Wat is die transformasie van ons landbou sektor?

Wat is die transformasie van ons landbou sektor?

Reading time
Image Wolke en heuwel by Christine Vosloo Fotografie
Image Wolke en heuwel by Christine Vosloo Fotografie
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Lank lewe die landbouer, en sy besigheidsvernuf

deur Agricolleges International

Transformasie in die landbou bedryf is nie net goed vir ekonomiese vryheid nie, dit is ook ’n stutkrag vir maatskaplike samewerking en vooruitgang. Landbou moet as ’n opwindende loopbaan vir die opkomende produsente bemark word. Die bou van dinamiese vaardighede wat sal verseker dat ons landbouprosesse en uitsette so goed as moontlik is, sal van kardinale belang wees in die toekoms van ons landbou bedryf se sukses.

 

Transformasie van ons landbou sektor

Suid-Afrika het een van die mees dinamiese en mees lewensvatbare landbou sektore in die wêreld hoewel dit nie sonder uitdagings kom nie. Transformasie in die bedryf affekteer boere op verskillende maniere. Dis egter ’n fyn balanseertoertjie om strategie, praktyk en uitvoerbaarheid te handhaaf.

Landbou dra grootliks by tot die verligting van armoede, indiensneming, asook verbeterde nasionale en huishoudelike voedselsekerheid. Die landbou bedryf is egter nog altyd ’n verhaal van twee skerp kontraste. Aan die een kant is daar die oorheersende kommersiële boere met goed gevestigde strukture en toegang tot hulpbronne, en aan die ander kant bestaansboere wat met uiters karige hulpbronne moet klaarkom.

Om transformasie in die landbou sektor te bevorder en voorheen benadeelde persone in staat te stel om aan dié sleutelbedryf deel te neem, moet geleenthede vir mentorskap tussen kommersiële en bestaansboere gevestig word. Gegewe die tegnologiese rewolusie in landbou, moet selfs opkomende boere nou reeds goed toegerus wees ten einde hulle in staat te stel om die kommersiële produsente van die toekoms te word.

 

Ontwikkeling van nuwe produsente in die landbou sektor

Daar is ’n nuwe volwassenheid in die verhouding tussen die produsent as eienaar en sy werknemers op die plaas, nie net binne die raamwerk van die volhoubaarheid van die besigheid en wins nie, maar ook die werknemers se besef van die volhoubaarheid van werkgeleenthede.

Die landbou sektor het al heelwat fases van verandering ondergaan. In die verlede het produsente nie regtig nodig gehad om verder as die plaashek te fokus nie. Produksie was gefokus op die plaaslike gemeenskap en bemarking is deur die bemarkingsrade hanteer.

Om hierdie besigheid in die moderne landbou wêreld te bestuur, verg veelvuldige vaardighede – bemarking, entrepeneurskap en kundigheid in die bedryf. ’n Kombinasie van al hierdie eienskappe is noodsaaklik vir langtermyn sukses. Besighede reg oor die wêreld konsolideer en daar is verskeie persone wat hulself bemark as spesialiste in die samesmelting van hierdie landbou besighede.

Die strategie wat dan gevolg word, is om met die besighede wat in die tekortkominge van ’n besigheid spesialiseer, saam te smelt. Saam kan hulle dan die verbruiker tevrede stel en hul markaandeel vergroot. Sodra dit gebeur, styg volumes, daal eenheidskostes en styg winste. Die pas van besigheid doen, het so verander dat daar nie tyd is om die wiel te herontwerp nie. Sodra die venster van geleentheid oop is, moet dit aangegryp word.

Dit sien ’n mens elke dag in die boerdery-omgewing. Daar is verskeie geleenthede wat geskep word; dit kan deur die verbruiker wees, dit kan deur die natuur wees, of deur tegnologie – om maar ’n paar te noem. Elke produsent moet weet waarin sy sterk punte lê – is dit die ligging van sy plaas, goeie vrugbare grond, toegang na verskeie waterbronne, of een van die eienskappe – entrepreneurskap/strateeg/bemarker of bedryfspesialis?

In sekere areas waar grond skaars is, gebeur dit dat produsente aandele in boerderye begin koop, want grond is net te skaars. Dit lei tot nuwe bedrywe wat nie voorheen daar was nie, wat die area binnekom. Die produsent het die grond, maar nie die kundigheid en mark vir die kultivar nie. Vanuit ’n funksionele oogpunt, werk produsentbeheerde besighede, want elkeen het sy sterk punte en elkeen wil suksesvol wees.

Produsente besit ook aandele in pakhuise en kan deel in die kostebesparing en winste daarvan. Daar is nog talle sulke voorbeelde. Hierdie entiteite waarin produsente begin saamwerk, word “beheerde besighede” genoem, waar die produsente nog ’n wesenlike sê het en in die winste van die besigheid deel.

