FARMhere Logo
Search
Close this search box.

Wat maak Meatmasters ‘n unieke skaap ras?

Wat maak Meatmasters ‘n unieke skaap ras?

Reading time
Image A Flock of Dorper Sheep Grazing on a Field by Beyza Öksüzer
Image A Flock of Dorper Sheep Grazing on a Field by Beyza Öksüzer
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Meatmasters, ‘n unieke skaap ras

Is jy nog op koers, en teel en selekteer jy jou Meatmasters volgens die spesifieke eienskappe van die rasstandaarde, of is jy verblind deur die gewildheid van die ras en selekteer jy nou net vir ‘n mooi skaap om jou verkope te verbeter?

Uitsluitlik gebaseer is op faktore om ons geld te bespaar of ons inkomste te verbeter ten einde ons die enigste logiese ras van keuse vir die winsgewendste vleisskaapproduksie te maak.

 

Ek sien telers wat die seleksie vir sekere kleure propageer, terwyl ons rasstandaarde duidelik stipuleer dat kleur geen rol behoort te speel nie aangesien dit nie ons winsgewendheid beïnvloed nie. Telers wat sekere kleure verkies, kan natuurlik hul voorkeur kleur kies, op voorwaarde dat dit een van die beste ramme is om te gebruik. Kleur mag egter nooit verhoed dat jy die beste ram beskikbaar gebruik nie; sodra jy dit doen, teel jy nie meer die beste Meatmasters nie en help jy nie die ras om die mees winsgewend te wees nie.

’n Nog groter fout wat ons telers sien maak, weens die feit dat ons jare lank verkeerdelik geleer het dat dit die beste is, is die seleksie vir Meatmasters wat meer bespiering het van die korter, dikker tipe spier wat meer na die ronder vorm Euro-rassoorte neig. Dit is uiters gevaarlik, aangesien dit nie tot meer vleisproduksie lei nie, maar wel beslis lei tot laer vrugbaarheid, probleme met lam en ‘n minder funksioneel doeltreffende skaap.

Ons moet onthou dat die Afri-rasse (regs) bygedra het tot baie meer van die eienskappe (18 eienskappe) wat ons in die Meatmaster benodig het as die rasse aan die linkerkant (5 eienskappe) om ons die winsgewendste ras te maak. Ons moet dus seker maak dat ons fenotipe meer na die Afrotipes neig as na die Euro-tipes, want as ons ooit fenotipies (hoe die skaap lyk) na die Euro-tipe verander, soos ander rasse, verander ons nie net hoe ons ras lyk nie, maar in die proses verloor ons ook al die gene wat nodig is vir die 18 Afrieienskappe wat ons so dringend nodig het in die Meatmaster, veral om hul voortplantingskoers te handhaaf en produksiekoste so laag as moontlik te hou. Ek is oortuig hoe meer wetenskapliks uitvind omtrent epi genetika in die toekoms hoe meer sal hulle besef watter voordele die inhemse rasse vir skaap en beesboere inhou en hoe belangrik van hulle gene in ons rasse is.

Meatmaster-telers moet verstaan dat ons, heeltemal anders dink en rideneer as teelers van ander rasse. Ons sien nie die potensiaal vir vleisproduksie in die grootte van ons ram se agterkwart of die breedte oor sy lende nie, maar ons meet n ram se produksie volgens die vermoë van sy dogters om genoeg lammers te produseer wat oorleef en goed groei. Soos in die figuur hierbo gesien, bestaan daar groot verskille tussen die dogters van verskillende ramme en dit is hierin waar die verskil in vleisproduksie lê en dis wat die winsgewendheid tussen verskillende ramme bepaal; dit het niks met die breedte van die agterkwart of die lende te doen nie.

