{"id":4592,"date":"2021-02-25T13:30:24","date_gmt":"2021-02-25T11:30:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4592"},"modified":"2022-01-22T17:16:03","modified_gmt":"2022-01-22T15:16:03","slug":"wat-moet-julle-alles-van-voelgriep-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/small-stock\/wat-moet-julle-alles-van-voelgriep-weet\/","title":{"rendered":"Wat moet julle alles van vo\u00eblgriep weet?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Die uitbreek van vo\u00eblgriep w\u00eareldwyd is nie nuwe nuus nie. Dit is gewoonlik net \u2018n geval van wanneer en waar.<\/p>\n<p>Een van die nuwe gevalle is die uitbreek van die siekte in Indi\u00eb, waar die uitbreking in nege state plaasgevind het. Ongeag van waar en wanneer sulke nuus die w\u00eareld ingestuur word, skep dit onsekerheid en saai dit paniek. Volgens Dr. Deryn Petty van \u201cThe Poultry Practice\u201d is daar beperkte gevolge omdat ons nie vo\u00ebls uit Indi\u00eb kry nie, maar as daar uitbrekings in Europa en Noord-Amerika is, kan die grootouervoorraad moontlik nie die land binnegelaat word nie, en dit kan die beskikbaarheid van vo\u00ebls onderbreek.<\/p>\n<p>Dit is egter noodsaaklik dat elke pluimveeboer \u2018n behoorlike begrip het van wat vo\u00eblgriep is, watter impak dit het, asook wat gedoen kan word om dit te voorkom, of ten minste die risiko te verlaag, en laastens, watter ondersteuning beskikbaar is, sou daar \u2018n uitbreking van die pandemie op jou plaas wees. Vo\u00eblgriep het een van die grootste bedreigings geword vir w\u00eareld gesondheid.<\/p>\n<p>Die Vo\u00eblgriep siekte veroorsaak nie net reuse ekonomiese verliese weens die totnietmaak van duisende stuks pluimvee oor die w\u00eareld heen nie, maar sommige van die stamme van die griep soos H5N1 en H7N9 is ook oordraagbaar aan mense.<\/p>\n<h2>Definisie van vo\u00eblgriep<\/h2>\n<p>Volgens Dr. Deryn Petty van The Poultry Practice is vo\u00eblgriep, meer korrek genoem avian influenza, is &#8216;n soort griepvirus wat vo\u00ebls be\u00efnvloed wat griepagtige simptome veroorsaak. Dit het die vermo\u00eb om massiewe sterftes (die hoogs patogene weergawe) te veroorsaak, of dit kan skynbare ligte simptome veroorsaak. Vo\u00eblgriep word geklassifiseer volgens die hemagglutinien en neuraminidasereseptore wat op die vo\u00eblgriep voorkom. \u2018n Algemene soort wat in 2018 verwoesting in die pluimveebedryf veroorsaak het, was die H5N8variant. Daar is baie soorte vo\u00eblgriepvirusse wat in volstruise sirkuleer en dikwels nie siektes veroorsaak nie.<\/p>\n<h2>Simptome<\/h2>\n<p>Volgens die Lancet Laboratories en die Departement van Landbou se Avian Influenza-Veterinary Fact Sheet, presenteer die siekte in die ligte vorm as deurmekaar vere, verminderde eierproduksie of ligte asemhalingsprobleme soos nies of proes. In die ernstige graad word nie net die lugweg geaffekteer nie, maar ook ander organe en weefsel, wat mag lei tot inwendige bloeding.<\/p>\n<p>In die ernstige vorm mag simptome die volgende insluit:<\/p>\n<ul>\n<li>Vo\u00ebls mag stil en lusteloos wees of depressief voorkom.<\/li>\n<li>Daar mag \u2018n skielike afname in eierproduksie wees en die doppe van baie eiers mag \u00f3f sag, \u00f3f heeltemal afwesig wees.<\/li>\n<li>Die kamme en lelle van die vo\u00ebls mag opswel.<\/li>\n<li>Die gesig of vel onder die o\u00eb mag swel en \u2018n persblou kleur aanneem.<\/li>\n<li>Vo\u00ebls mag konjunktivitis (inflammasie van die binneste oppervlak van die ooglid) ontwikkel.<\/li>\n<li>Asemhaling simptome mag hoes, nies en hyg insluit.<\/li>\n<li>Sinusimptome mag insluit bewerasie, verdraaide nekke of verlamde vlerke. Sommige pluimvee spesies mag hul balans verloor en op hul r\u00fbe beland terwyl hulle aanhoudende trap bewegings met hul bene maak.<\/li>\n<li>Vo\u00ebls is geneig om diarree te h\u00ea.<\/li>\n<li>Daar mag bloeding wees van die hakskeengewrigte.<\/li>\n<li>Net \u2018n paar sterftes mag aanvanklik vir \u2018n paar dae voorkom, maar dan skielik toeneem met \u2018n mortaliteitsyfer wat kan raak aan 100% binne 48 uur.