{"id":4604,"date":"2021-06-25T14:45:12","date_gmt":"2021-06-25T12:45:12","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4604"},"modified":"2022-01-23T14:40:11","modified_gmt":"2022-01-23T12:40:11","slug":"wat-is-hittestres-onder-beeste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/small-stock\/wat-is-hittestres-onder-beeste\/","title":{"rendered":"Wat is hittestres onder beeste?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p><em>Die jare 2015 \u2013 2016 se somer seisoen was een van die mees ekstreme seisoene wat nog ooit aangeteken is, met meer gereelde hittegolwe en \u2019n laer as die gemiddelde re\u00ebnval. \u2019n Toename in die vlakke van hittestres is \u2019n realitieit en meer so in subtropiese Afrika waar die tempo van aardverwarming toeneem teen bykans dubbeld as die van die globale tempo.<\/em><\/p>\n<p>Soos wat hitte en vlakke van humiditeit verhoog, sal die negatiewe impak op veeproduksie ook toeneem. Volgens die Interregerings Paneel op Klimaatsverandering se verslag van 2007 sal lande soos Suid Afrika meer kwesbaar wees vir toekomstige klimaatsverandering. Daarom is die verwagting dat stygende omgewingstemperatuur, as gevolg van klimaatsverandering, \u2019n negatiewe uitwerking sal h\u00ea op die omgewing en op veeproduksie in die algemeen.<\/p>\n<p>Die potensi\u00eble ekonomiese verliese wat deur die bedryf gely word as gevolg hittestress en gevolglike\u00a0 verlaging in produksie, is reeds in 2003 deur navorsers van die VSA gekwantifiseer. Hierdie verlaging in prestasie sluit in \u2019n verlaagde voerinname, \u2019n negatiewe invloed op groeitempo en reproduksie, asook \u2019n toename in die getal vrektes. Beeste reageer verskillend as mense op omgewingstoestande en is meer sensitief vir ho\u00eb temperature en humiditeit en daarom meer vatbaar vir hittestres as mense onder dieselfde omgewingstoestande.<\/p>\n<p>Die voorspelde toename in globale omgewingstemperatuur van die aarde se oppervlakte word geraam op tussen 2 \u00b0C en 4 \u00b0C teen die jaar 2100. Hierdie voorspellings beteken die negatiewe effek op veeproduksie gaan in intensiteit toeneem met \u2019n groeiende w\u00eareld bevolking wat ook die behoefte na voedsel drasties sal laat toeneem.<\/p>\n<h2>Wat is hittestres?<\/h2>\n<p>Normale liggaamstemperatuur by beeste is in die orde van 38.6 \u00b0C en onder normale omstandighede ho\u00ebr as die omgewingstemperatuur, wat die normale hitte regulering van die dier na die omgewing moontlik maak. Diere kan egter hittestres ervaar sodra die omgewing se temperatuur bokant 28 \u00b0C styg, veral met gepaardgaande ho\u00eb vlakke van humiditeit, wanneer dit onmoontlik raak vir die dier om af te koel en sy normale liggaamstemperatuur te handhaaf. Ander omgewingsfaktore kan ook hittestres affekteer en is \u2019n kombinasie van temperatuur, humiditeit, direkte blootstelling aan sonlig en windspoed. Herkouers produseer interne liggaamshitte deur die proses van vertering in die rumen en dit verhoog hittestres.<\/p>\n<h2>Invloed van hittestres op produksie<\/h2>\n<p>Verskeie studies is al gedoen op die effek van vleisbeesproduksie op kweekhuisgas uitskeiding en die gevolge op klimaatsverandering. Maar wat is die impak van ho\u00ebr gemiddelde temperature op die produksie van beesvleis?<\/p>\n<p>\u2019n Bul in die sentrale bultoetssentrum op die Irene kampus. Onderdak fasiliteite bied skaduwee aan diere tydens voerbak besoeke.<\/p>\n<p>Die somer dekseisoen in Suid-Afrika is gewoonlik gedurende die middel van die somer, wanneer die omgewingstemperatuur buite die normale gemaksone van beeste is. Eienskappe wat die winsgewendheid van \u2019n kommersi\u00eble vleisbeesboerdery be\u00efnvloed, soos vrugbaarheid en groei word negatief be\u00efnvloed wanneer beeste blootgestel word aan ekstreme toestande.<\/p>\n<p>In die algemeen gaan droogtetoestande ook met laer as gemiddelde re\u00ebnval en ho\u00ebr as gemiddelde omgewingstemperature gepaard, wat die kwaliteit en kwantiteit van natuurlike weiding verlaag. Hierdie faktore kan die produksie omgewing verander in so mate dat dit die winsgewendheid en volhoubaarheid van \u2019n vleisbees produksiestelsel negatief be\u00efnvloed.<\/p>\n<p>Navorsing is deur die Landbounavorsingsraad op \u2019n aangepaste Bonsmara kudde, onder ekstreme Suid-Afrikaanse toestande gedoen. Die gemiddelde re\u00ebnval per seisoen, lengte van die seisoen en die gemiddelde temperatuur is ondersoek om die invloed op die groeitempo van speenkalwers te bepaal. Resultate het aangedui dat die gemiddelde maksimum temperatuur die grootste negatiewe effek op die produksie van die kudde gehad het.