FARMhere Logo
Search
Close this search box.

Wie is Greensprouts Solutions?

Wie is Greensprouts Solutions?

Reading time
Greensprouts Solutions
Greensprouts Solutions
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Greensprouts Solutions

Greensprouts Solutions as ’n Maatskappy bestaan al langer as 20 jaar wat die Maatskappy die leier maak in groenvoer tegnologie en kweekhuis ontwerp.

Vanuit die staanspoor was dit ons doelwit en missie om ’n produk beskibaar te stel wat beide gebruikersvriendelik, koste effektief en doeltreffend is en wat ’n positiewe bydrae en bate vir ons kliente kon bied.

Hoekom Groenvoer bo Saad?

  • Opneembaarheid van die groenvoer is baie beter as die van saad. Nutriente in die voer word dus baie beter opgeneem en word dus beter benut. Hierdie proses is ’n beter waardetoevoeging tot jou finansiele belegging.
  • Soogdiere se metabolisme is ontwerp om plante te eet en nie net skoon saad nie. Baie lading word op die anatomie van die soogdier afvorseer deur dit net saad te voer, wat lei tot verswakte imuunstelsels.
  • Natuurlike suur in die saad word vrygestel tydens ontkiemming. Oormaat suur in die rantsoen kan lei tot acidosis (suurpens).
  • Natuurlike gif in die saad word vrygestel tydens ontkiemming. Oormaat natuurlike gif is nadelig vir die dier en beinvloed produksie negatief.
  • Die stysel in die saad word tydens ontkiemming, deur ’n bio-chemiese proses tydens die selverdeling wat in die saad plaasvind, omgesit in hoogs-opneembare energie.
  • Die protiene in die saad word tydens ontkiemming omgesit in beter opneembare deurvloei protien.
  • Groenvoer is ’n uitstekende anti-oksidant wat ’n massiewe voordeel vir die dier se gesondheid inhou. Gesonde diere produseer en presteer beter.
  • Chlorophyll vorm in die spruite se blare deur die blootstelling aan die sonlig. Chlorophyll is essensieel vir die bemagtiging van rooibloedliggaampies (suurstofdraers in die bloed). Geen kunsmatige ligte ewenaar die kwaliteit en kwantiteit van die Green Sprouts Booster tegnologie se impak op die chlorophyll en super kondisie van spruite nie.
  • Groenvoer is gelaai met voordelige ensieme. Ensieme bevorder die afbreuk van voer wat lei tot beter opneembaarhied.
  • Keratin in die groenvoer lei tot beter vrugbaarheid by vroulike diere, beter lam en kalf persentasie.
  • Kontak ons vir meer informasie en in diepte besprekings op hierdie onderwerp…

Wat maak ’n Green Sprouts Booster ’n nis produk?

  • Swamme word doeltreffend beheer deur ’n tweeledige proses. Konstante vars lug word in die sisteem geblaas en met ’n spesiale produk waarin die groeipanne gedoop word het ons swamme heeltemal onder beheer gedwing.
  • Natuurlike sonlig word gebruik vir die beste Chlorophyll resultaat in die plante
  • ’n Spesiale afkoelingsproses is ontwerp wat beide koste effektief is en baie maklik onderhou word
  • Die lopende en produksie koste is die laagste op die mark
  • Uiters gebruikers vriendelik wat ook insluit die voordeel om te kan inloop in die sisteem wat maklike toegang tot elke part in die sisteem bied.
  • Die sisteem verg minimale arbeid en is so ontwerp sodat die arbeiders maklik kan verstaan
  • Roesvrye materiaal word gebruik
  • ’n Ekonomies lewensvatbare produk

Wat hou die toekoms in?

By Greensprouts Solutions is ons konstant besig met innovasie. Nuwe tegnologie maak ons almal baie opgewonde, in besonder oor ons:

  • Nuwe Hidroponiese (kommersieel sowel as kleiner huisgebruik)
  • Ons eerste “Hybrid” sisteem. (Word binnekort geinstalleer, stel jou in staat om beide gars en groente in een sisteem te produseer)
  • Ons is eg-en trots Suid-Afrikaans. (Ons verstaan die behoefte van die Afrika omstandighede.)

Skakel ons gerus vir meer inligting.

Kantoor: 044 873 0371

Vivian: 082 673 7211

Victor: 061 983 1872

Epos: Info@greensprouts.co.za

Web tuiste:  www.greensprouts.co.za

Deel hierdie artikel

Latest News

Ad display

Sluit aan by BOERhier!