<\/li>\n<\/ul>\n<h2 class=\"Subhead\"><span lang=\"EN-GB\">Verspreiding<\/span><\/h2>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Verspreiding in die omgewing van besmette boerderye kom algemeen voor. Die virus kan deur die lug versprei word, deur direkte kontak tussen vo\u00ebls en indirek deur byvoorbeeld ontlasting en vervoermiddels. Uitbrekings by boerderye word waarskynlik veroorsaak deur wilde\u00a0eende\u00a0of ander watervo\u00ebls wat oor \u2018n boerdery vlieg en hulle ontlastings daarop laat val. Daar word gereken dat die virus vir soveel as \u2018n 100 dae in die vo\u00eblmis aan die lewe kan bly. Verspreiding deur eiers is ook moontlik, maar gewoonlik slegs as gevolg van mis wat aan die eiers kleef.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Daar word deur sommiges beweer dat dit nie \u2018n bewese feit is dat\u00a0trekvo\u00ebls &#8216;n groot rol speel by die verspreiding van vo\u00eblgriep nie en dat die verspreiding waarskynlik meer te wyte is aan die vervoer van besmette pluimvee of die vleis van pluimvee en eende. In Februarie 2006 is daar egter op verskeie plekke in Suid- en Midde-Europa verskeie dooie trekvo\u00ebls gevind wat deur die virus besmet was. Al is daar nie klinkklare bewyse dat daar \u2018n verband bestaan nie, is die waarskynlikheid wel baie groot dat trekvo\u00ebls wel \u2018n rol in die verspreiding van die virus speel.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"Subhead\"><span lang=\"EN-GB\">Belangrike Voorsorg Maatre\u00ebls<\/span><\/h2>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">\u201cDit vereis streng biosekuriteit wat daarop gemik is om wilde vo\u00ebls uit die pluimveeskure te hou en te voorkom dat werkers en besoekers die siekte op hul klere, hare, toerusting, ens. In die skure bring\u201d s\u00ea Dr. Petty verder.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"Subhead\"><span lang=\"EN-GB\">Ten Slotte<\/span><\/h2>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Dr. Petty s\u00ea daar is beperkte finansi\u00eble hulp beskikbaar en alle troppe wat met HPAI besmet is, moet uitgeskakel word om te voorkom dat dit versprei. Hy s\u00ea ook verder dat enige uitbraak word deur die staatsveearts beheer, aangesien vo\u00eblgriep &#8216;n aanmeldbare en beheerde siekte in Suid-Afrika is.<\/span><\/p>\n<p>Bronne: <a href=\"https:\/\/thepoultrypractice.co.za\/about-us\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Dr. Deryn Petty<\/a>, <a href=\"https:\/\/thepoultrypractice.co.za\/about-us\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">The Poultry Practice<\/a>,\u00a0 <a href=\"https:\/\/southafrica.co.za\/af\/voelgriep.html\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Vo\u00eblgriep &#8211; Suid-Afrika (southafrica.co.za)<\/a> \u00a0|<a href=\"https:\/\/af.hillsteaddental.com\/2020\/01\/vogelgrippe\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Vo\u00eblgriep: oorsake, die risiko van infeksie, behandeling (hillsteaddental.com)<\/a> |<a href=\"https:\/\/af.approby.com\/voelgriep-en-ander-influenza\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Oorsig van vo\u00eblgriep (approby.com)<\/a>|<a href=\"https:\/\/www.proagri.co.za\/en\/almal-moet-help-om-voelgriep-te-voorkom\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Almal moet help om vo\u00eblgriep te voorkom &#8211; ProAgri<\/a> | Vo\u00eblgriep &#8211; NETRADIOSA<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die uitbreek van vo\u00eblgriep w\u00eareldwyd is nie nuwe nuus nie. Dit is gewoonlik net \u2018n geval van wanneer en waar. <\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4638,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,74],"tags":[154],"class_list":["post-4592","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kleinvee","category-pes-en-siekte","tag-voelgriep"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4592","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4592"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4592\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4638"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4592"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4592"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4592"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}