{"id":4600,"date":"2021-01-25T14:23:30","date_gmt":"2021-01-25T12:23:30","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4600"},"modified":"2022-01-15T14:45:03","modified_gmt":"2022-01-15T12:45:03","slug":"wie-is-jodan-boran-stoet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/large-stock\/wie-is-jodan-boran-stoet\/","title":{"rendered":"Wie is Jodan Boran Stoet?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Danie Botha, eienaar van <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/Jodan-Boran-105081295219822\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Jodan Boran Stoet<\/a>, boer met Boran beeste op die plaas Vyfhoek, in die Arlington distrik, in die Vrystaat sedert 2004. Danie boer ekstensief, wat beteken die prestasievlakke van diere word nie geforseer nie, maar is baie meer aangewese op seleksie van diere, gehalte van weiding en bestuurspraktyke van die stoet.<\/p>\n<p>Danie, \u2018n boorling van Arlington in die Vrystaat, het, nadat hy aan die Ho\u00ebrskool Voortrekker in Bethlehem gematrikuleer het, in 1994, saam met sy pa begin boer. Hulle boerdery fokus was, op daardie stadium, hoofsaaklik op kommersi\u00eble beeskudde.<\/p>\n<h2>Hoe het alles Begin ?<\/h2>\n<p>In 2004 het Danie vir Adriaan Rall ontmoet. \u201cHy het my ongelooflik baie oor die Boran beeste geleer. Hy is intussen ongelukkig oorlede. Dit was \u2018n voorreg om hom te geken het en te leer by hom\u201d s\u00ea Danie. Hy het met 2 bulle en 3 koeie begin en toe maar so kort-kort \u2018n paar diere by Adriaan en veilings gekoop.<\/p>\n<h2>Gemaklike Beesras<\/h2>\n<p>\u201cDit is \u2018n baie lekker ras om mee te boer\u201d s\u00ea Danie. Verder s\u00ea hy \u201cDie rede waarom ek Borane gekies het, is omdat die Boran ras so maklike boerbees is. Jy kom eers in moeilike toestande agter hoe presteer die bees. Al is hy duur, hoef jy hulle nie in watte toe te draai nie\u201d. Hy s\u00ea ook hulle is minder vatbaar vir bosluise en seer o\u00eb en baie minder arbeidsintensief. \u201cDie Boran het \u2018n baie goeie pens kapasiteit en kan groot hoeveelhede ruvoer inneem en omsit in vleis,\u201d s\u00ea Danie verder. Hy noem ook verskeie belangrike aspekte met Borane wat vir hom die beesras van keuse maak. Dit sluit die volgende in:<\/p>\n<ul>\n<li>Mens kan met hulle op die veld boer met minimum lek<\/li>\n<li>Danie gee sy beeste net P12 en sout deur die jaar<\/li>\n<li>Die ras kan in baie moeilike toestande oorleef en produseer<\/li>\n<li>Daar is \u2018n persentasie in die Borane, wat nie in ander rasse is nie, wat hulle uiters geskik maak vir kruis teling<\/li>\n<li>Hulle is nie \u2018n selektiewe vreter nie en hulle loop saam in \u2018n trop as hulle wei<\/li>\n<li>In uitsonderlike gevalle sal \u2018n bees eenkant wees wanneer \u2018n koei gekalf het of \u2018n dier siek is<\/li>\n<li>Die koeie is goeie moeders en sal haar kalf beskerm met alles wat sy het.<\/li>\n<li>Kalwers is klein met geboorte, wat voordelig is vir gemaklike, meestal probleem vrye kalwings.<\/li>\n<li>Volwasse koeie weeg tussen 500 en 550kg en volwasse bulle weeg tussen 800 en 850kg. Alhoewel Borane kort bene het, is dit nie \u2018n kleinraam beesras, wanneer mens hierdie gewigte in ag neem nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p class=\"Subhead2\"><span lang=\"EN-GB\">Danie s\u00ea ook dat mens \u2018n band met elke dier in jou kudde bou. \u201cHulle wil h\u00ea jy moet aan hulle vryf en dan kompeteer hulle vir aandag\u201d.<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Danie Botha, eienaar van Jodan Boran Stoet, boer met Boran beeste op die plaas Vyfhoek, in die Arlington distrik, in die Vrystaat sedert 2004.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4601,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[68],"tags":[156],"class_list":["post-4600","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-grootvee","tag-boran"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4600","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4600"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4600\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4601"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4600"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4600"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4600"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}