Wat moet julle alles van voëlgriep weet?

Wat moet julle alles van voëlgriep weet?

Reading time
Hoenders - Photo by Zahaoha from Pexels
Hoenders - Photo by Zahaoha from Pexels
Die uitbreek van voëlgriep wêreldwyd is nie nuwe nuus nie. Dit is gewoonlik net ‘n geval van wanneer en waar.

Die uitbreek van voëlgriep wêreldwyd is nie nuwe nuus nie. Dit is gewoonlik net ‘n geval van wanneer en waar.

Een van die nuwe gevalle is die uitbreek van die siekte in Indië, waar die uitbreking in nege state plaasgevind het. Ongeag van waar en wanneer sulke nuus die wêreld ingestuur word, skep dit onsekerheid en saai dit paniek. Volgens Dr. Deryn Petty van “The Poultry Practice” is daar beperkte gevolge omdat ons nie voëls uit Indië kry nie, maar as daar uitbrekings in Europa en Noord-Amerika is, kan die grootouervoorraad moontlik nie die land binnegelaat word nie, en dit kan die beskikbaarheid van voëls onderbreek.

Dit is egter noodsaaklik dat elke pluimveeboer ‘n behoorlike begrip het van wat voëlgriep is, watter impak dit het, asook wat gedoen kan word om dit te voorkom, of ten minste die risiko te verlaag, en laastens, watter ondersteuning beskikbaar is, sou daar ‘n uitbreking van die pandemie op jou plaas wees. Voëlgriep het een van die grootste bedreigings geword vir wêreld gesondheid.

Die Voëlgriep siekte veroorsaak nie net reuse ekonomiese verliese weens die totnietmaak van duisende stuks pluimvee oor die wêreld heen nie, maar sommige van die stamme van die griep soos H5N1 en H7N9 is ook oordraagbaar aan mense.

Definisie van voëlgriep

Volgens Dr. Deryn Petty van The Poultry Practice is voëlgriep, meer korrek genoem avian influenza, is ‘n soort griepvirus wat voëls beïnvloed wat griepagtige simptome veroorsaak. Dit het die vermoë om massiewe sterftes (die hoogs patogene weergawe) te veroorsaak, of dit kan skynbare ligte simptome veroorsaak. Voëlgriep word geklassifiseer volgens die hemagglutinien en neuraminidasereseptore wat op die voëlgriep voorkom. ‘n Algemene soort wat in 2018 verwoesting in die pluimveebedryf veroorsaak het, was die H5N8variant. Daar is baie soorte voëlgriepvirusse wat in volstruise sirkuleer en dikwels nie siektes veroorsaak nie.

Simptome

Volgens die Lancet Laboratories en die Departement van Landbou se Avian Influenza-Veterinary Fact Sheet, presenteer die siekte in die ligte vorm as deurmekaar vere, verminderde eierproduksie of ligte asemhalingsprobleme soos nies of proes. In die ernstige graad word nie net die lugweg geaffekteer nie, maar ook ander organe en weefsel, wat mag lei tot inwendige bloeding.

In die ernstige vorm mag simptome die volgende insluit:

  • Voëls mag stil en lusteloos wees of depressief voorkom.
  • Daar mag ‘n skielike afname in eierproduksie wees en die doppe van baie eiers mag óf sag, óf heeltemal afwesig wees.
  • Die kamme en lelle van die voëls mag opswel.
  • Die gesig of vel onder die oë mag swel en ‘n persblou kleur aanneem.
  • Voëls mag konjunktivitis (inflammasie van die binneste oppervlak van die ooglid) ontwikkel.
  • Asemhaling simptome mag hoes, nies en hyg insluit.
  • Sinusimptome mag insluit bewerasie, verdraaide nekke of verlamde vlerke. Sommige pluimvee spesies mag hul balans verloor en op hul rûe beland terwyl hulle aanhoudende trap bewegings met hul bene maak.
  • Voëls is geneig om diarree te hê.
  • Daar mag bloeding wees van die hakskeengewrigte.
  • Net ‘n paar sterftes mag aanvanklik vir ‘n paar dae voorkom, maar dan skielik toeneem met ‘n mortaliteitsyfer wat kan raak aan 100% binne 48 uur.

Verspreiding

Verspreiding in die omgewing van besmette boerderye kom algemeen voor. Die virus kan deur die lug versprei word, deur direkte kontak tussen voëls en indirek deur byvoorbeeld ontlasting en vervoermiddels. Uitbrekings by boerderye word waarskynlik veroorsaak deur wilde eende of ander watervoëls wat oor ‘n boerdery vlieg en hulle ontlastings daarop laat val. Daar word gereken dat die virus vir soveel as ‘n 100 dae in die voëlmis aan die lewe kan bly. Verspreiding deur eiers is ook moontlik, maar gewoonlik slegs as gevolg van mis wat aan die eiers kleef.

Daar word deur sommiges beweer dat dit nie ‘n bewese feit is dat trekvoëls ‘n groot rol speel by die verspreiding van voëlgriep nie en dat die verspreiding waarskynlik meer te wyte is aan die vervoer van besmette pluimvee of die vleis van pluimvee en eende. In Februarie 2006 is daar egter op verskeie plekke in Suid- en Midde-Europa verskeie dooie trekvoëls gevind wat deur die virus besmet was. Al is daar nie klinkklare bewyse dat daar ‘n verband bestaan nie, is die waarskynlikheid wel baie groot dat trekvoëls wel ‘n rol in die verspreiding van die virus speel.

Belangrike Voorsorg Maatreëls

“Dit vereis streng biosekuriteit wat daarop gemik is om wilde voëls uit die pluimveeskure te hou en te voorkom dat werkers en besoekers die siekte op hul klere, hare, toerusting, ens. In die skure bring” sê Dr. Petty verder.

Ten Slotte

Dr. Petty sê daar is beperkte finansiële hulp beskikbaar en alle troppe wat met HPAI besmet is, moet uitgeskakel word om te voorkom dat dit versprei. Hy sê ook verder dat enige uitbraak word deur die staatsveearts beheer, aangesien voëlgriep ‘n aanmeldbare en beheerde siekte in Suid-Afrika is.

Bronne: Dr. Deryn Petty, The Poultry PracticeVoëlgriep – Suid-Afrika (southafrica.co.za)  |Voëlgriep: oorsake, die risiko van infeksie, behandeling (hillsteaddental.com) |Oorsig van voëlgriep (approby.com)|Almal moet help om voëlgriep te voorkom – ProAgri | Voëlgriep – NETRADIOSA

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!