tyd sien wat die status van hul vee is en wat hulle werd is op daardie gegewe oomblik.

Hierdie is waarlik ‘n geleentheid wat nie misgekyk kan word nie. Daar is baie ander beleggingsopsies daar buite, maar meeste kan nie ‘n definitiewe groei aandui soos hierdie program nie. Vir meer inligting, besoek graag die webtuiste by www.bitfarming.co.za of kontak Albertus Potgieter by 083 409 4120.

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!