Geen ras kan daarteen stry dat die ooi met die beste totale kilogram lammers geproduseer per jaar, in dieselfde omgewing gemeet, die beste vleisprodusent is nie. Dit word gemeet deur ‘n ooi se netto produksie- en voortplantingstempo te evalueer, soos in die figuur hierbo. Aan die linkerkant is die aantal lammers wat geproduseer is, gemeet aan vrugbaarheid en meerlinge wat geproduseer is, maar regs sien ons dat ons ook kwaliteitlammers nodig het, wat oorleef en goed groei, gemeet aan moedereienskappe, melkproduksie en direkte groei. Die twee kante saam gee ons totale kilogram lammers gespeen en niemand kan daarteen stry nie. As jy dus op die lang duur ‘n ware Meatmaster-teler wil wees en nie net deel van die Genootskap is om die ras te melk tydens sy periode van gewildheid, net om later uit te klim om die volgende nuutjie aan te pak nie, moet dít jou doelwit wees in die seleksie van jou skape, hetsy fenotipies of volgens prestasiesyfers. Dit is baie belangrik om daarop te let dat die groeieienskappe aan die regterkant baie maklik is om te behaal, selfs met slegs fenotipiese seleksie, aangesien die eienskap vir groei maklik is om waar te neem en te meet en ’n hoë oorerflikheid het. Vir al die ander eienskappe kan jy slegs akkuraat selekteer deur data-insameling vir prestasieteelwaardes. Die rede daarvoor is omdat die resultaat eers in die tweede generasie gemeet word, sodra ‘n ram se dogters begin lam.

Telers wat hul Meatmasters ywerig op die bogenoemde basis selekteer, sal oor die lang termyn die enigste verskaffers van ramme aan die kommersiële bedryf wees. Dit is omdat die Meatmaster as ras gestig is met die uitsluitlike doel om aan kommersiële skaapboere ‘n werklik winsgewende ras te verskaf waarmee hulle onder alle omstandighede kan boer.

Aan die ander kant, as ons probeer om vir sekere kleure en ‘n mooi skaap te selekteer, het ons ons fokus verloor en sal Meatmasters maar net nog ’n ras word wat op pad is na nêrens en van geen nut is vir die kommersiële boer nie.

Telers moet onthou dat hul besluite en aksies die Meatmaster se toekoms bepaal. Telers moet veral versigtig wees om nie fokus te verloor van wat ons teeldoelwit is en bloot ‘n tipe skaap wat mooi vertoon vir onkundige en swak ingeligte mense teel nie.

Wees versigtig vir: afguns en wedywering tussen teelers en die verwoesting wat dit veroorsaak. Vir ’n ongesonde liefde vir geld wat jou forseer om skape te teel wat populêr maar nie reg is nie, ter wille van korttermynwins in plaas van langtermynsukses. Hierdie is alles dinge wat ons ras kan kelder, net soos dit al baie voor ons gekelder het. Meatmasters is tans geseënd met ‘n kernversameling van telers wat werklik verstaan wat die teeling van Meatmasters behels. Hulle werk onvermoeid en sonder betaling vir die ras en laat nie toe dat ongesonde mededinging in afguns verander en so doende verdeeldheid veroorsaak nie. Die Meatmaster-ras floreer as gevolg van hierdie telers se werk. Maak seker dat jy een van hulle is of word.

Ons verwelkom alle nuwe telers in ons Genootskap en vertrou dat hulle daardie persone wat reg te werk gaan, sal navolg. Nuwe en ou telers moet ons kursusse bywoon, selfs drie of vier keer, aangesien niemand van ons ooit genoeg kan leer nie. Daar word voortdurend nuwe materiaal by die kursusse gevoeg soos ons meer oor ons ras leer. Daar is dus altyd iets nuuts om te leer.

Onthou altyd dat jy as lid, nou ook help om die ras te beheer so, raak dus betrokke. Help met die ontwikkeling van ons ras en die bevordering van eenheid sodat ons nie net nog ’n ras en genootskap is nie, maar ‘n familie word wat tot voordeel van almal saamwerk. Kyk dan hoe God ons sal seën omdat ons dinge reg doen.

Inhoud: Meatmaster Joernaal

Deel hierdie artikel

Latest News

Ad display

Sluit aan by BOERhier!