Word meer jeug in die landbou sektor benodig?

Word meer jeug in die landbou sektor benodig?

Reading time
Image Woman with daughter harvesting pumpkins in field by Zen Chung
Image Woman with daughter harvesting pumpkins in field by Zen Chung
BOERhier is a Social Media success story! BOERhier started in June 2017 as an electronic magazine that distributes practical farming ideas, statistics and inspiration about agriculture to farmers. In just 4 years, the popularity of BOERhier has been overwhelming and many readers have insisted on an English version.

Meer jeug word benodig in die landbou sektor

deur Agricolleges International

“En as ek na die jong boere in Suid-Afrika kyk, is ek amper seker die toekoms is in goeie, bekwame hande.”

In ’n moderne wêreld waar die verbintenis aan ’n sosiale media profiel hoog op die prioriteitslys is, is dit maklik om te sien hoekom die jeug nie juis opgewonde raak oor die idee van tradisionele landbou nie. Is hulle perspektiewe oor landbou dalk verkeerd? Hoe oortuig ons die jeug dat landbou opwindend kan wees en allerhande nuwe geleenthede bied? Die realiteit is dat daar elke dag enorme innovering, groei en ontwikkeling plaasvind binne die landbou sektor.

Wêreldwyd is die landbou industrieë noodsaaklik vir die gesondheid en toekoms van alle bevolkings. Ons weet ook dat voedselsekuriteit ’n deurlopende bekommernis in Afrika lande is, en dat ons eenvoudig net nie genoeg voedsel produseer vir die groeiende mensdom nie.

Die gemiddelde ouderdom van die Suid-Afrikaanse boer is stadig besig om ouer te word. AgriSA beweer dat die gemiddelde ouderdom van ’n boer in Suid-Afrika 62 is. As gevolg van hierdie statistiek, is boerderye intensief besig om moderne neigings in te haal en te vernuwe op maniere wat ’n paar jaar gelede as ondenkbaar beskou was. As gevolg van hierdie enorme verandering in die landbou sektor is boerdery en landboubesighede nou juis op soek na blink, vooruitdenkende jong mense wat die bedryf in die toekoms sal binnedring.

 

Moderne toepassings vir ’n moderne boerdery

Feromoon-lokvalle word ontwikkel en met groot sukses in boerderye gebruik om gewasplae uit te roei. Die vertikale kweek van plante en groente word ’n algemene praktyk in stedelike nedersettings. Die gebruik van hommeltuie (drones) in landerye, en masjinerie wat net die beste rypste vrugte sal pluk op aarbei plante is beide voorbeelde van moderne toepassings wat die werklading van ’n boerdery vergemaklik.

 

Die geleentheid vir groei

Hierdie aanpassings in die landboubedryf bied die perfekte geleentheid vir die jonger, meer tegniese generasie, wat ’n verskil in die wêreld wil maak, terwyl hulle deel vorm van ’n groeiende netwerk. Landbou besighede is ’n toetsgrond wat terselfdetyd verseker dat meer effektiewe praktyke geimplementeer kan word sodat kleiner landboubedrywighede ’n groter aantal gewasse kan produseer en hul produktiwiteit kan verbeter. Landbou is huidiglik meer toeganklik vir diegene wat die bedryf intree sonder enige hulpbronne, groei spasie of vorige landbou ondervinding.

Alhoewel daar baie tegnologiese groei is, word dit steeds vereis dat daar deurlopend nuwe bloed en energie tot die mark moet toetree. Hierdie artikel van DownToEarth wys presies hoeveel lande die uitdaging van ’n verouderende boerebevolking in die gesig staar, en erken ook dat daar ’n behoefte is aan verhoogde onderwys en vaardigheidsontwikkeling in die bedryf.

 

Ek hou van boerdery, maar wil nie self boer nie

Jongboere wat ekonomies betrokke wil wees in die landbou sektor hoef nie noodwendig hulle hande vuil te kry nie. Jong mense kan betrokke raak en belê in aktiwiteite wat handel oor landbouproduksie, kapasiteitsbou, logistiek en waardetoevoeging. Meeste landboubestuurspraktyke het ’n finansiële en bemarkings aspek wat gepaard gaan met die boerdery wat ook plek bied vir profesionele groei. Landbou liefhebbers kan selfs die industrie ondersteun deur gebruik te maak van diensteverskaffers en entrepreneurs wat landbou as hulle hoofinkomste gebruik. Die jong boere in Kenia, byvoorbeeld, het ’n suksesvolle benadering tot landbou en is geneig om korter seisoen, hoëwaarde plaasondernemings soos tuinbou, pluimvee, byeboerdery en konynteling te verkies.

 

Jou toegang tot verdere landbou kennis

Opleidingsinstansies soos AGRICOLLEGES international is hard aan die werk om die jeug terug te lok na ’n industrie wat saak maak. Deur die gebruik van ’n aanlyn leerplatform, word studente ’n alternatiewe oplossing gebied vir die tradisionele metodes van landbou studie. Die leerinhoud bestaan uit ’n moderne kurrikulum wat toelaat dat ’n leerder die voldoende buigsaamheid het om steeds te werk en ’n inkomste te verdien terwyl hulle studeer.

AGRICOLLEGES se reeks kort kursusse wat handel oor die basiese beginsels van landbou, plant-, diere- en gewasproduksie is die ideale geleentheid vir ’n jong boer om te begin met hulle landbou reis.

 

Vir diegene wat geleenthede kan bied vir jongmense

Deur ons fokus te plaas op die tegniese sterkpunte en ekonomiese vooruitsigte van ons jong mense, kan dit wel toelaat dat die modernisering hulle in staat stel om meer landboukennis op te bou. Hulle kan op die manier by ouer boere leer, en oor tyd, die kennis oor dra na die volgende generasie. Om die kennis van digitale toerusting en hulpbronne te versprei, bevoordeel dit ook ons ouer kleinskaalse boere om nuwe toegang te kry na finansiering en betroubare markte vir hul produkte.

Ons moet aanhou om winsgewende geleenthede beskikbaar te stel aan jongmense wat bemagtig voel om innoverende toepassings te gebruik en perspektiewe te herbou. Daar moet die verantwoordelikheid van bestuurdersrolle aan jongboere gebied word om nuwe ondernemende roetes uit te kerf wat die landbousektor vorentoe sal dryf.

In hierdie brief aan jong boere word ons nie net herinner aan die waarde van alle boere in ons land nie, maar ook aan die onbeperkte hoeveelheid persoonlike bevrediging wat gepaard gaan met ’n loopbaan wat gebaseer is op die bou, groei en ontwikkeling van ’n boerdery wat voordeel bied vir sulke massas mense.

Deel hierdie artikel

Sluit aan by BOERhier!