Die landbou sektor het verander. Produsente sal meer aanpasbaar moet wees en geleenthede begin raaksien. Party van hierdie geleenthede gaan struikelblokke inhou – en dit is waar elke produsent moet weet wat sy sterk punte is om sodoende die regte vennoot te betrek.

 

Ons toekoms en trots – nuwe landbouers in die bedryf

Aspirant landbouers, wanneer dit by jou besigheidsvernuf kom, is dit belangrik om nie bang te wees om ’n kans te waag nie. Een manier om vertroue in jou vaardighede te kry is om gereeld jou kennis op te skerp deur kursusse en praktiese opleiding by te woon. Die noodkreet vir bekostigbare kwalitietsonderrig in landbou kan slegs deur innoverende en tegnologies gevorderde platvorms aangespreek word.

AGRICOLLEGES international (ACI) is gemik daarop om die benadering na landbou onderrig radikaal te verander. Ons kursusse is ontwerp en saamgestel deur gebruik te maak van die nuutste en mees relevante leermateriaal om sodoende kennis en vaardighede relevant te hou. Die kursusse word aangebied op on moderne aanlyn leerplatform en die studente ontvang net die beste aandag vanaf ons bekwame kursus fasiliteerders.

ACI is AgriSETA geakkrediteer en bied daarvolgens vier- een jaar geakkrediteerde Nasionale sertifikaat kursusse aan in Algemene Landbou, Plant Produksie, Plant produksie met ’n fokus op Cannabis en Hemp, en Diere Produksie. Die platform huisves ook ’n reeks kort kursusse wat fokus op landbou besigheid, wetenskap en produksie.

 

Die rol en vooruitsigte van die Suid-Afrikaanse Landbou bedryf

Die toegang tot finansiering en doeltreffende boerdery metodes is van kardinale belang vir die vooruitgang van ons landbou sektor, terwyl grondhervorming steeds ʼn uitdaging vir Suid-Afrikaanse landbou inhou.

Volgens die landbousakekamer Agbiz was die 2020-2021 produksieseisoen ’n robuuste een danksy goeie reënval en die uitbreiding in aanplantingsareas van verskeie gewasse. Mielies en sojabone het onderskeidelik 16,3 miljoen ton en 1,9 miljoen ton opgelewer. Dit was die tweede grootste mielieoes nog en die grootste een vir sojabone.

President Ramaphosa se 2022-staatsrede is belaai met herstelplanne vir die land se ekonomie, maar die regering se beleidsomgewing maak die uitvoering van dié planne onseker.

Volgens Francois Strydom, Agbiz se voorsitter, is ʼn bemagtigende omgewing vir ondernemings nou van kardinale belang om beleggers te lok, wat probleme soos werkloosheid en lae ekonomiese groei sal oplos.

“Ons het al voorheen soortgelyke idees gehoor, maar die fokus op energiesekerheid deur gedesentraliseerde kragopwekking, belegging in hawe-infrastruktuur en om derdeparty-operateurs by die spoorweë te betrek, wys dat die sakesektor se bekommernisse op die hoogste vlak aangehoor word,” sê Strydom.

 

Volhoubaarheid van die landbou sektor

Die regering moet op die ongetransformeerde bedrywe konsentreer sodat swart boere verbeterde toegang tot die hele landbou bedryf het. Buiten geleentheid transformasie kan wetgewende maatreëls en nie-wetgewende maatreëls soos vennootskappe tussen die privaat en die openbare sektor as katalisators vir transformasie in die landbou sektor dien.

Suid-Afrikaanse landbou is goed georganiseerd en gemotiveerd om voort te gaan om veilige, bekostigbare kos op die tafel te sit en ekonomiese uitbreiding en transformasie te dryf, maar die probleme wat hulle in die gesig staar, vereis dringende ondersteuning vanaf die staat se kant.

“Die jong landboukundiges met wie ons te doen kry, verwys gereeld na van die redes waarom jongmense dalk ontmoedig sal wees om ’n loopbaan in die landbou sektor te volg,” sê Laurika du Bois, bemarkingsbestuurder by AGRICOLLEGES international.

Du Bois meen dat die uitdagings – soos hoë versperrings tot toetrede, ’n gebrek aan toegang tot finansiering, en ’n swak begrip onder skoolverlaters van die geleenthede wat in die landbou bedryf bestaan – aangespreek moet word as die sektor jong professionele persone wil lok.

“Die probleem is nie hoe ons meer jong mense na die landbou lok nie, maar eerder hoe die landbou bedryf te werk sal gaan om duidelike beroeps opleiding aan jong skoolverlaters te bied” meen du Bois.

Vir meer inligting oor die AGRICOLLEGES international benadering tot landbou opleiding of oor die kursusse wat op ons platform aangebied word, besoek gerus: https://agricolleges.com/

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!