Wie gee die Simmentaler-teler leisels oor?

Wie gee die Simmentaler-teler leisels oor?

Reading time
Image Beeste reg vir vervoer by Affieplaas Fotografie
Image Beeste reg vir vervoer by Affieplaas Fotografie
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Legendariese Simmentaler-teler oorhandig die leisels

Op Woensdag 13 Maart 2024 kom 90 wêreldklas-Simmentalers onder die hamer.

 

Abraham Kruger, wat al vir meer as 60 jaar lank teel, het in 1965 sy eerste diere ingevoer.  In 1970 het hy twee keer diere uit Duitsland ingevoer en dit het ʼn geweldige indruk op sy kudde gehad.

Oom Abraham en Ron Nolan van Bar 5 Ranch in Kanada het vir meer as 11 jaar ’n ooreenkoms gehad waar Abraham vroulike diere sou aankoop en van die heel beste bulle in die wêreld sou teel. Embrio’s is gespoel en na Kanada uitgevoer waar dit in ontvangerkoeie op die Bar 5-landgoed geplaas sou word. Die kalwers is wêreldwyd verkoop.

Die genetika wat oom Abraham behou het nadat die ooreenkoms tot ʼn einde gekom het, is van die beste in die wêreld, onder andere die “koningingbye” Toverberg Erika, en BAR 5 S.A. Lady Siska wat in Brasilië vir $1 000 000 verkoop is.

Die veiling vind plaas op die plaas Rietfonteinpoort distrik Colesberg.

Aanbod:

  • 16 koeie en 16 kalwers
  • 18 dragtige koeie
  • 14 speenverse
  • 14 speenbulle
  • 12 bulle

Dit is die regte tipe Simmentalers wat in die Karoo presteer.

Besoek www.plase.co.za vir meer inligting.

Vir enige navrae kontak Hendrik Nel by
082 491 8289 of Dandré Nel by 076 503 7900.

Bron: https://maroelamedia.co.za/landbou/legendariese-simmentaler-teler-oorhandig-die-leisels/

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!