Watter toerusting is daar vir groenteplase?

Watter toerusting is daar vir groenteplase?

Reading time
Image Green Plants Field by Michael Heinrich
Image Green Plants Field by Michael Heinrich
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Toerusting vir Groenteplase

Eden Equip is ’n vervaardiger van kwaliteit kleinskaal-plaastoerusting. Ons bou goed wat werk – en wat aanhou werk. Kom ons wees eerlik met mekaar: sal jy ’n graaf of ’n tuinvurk koop as jy dwarsdeur die stuk gereedskap kan sien? Waarom is alles dan deesdae van plastiek gemaak?

Ons is van mening dat ’n boer ’n implement met ’n sweismasjien en hamer moet kan regmaak, nie met ’n botteltjie “super glue” nie. Daarom bou ons ons toerusting van staal. In die eerste plek hou dit jare langer en in die tweede plek is dit moontlik om dit self reg te maak. Vir hierdie rede is Eden Equip se kleinskaal-implemente gewild. Ons produkte is gebou om te werk in Afrika.

Indien jy ’n groenteboer is wat so 0.5 tot 3 ha se groente boer, het ons ’n paar items wat jou aandag sal trek. Ons het ontdek dat daar ’n tekort aan kleinskaal groentetoerusting in Suid Afrika is. Ja, mens kry die ingevoerde plastiek en alluminium goedjies, maar ek praat nou van regte implemente.

 

Groentesaad-planter:

Dikwels wil ’n groenteboer slegs ’n paar rye op ’n slag plant en dit is ’n mors van tyd om elke keer die trekker nader te bring. Of dalk het jy slegs ’n hektaar se groente en moet elke keer ’n planter leen. Vir hierdie redes het ons ’n enkel-ry groenteplanter ontwikkel wat jou kan help om jou groentesaad vinnig en doeltreffend te plant. Die planter benodig ’n bewerkte groentebedding. Die planter se saadplaat word vanaf sy wiel aangedryf en ons het ’n verskeidenheid van saadplate wat saad insluit soos: wortels, uie, beet, die brassica-familie, suikermielies, boontjies, skorsie, en dies meer. Ons kan selfs spesiale saadplate laat maak vir boere met unieke behoeftes. Die planter is sterk gebou vir groenteboere in Afrika. Alle parte is plaaslik vervaardig.

 

Saailingplanter:

Eden Equip se saailingplanter is ook van staal gemaak en sy punt buig nie om nie. Dit is ’n een-man-planter. Die konsep is eenvoudig: die operateur dra ’n houer met saailinge wat met ’n band oor sy skouer hang. Met een hand hanteer hy die planter en met die ander hand gooi hy saailinge in die planter se buis af. Die planter se buis het ’n binnemaat van 48mm. ’n Mens kan 3000 tot 4000 saailinge in ’n dag plant. Verbeel jou hoeveel beter jou rug sal voel nadat jy 3000 of 4000 keer minder gebuk het op ’n dag! Sien dit as ’n rug-belegging vir jou oudag! Terloops – die saailingplanter werk ook baie doeltreffend vir die plant van sade soos pampoen.

 

3m Spuit:

Hier is drie redes waarom ’n boer ’n wyer spuit bo ’n rugsakspuit sal verkies: Eerstens is die toediening baie egaliger en nie kol-kol soos met ’n rugsakspuit nie. Tweedens spaar jy op onkruiddoder (of wat jy ookal in jou spuit het). Derdens is dit baie vinniger en spaar jy arbeid. Weereens, as jy klein boer en nie ’n trekker met ’n trekkerspuit besit nie is jy oorgelewer aan rugsakspuite – net totdat jy vir jou een van ons 3m spuite aangeskaf het! Ons spuit gebruik ’n hoë kwaliteit 20L Jacto spuit se tenk en pomp en standaard spuitstukke wat op ’n 3m opvoubare balk gemonteer is. Die pomp word vanaf die wiel aangedryf. Die spuit word soos ’n kruiwa gestoot of getrek. Om berekeninge eenvoudig te hou is die spuitstukke en pomp gekies om ’n volume van 100L per hektaar vloeistofmengsel neer te sit. Die vloeitempo kan maklik aangepas word deur ’n eenvoudige verstelling indien jy sou besluit om ander spuitstukke te monteer. Die spuitbalk se hoogte is verstelbaar vir optimale toediening. Met hierdie spuit kan jy realisties 4 tot 5 hektaar in ’n dag spuit, volmake ingesluit. Die spuit is ideaal vir onkruiddoders, blaarvoeding, kompostee, ens. Hy word tipies gebruik op klein plase, groenteplase, sportvelde en geplaveide paaie.

 

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!