FARMhere Logo
Search
Close this search box.

Wat was die Landbouproduksie Toestande – 2 September 2018?

Wat was die Landbouproduksie Toestande – 2 September 2018?

Reading time
Harvesting - Photo by Tom Fisk from Pexels
Harvesting - Photo by Tom Fisk from Pexels
Wintergrane: Gewasse in die wintergraanproduserende-area in die Weskaap vertoon redelik goed terwyl dit krities droog in die Suidkaap is.

Algemeen

Somergrane: Sojabone en Sonneblom is al ‘n geruime tyd klaar gestroop. Mieliestroopproses vorder stadig in die Vrystaat en Noordwes; mielies is nog redelik nat en neem lank om af te droog.

Wintergrane: Gewasse in die wintergraanproduserende-area in die Weskaap vertoon redelik goed terwyl dit krities droog in die Suidkaap is.

Limpopo

Droëland: Sonneblom is grotendeels klaar gestroop. Sprake van onder-gemiddelde opbrengste oor die algemeen. Sorghum is klaar gestroop met die gemiddeld tot ondergemiddelde opbrengste.

Noord-Wes

Sonneblom is grotendeels klaar gestroop, enkele lande wat nog gestroop moet word. Sclerotinia het voorgekom, goeie opbrengste is oor die algemeen op vroeë Sonneblom behaal. Sojabone is klaar gestroop; goeie opbrengste is oor die algemeen behaal.

Sprake dat 65-70% mielies klaar gestroop is – skatting dat produsente 2-3de week in Augustus klaar kan maak. Heelwat graadprobleme kom op mielies voor.

Sentraal en Noord-Wes Vrystaat

Sonneblom en sojabone is klaar gestroop. Sclerotinia/Alternaria het kol-kol op Sonneblom voorgekom; gemiddelde to bogemiddelde opbrengste is op sojabone gestroop.

Mielies neem lank om af te droog wat meebring dat daar tot op datum nog heelwat mielies is wat gestroop moet word. Gemiddelde opbrengste word oor die algemeen behaal.

Oos-Vrysaat

VKB-bedieningsgebied:

Produsente is al ‘n geruime tyd klaar met die sojaboon en Sonneblom stroopproses; gemiddelde tot bogemiddelde opbrengste is oor die algemeen behaal.

Mielies is sowat 80% klaar gestroop met gemiddelde tot bogemiddelde opbrengste. Behoort middel-Augustus klaar gestroop te wees.

Koring is tans aangeplant, produsente het tyd tot begin Augustus.

OVK-bedieningsgebied:

Sonneblom en sojaboon stroopproses is al ‘n tydjie afgehandel. Opbrengste was wisselvallig, maar gemiddelde tot ondergemiddelde opbrengste is oor die algemeen behaal. Sclerotinia het voorgekom.

Mielies is nog nat en die afdroog proses is baie stadig. Skatting dat slegs 20% van die mielies moontlik klaar gestroop kan wees.

Mpumalanga

Produsente is klaar sojabone gestroop; opbrengste was wisselvallig en gemiddelde opbrengste is oor die algemeen behaal. Sclerotinia het kol-kol voorgekom.

Mielie stroopproses is ook voltooi. Goeie opbrengste was oor die algemeen afgehaal.

Kwazulu Natal

Mielies en sojabone klaar gestroop. Bogemiddelde opbrengste is oor die algemeen vir die Somergrane behaal.

Noord-Kaap

Produsente is klaar met die mielie- en sojaboon stroopproses. Laer as verwagte opbrengste is oor die algemeen met sojabone behaal terwyl baie goeie opbrengste met mielies behaal is.

Produsente is ook klaar koring aangeplant.

Wes-Kaap

Kaap Agri produksie area:

Stand van wintergewasse is oor die algemeen goed. Tans blyk produksie vooruitsigte gemiddeld tot selfs bogemiddeld te wees. Eerste koring is in aarverskyning stadium terwyl kanola in blom is. ‘n Welkome reëntjie het die afgelope Vrydag voorgekom wat toestande vir gewasse verbeter het.

Julie was ondergemiddelde reënmaand maar gelukkig was Mei/Junie goed. Warmer weer is mid-Julie ervaar wat grond redelik uitgedroog het. Dankbaar vir genoegsame weiding vir vee.

Overberg produksiearea:

Die stand van wintergewasse is oor die algemeen baie mooi.

Reën vir die volgende 14 dae is krities belangrik vir die bepaling van die oes.

SSK produksiearea:

Reënval in areas soos Protem, Swellendam, Karringmelk en Heidelberg is tans nog bo laasjaar se lae reënvalsyfers, maar dis nie veel om oor opgewonde te raak nie weens die oeste wat baie swak was. Riversdale, Albertinia omgewing is reënvalsyfers nog laer as 2017. Buiten die lae reënval word hoër temperatuur (‘n paar dae het selfs by 30C gaan draai) ervaar en het dit graan wat reeds droog is, baie beskadig. Saam met die temperature kom insek probleme ook voor, wat meer is as vorige jare. Daar is hoop vir dieselfde opbrengste as in 2017 (as dit binne die volgende 14 dae reën) maar die hoër temperature kan ‘n groot

Deel hierdie artikel

Latest News

Ad display

Sluit aan by BOERhier!