Die belangrikheid van kultuur in jou Boerdery en hoe om dit op te knap
“Agriculture engenders good sense, and good sense of an excellent kind.” –Joseph Joubert
Deel 1 van 3
Die kultuur in elke Boerdery is uniek, en is daar nie ’n algemene benadering of ’n “one size fits all” benadering nie. Die gebrek aan ’n konkrete definisie vir kultuur in Boerdery beteken dat dit gevorm kan word in wat die beste vir jou Boerdery is, maar beteken ook dat die konsep gevaarlik en ontasbaar kan voel wat op sy beurt die kultuur in jou Boerdery kan verwaarloos.
In sy kern gaan “kultuur” oor die waardes van jou Boerdery en hoe die Boerdery homself in die werkplek manifesteer, van beleid tot werknemer interaksie. Dit is die konteks vir alles wat binne die Boerdery gebeur. Kultuur is dinamies en vloeibaar, bestaan uit elke persoon, kwaliteit van jou werkplek en die trots waarmee werknemers hulle werk doen.
’n Kultuur wat die Boerdery se kernwaardes en voordele weerspieël vir beide eienaar en personeel, sal die Boerdery bevoordeel in terme van samehorigheid, doeltreffendheid en verhoogde produktiwiteit. In teenstelling hiertoe lei personeel wat nie kan aanpas by die kultuur van die Boerdery nie tot hoër personeelomset, verminderde produktiwiteit en gevolglike hoër kostes.
Die opknap van jou Boerdery se kultuur is nie maklik nie juis omdat “kultuur” ontasbaar en moeilik is om te definieer, en is dit moeilik om die regte woorde te vind om produktiewe gesprekke met personeel te hê oor insette.
As Boer en/of Plaasbestuurder het jy die geleentheid om die kultuur op die Plaas te help vestig deur te lei deur voorbeeld. Jy het die mag om die kultuur op mikro- en makrovlakke te beïnvloed, van algemene interaksies met werknemers tot die beleidraamwerk van jou Boerdery. Jou werk as leier is om verwagtinge te stel en jou werknemers die “gereedskap” te gee en te bemagtig om hul werk reg en sorgvuldig te doen. Bou vertroue onder jou werknemers met deursigtigheid en om tweerigtingkommunikasie aan te moedig, wat werkverhoudings sal versterk, verwarring en swak kommunikasie sal voorkom. (Lees gerus ons artikel “Wat is jou Bestuurstyl” op Plaasbestuurder.co.za se webblad).
8 Wenke om die kultuur in jou Boerdery te verbeter
Plaasbestuurder.co.za werk nou saam met verskillende soorte Boerderye en Landboubesighede – beide groot en klein – en het ons die volgende wenke oor tyd versamel wat kan help om jou Boerdery of Maatskappy se kultuur te bou en jouself op te stel vir sukses.
-
Besin oor jou waardes
Waarvoor staan jy?, dink aan jou missie, en hoe jou waardes in die prentjie pas. Ontleed jou kultuur objektief. Word jy gedryf deur resultate en harde getalle? Hoe waardeer jy veiligheid? Hoe belangrik is respek? Waardeer jy samewerking en spanwerk of is jy meer van ’n individualis? Hoe belangrik is kwaliteit? Dink ook aan jou ideale werkplek waarin jy sou wil werk en kontrasteer dit met die werkplek wat jy bestuur.
Kontak Plaasbestuurder.co.za via hulle webblad www.plaasbestuurder.co.za, of via hulle Facebook blad www.facebook.com/plaasbestuurder.co.za, of per e-pos by
info@plaasbestuurder.co.za of kontak Vernon direk by 082 779 7788 om jou behoeftes met
hom te bespreek.
“Laat ons op jou personeelwerwing fokus sodat jy 100% op jou Boerdery kan fokus.”