FARMhere Logo
Search
Close this search box.

Watter tiepe rosyntjies is daar en hoe word dit gemaak?

Watter tiepe rosyntjies is daar en hoe word dit gemaak?

Reading time
Image Spilled Raisin From the Box in Close-up Photography by Terrance Barksdale
Image Spilled Raisin From the Box in Close-up Photography by Terrance Barksdale
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Hoe word rosyntjies gemaak?

Rosyntjies word gemaak van druiwe! Daar is natuurlik verskillende kultivars waarvan rosyntjies gemaak word, maar die mees alom bekendes is Sultana, Merbein, Selma Pete, Dovine en Sugra39. Rosyntjies is ryk aan vesel en kalorieë en kan vir verskeie medisinale doeleindes ook aangewend word.

In 1919 is die eerste stok sultana langs die Oranjerivier geplant en die res is geskiedenis. Die rosyntjiebedryf het so gegroei dat dit tans die 5de grootste bedryf is in die wêreld en het verdubbel in grootte oor die afgelope 8 jaar.

Planttyd vir druiwe langs die Oranjerivier is gewoonlik net na die winterseisoen. Die grondvoorbereiding is van kardinale belang. Vandat die stok in die grond is, moet die regte voedingstowwe toegedien word en die regte hoeveelheid water is baie belangrik, want sodoende kan die lote sterk genoeg ontwikkel om binne die volgende jaar al ’n paar trossies te dra. Die eintlike drag is 2 jaar na aanplanting. Die leeftyd van ’n druiwestok is baie lank en kan vervang word na 20 of meer jare. Teen hierdie tyd het die stok sy optimale drag gehad en oeskapasiteit kan afneem.

Snoeityd gebeur in die winter na al die blare verkleur en afgeval het. Natuurlik ’n ander mooi tyd van die jaar. Weereens moet die plant gevoed word vir die oes wat weer voorlê. Die snoei en vleg van die lote speel ’n groot rol in die drag van die volgende seisoen.

Voordat druiwe ge-oes kan word, moet die suikerinhoud van die druiwe eers reg wees. Die suikerinhoud bepaal watter tipe rosyntjie gemaak kan word. Oestyd begin so van einde Januarie se kant af tot so einde Maart, afhangende van die weersomstandighede.

Rosyntjies kan op verskillende manière gedroog word en sodoende kry jy dan ook verskillende tipes rosyntjies.

 

Thompson rosyntjies:

Druiwe word gepluk en dan direk in die son gedroog. Dit kan gedroog word op ’n sementbaan of droograkkies. Dit neem ongeveer 10 – 12 dae voordat die rosyntjies droog is. Die droogverhouding van die thompsons is 1:4, m.a.w 4 nat tonne gee een droë ton rosyntjies met ’n voginhoud van ongeveer 13%.

Die suikergehalte van die druiwe moet ook reg wees alvorens daar ge-oes word. Vir Thompsons kan die druiwe ge-oes word tussen ’n 20 – 25 balling suiker. Hoe soeter die druiwe, hoe beter die kwaliteit. Thompsons word hoofsaaklike gebruik vir klein-verpakkings, bakkerye of mengsels.

 

WP rosyntjies:

Die druiwe word ge-oes, maar nou word die druiwe gedip in ’n watermengsel met Potas en Sultanaolie. Dit word die loogmengsel genoem. Die loog haal die waslagie wat om die korrel is af om vinniger te droog. Die druiwe word dan op sementbane of droograkke uitgepak om droog te word. Dit neem so 5 dae om droog te word. Die droogverhouding is 3-3,5:1, m,a,w 3 ton nat vir 1 ton droog.

Die WP’s is soortgelyk aan die Turkse nr 9 in Turkye. Die meeste rosyntjies word tans in Turkye verbou gevolg deur VSA, Iran, Griekeland, Chile en dan Suid-Afrika.

 

OR rosyntjies (Oranjerivier rosyntjies):

Word ook geloog soos die WP’s maar waar die WP’s direk in die son gedroog word, word die OR’e op stellasies in die skaduwee gedroog. Die kleur is dan lig amber of liggroen.

Druiwe kan reeds ge-oes word op ’n suiker van 18 of meer balling en neem tussen 6 – 8 dae om droog te word.

 

Goldens (geswaelde rosyntjies):

Druiwe word gepluk en op dieselfde wyse geloog soos bo. Hierdie rosyntjies word dan op houtstellasies gepak in die vorm van ’n trein, toegemaak met ’n seil en dan berook met swael vir ± 6 – 8ure. Die swael bleik dan eintlik die rosyntjie dat as hy droog is, hy ’n goue kleur het.

 

Dry-on-vine (DOV):

Met hierdie metode, word die lote van die wingerd so geknip dat die druiwe aan die wingerdstok droog. Sodra die druiwe dan droog is aan die stok, word dit dan ge-oes. Dit kan tot 3 weke neem voor die rosyntjies droog is.

Sodra die rosyntjies droog is, word dit na ’n Verpakker geneem waar dit ingeneem, gegradeer, verwerk en verpak en dan uitgevoer word. Die gradering hang af van die gehalte van die rosyntjie. Die gehalte van die rosyntjie word reeds bepaal as die druiwe van die wingerdstokke afgesny word. Sodra daar beskadiging is, word die gehalte beinvloed.

Aangesien ons met ’n voedselproduk werk, moet die Produsent voldoen aan voedselveilige standaarde op hul droogbane. Dit is van uiterste belang, want ons werk met kos!! Droogbane moet van goeie gehalte wees en mag onder geen omstandighede direk op die grond gedroog word nie. Dit verseker dat die produk vry is van vreemde voorwerpe soos klippies en sand wat verwerking bemoeilik in die Fabrieke. Die Kopers se vereistes raak ook strenger soek voortdurend na ’n beter produk en ’n produk wat minimum of geen chemiese residu bevat.

Daar is tans sewe groot Verpakkers langs die Oranjerivier wat rosyntjies inneem. Alle rosyntjies word deur PPECB geinspekteer alvorens die produk uitgevoer word. Daar is altyd uitdagings in die mark, maar ’n goeie gehalte produk verkoop homself!! Suid-Afrika word beskou as die land met die beste gehalte rosyntjies en dis waarvoor daar geboer word. Iets om oor trots te voel.

 

 

 

 

 

Deel hierdie artikel

Latest News

Ad display

Sluit aan by BOERhier!