{"id":4596,"date":"2021-08-25T13:55:10","date_gmt":"2021-08-25T11:55:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4596"},"modified":"2022-01-22T17:26:53","modified_gmt":"2022-01-22T15:26:53","slug":"wat-is-vriesbrand-prosedure","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/large-stock\/wat-is-vriesbrand-prosedure\/","title":{"rendered":"Wat is vriesbrand prosedure?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>In \u2019n vorige uitgawe het ons die wet rondom diereidentifikasie bespreek. Ons het ook die tattoee\u00ebrproses bespreek. Vandag gaan ons kyk na die vreisbrandprosedure wat \u2019n minder bekende prosedure is teenoor warmbrand. Vriesbrand is besig om weer \u2019n terugkeer te maak en ons glo dit gaan oor die feit dat dit minder pynlik is vir die dier en ook \u2019n baie baie mooi merk maak. Die vriesbrandprosedure verander die haar follikel en die haar groei uit as \u2019n ander kleur. Met warmbrand val al die hare uit en dit verseker die merk. Op bruin en swart beeste groei die hare wit uit as jy vriesbrand doen en op wit diere sal die hare bruinswart uitgroei. Jy kan so \u2019n merk visueel op \u2019n redelike v\u00ear afstand sien! Hierdie is \u2019n redelike lang en omslagtige manier van merk so jy sal dit meestal met stoetdiere doen asook diere wat vir \u2019n paar jaar op jou plaas sal bly. Hieronder volg die prosedure:<\/p>\n<h2>Vriesbrand Prosedure<\/h2>\n<p><strong>Items benodig:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Ge\u00efssoleerde bak of houer om brandysters in af te koel<\/li>\n<li>Spesiale vriesbrandysters (bestel deur jou naaste ko\u00f6perasie)<\/li>\n<li>Skeermasjien<\/li>\n<li>Skeermes<\/li>\n<li>Vloeibare stikstof of brandspiritus en dro\u00eb ys as afkoelmiddel (Kontak Dry Ice International \u2013 <u>012-810-0500<\/u> of <a href=\"mailto:info@dryice.co.za\">info@dryice.co.za<\/a>)<\/li>\n<li>Stophorlosie<\/li>\n<li>ViceGrip immobiliseerder<\/li>\n<li>95% Metiel \/ Etiel alkohol of brandspiritus<\/li>\n<li>Beskermende handskoene<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Prosedure:<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Skeer die hare met die skeermasjien waar gebrand moet word.<\/li>\n<li>Skeer die hare met \u2019n skeermes tot op die vel om \u2019n absolute haarlose oppervlak vir brand te verkry.<\/li>\n<li>Borsel alle los hare en dooie vel af.<\/li>\n<li>Plaas brandysters in \u2019n ge\u00efsoleerde houer en bedek met vloeibare stikstof.<\/li>\n<li>(As alternatief, bedek brandysters met brandspiritus en voeg stukke dro\u00eb ys by. Die stukke dro\u00eb ys moet deurentyd in die brandspiritus teenwoordig wees.)<\/li>\n<li>Wanneer die kookproses afneem is die brandysters voldoende afgekoel (\u00b15 minute)<\/li>\n<li>Benat die vel deeglik met die Metiel \/ Etiel alcohol of brandspiritus voor elke brandmerk aangebring word.<\/li>\n<li>Immobiliseer die dier.<\/li>\n<li>Haal die brandysters uit verkoelingsmiddel en skud oortollige vloeistof af.<\/li>\n<li>Druk die brandyster ferm op die benatte gedeelte van die vel.<\/li>\n<li>Gebruik stophorlosie om die periode van velkontak te reguleer.<\/li>\n<\/ol>\n<h2>Riglyne vir velkontak met vriesbrandysters is as volg:<\/h2>\n<ul>\n<li><strong>Beeste<\/strong>\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 <strong>Dro\u00eb ys en brandspiritus\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Vloeibare stikstof<\/strong><\/li>\n<li>Jong Diere\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 30 Sekondes\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 20 Sekondes<\/li>\n<li>Volwasse diere\u00a0 \u00a0 40 Sekondes\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a030 Sekondes<\/li>\n<\/ul>\n<p>Plaas die brandyster terug in die verkoelingsbak.<\/p>\n<p>Dit neem ongeveer 1 maand vir al die dooie hare om uit te val.<\/p>\n<p>Na ongeveer 3 maande sal wit hare in die plek van die ou hare groei.<\/p>\n<p><iframe title=\"Freeze Branding Cattle | Dry Ice 4 Farming | Dry Ice International\" width=\"800\" height=\"450\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/o1pX4gC0f_s?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>Vriesbrandysters is beskikbaar deur Dry Ice International of jou naaste veearts of ko\u00f6perasie kan dit bestel deur <a href=\"https:\/\/antrovet.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Antrovet.<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vriesbrand is besig om weer \u2019n terugkeer te maak en ons glo dit gaan oor die feit dat dit minder pynlik is vir die dier en ook \u2019n baie baie mooi merk maak.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4597,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[68,78],"tags":[155],"class_list":["post-4596","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-grootvee","category-sekuriteit","tag-vriesbrand"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4596","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4596"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4596\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4597"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4596"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4596"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4596"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}