FARMhere Logo
Search
Close this search box.

Wat is die redes waaron implementering van nuwe stelels faal?

Wat is die redes waaron implementering van nuwe stelels faal?

Reading time
Image Cropland by Anton Atanasov
Image Cropland by Anton Atanasov
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Top vier redes waarom implementering van nuwe stelsels faal

Geskryf deur: Braam Koekemoer – Groep Stelseladministrateur: Komati Fruits

Gereeld en ongereeld is dit noodsaaklik om nuwe stelsels te implementeer in boerdery. Hierdie stelsels kan wissel van finansiële stelsels tot operasionele stelsels. Ongeag watter tipe stelsel geimplementeer word, daar is atyd ’n risiko dat hierdie stelsels onsuksesvol gaan wees, en dit kan traumaties wees vir besigheidseienaars, en die mense wat hierdie stelsels moet gebruik.

Daar is vier redes wat algemeen die redes is waarom stelselimplementerings faal, naamlik:

  • Geen of tekort aan veranderingsbestuur
  • Tegonologie eerste benadering
  • Geen of tekort aan oriënterings en/of opleiding
  • Geen of tekort aan eienaarskap

Ek brei meer uit oor die genoemde redes.

 

Rede 1: Geen of tekort aan veranderingsbestuur

In baie gevalle gaan werknemers so verantwoordelikhede verander, hulle mag moontlik in ander posisies geskuif word, of self in gevalle mag hulle posisies uitfaseer, en hierdie werknemers is oortollig. Die manier van hoe die besigheid werk mag in totaliteit verander.

Om hierdie te oorkom is dit belangrik om die besigheid en alles wat daarin is te herbelyn en te verseker daar is oop kommunikasie na almal toe. Beplan die verandering behoorlik.

 

Rede 2: ’n Tegnologie eerste benadering

’n Nuwe stelsel moet prosesse verbeter en effektiweit in die besigheid te verbeter, en in sommige geval nakoming verbeter. Dit is soms belangrik om die verandering vir tegnologiese redes te doen, maar dit moet nie die eerste rede wees nie. Mens verander stelsels omdat daar ’n bepaal behoefte is. Indien jy net verander vir tegnologiese redes, maak jouself gereed om minder suksesvol te wees.

 

Rede 3: Geen of tekort aan oriëntering en/of opleiding

Oriënteer die gebruikers oor hoe die nuwe stelsel werk, maar moet ook nie die mense vergeet wat nie noodwendig die stelsel gaan gebruik nie, maar daar is afhanklikheid van die insette of uitsette van die nuwe stelsel. Lei ook die gebruikers behoorlik op. Swak opgeleide mense gaan sukkel en negatief raak, wat ’n ’n fiasko gaan uitdraai.

 

Rede 4: Geen of tekort aan eienaarskap

’n Nuwe stelsel is nie net die verantwoordelik-heid van die implementeringsmaatskappy of die persoon in jou besigheid verantwoordelik vir stelsels nie. Dit is krities dat ’n proseseienaar of proseseienaars aangewys word, en hulle verstaan wat hulle verantwoordelikheid is. Die hele besigheid het ’n verantwoordelikheid teenoor ’n nuwe stelsel. Dit is egter die besigheid se geld waarmee die nuwe stelsel gekoop word.

 

Afsluiting

Ten einde te verseker dat jou stelsel-implementerings nie faal nie, gee ten minste aandag aan die vier aspekte wat ek hierbo genoem het. Daar bestaan nie iets soos “plug-and-play” stelsels nie. Stelsels implementeer hulleself nie. Jy as besigheidseienaar moet betrokke wees en beheer vat van die implementering van ’n nuwe stelsel.

 

Lekker stelsels implementeer!

 

 

Deel hierdie artikel

Latest News

Ad display

Sluit aan by BOERhier!