<\/p>\n<h2>Invloed van hittestress op reproduksie<\/h2>\n<p>Bulvrugbaarheid word be\u00efnvloed deur hittestres en het \u2019n negatiewe invloed op potensi\u00eble bevrugting en dragtigheid van koeie. Bestuur van bulle se liggaamstemperatuur voor en gedurende semen kolleksie vir kunsmatige insiminasie (KI) is \u2019n bron van kommer, omrede navorsing aangedui het dat die aantal spermselle en beweeglikheid dramaties afneem ten tye van blootstelling aan hittestres.<\/p>\n<p>Verder het navorsers ook bevind dat 6 tot 8 weke benodig word voordat semenkwaliteit weer na normale vlakke terugkeer na toestande van hittestres. Die impak van hittestres op bulvrugbaarheid kan nie gering geskat word nie en selfs kort periodes van blootstelling aan hittestres kan lang termyn gevolge h\u00ea op bulvrugbaarheid.<\/p>\n<h2>Hoe om die negatiewe effek van hittestres op produksie te beperk<\/h2>\n<p>Boere kan addisionele en aanvullende voeding verskaf om die verlies in produksie te beperk, maar dit sal weer insetkoste verhoog. Praktiese verbeterings kan strukture wat skaduwee bied of sisteme wat lugvloei verbeter insluit, veral in intensiewe stelsels soos voerkrale en melkstalle. Dit is egter nie so maklik om die omgewing te beheer in \u2019n ekstensiewe stelsel nie.<\/p>\n<p>Die beskikbaarheid van koel en goeie kwaliteit drinkwater asook genoegsame spasie by drinkbakke is belangrik om voldoende waterinname te verseker tydens ekstreme toestande. Die vervoer van diere moet ook beperk en vermy word gedurende hitte toestande. Hantering van vee moet beperk word gedurende die dag en eerder vroeg oggend en laat namiddag geskied.<\/p>\n<p>Koeiproduktiwiteit mag ook negatief be\u00efnvloed word indien die bul blootgestel was aan ekstreme somer temperature.<\/p>\n<h2>Seleksie vir aanpasbaarheid<\/h2>\n<p>Haarkleur is ook \u2019n ho\u00eb risiko faktor omrede donker haarkleur \u2019n laer refleksie potensiaal het. Ander faktore soos siektes, veral longontsteking, onderhuidse vetbedekking en temperament mag die risiko van hittestres verhoog. Beeste in voerkrale, veral die wat naby aan markgereed is, mag hittestres ervaar as gevolg van \u2019n laer long tot liggaam kapasiteit. Meer aangepaste diere met \u2019n gladde en kort haarkleed en los vel met meer veloppervlak, sal beter aangepas wees vir \u2019n ekstreme warm omgewing.<\/p>\n<p>Groot waaiers en strukture wat skaduwee bied kan baie help om diere af te koel. Hierdie foto is geneem in Missisipi, in die suide van die VSA waar veral met swart Angus beeste suksesvol geboer word te midde van baie warm en vogtige toestande. Vlak damme in kampe bied ook afkoeling aan beeste.<\/p>\n<h2>Genetiese seleksie<\/h2>\n<p>Dis onmoontlik vir die teler om die omgewing te verander, maar seleksie mag die effek van hittestres tot \u2019n mate beperk. Die seleksie vir meer aangepaste diere en die aankoop van diere van telers in dieselfde omgewing kan ook aanpasbaarheid verbeter. Raskeuse of komposiet rasse wat beter aangepas is by die omgewing mag \u2019n oplossing bied. Telers word verplig om diere van goeie gehalte te produseer wat aan die standaarde voldoen van \u2019n mededingende kommersi\u00eble mark, veral ten opsigte van produksie en kwaliteit van speenkalwers. Hierdie standaarde mag \u2019n minimum vereiste groeitempo en\/of speenkalf gewig insluit, veral indien speenkalwers verskaf word aan die voerkraalbedryf. Hierdiefaktore bepaal die teeldoelwitte vir die kudde.<\/p>\n<p>Prestasie toetsing en aankoop van bulle met BLUP teelwaardes is uiters belangrik om aangepaste nageslag wat doeltreffend produseer te teel<\/p>\n<h2>Teeldoelwitte<\/h2>\n<p>Dit word aanbeveel om slegs geregistreerde bulle met teelwaardes te koop, om die verbetering van eienskappe van ekonomiese te belang, te verseker. Deur seleksie van teelmateriaal in sy eie omgewing is die kommersi\u00eble produsent in \u2019n beter posisie om volhoubaar te wees te midde van \u2019n uitdagende omgewing.<\/p>\n<p>Variasie van eienskappe tussen rasse asook binne ras verband, vir groei en reproduksie stel die teler instaat om volledig prestasie toetsing te doen op sy kudde om sodoende koeie wat doeltreffend produseer te\u00a0 identifiseer.<\/p>\n<p>Reproduksie verslae wat beskikbaar is op die Nasionale Databasis (Integrated Recording and Genetic Information System) bied waardevolle inligting ten opsigte van doeltreffend produserense koeie. Wanneer ou koeie in kudde vervang word is dit juis die ouer koeie wat onder gemiddelde kalwers speen en met goeie kwaliteit verse vervang moet word.<\/p>\n<p>Netto voerinname (NVI) is \u2019n ander doeltreffendheids eienskap om in te sluit in teeldoelwitte, sodat diere met laer voedingsbehoeftes geteel kan word. Seleksie van bulle met \u2019n lae netto voerinname teelwaarde sal nageslag met \u2019n laer voerinname verseker en beter voer doeltreffendheid. Bulle word in Suid Afrika getoets deur die LNR, asook ander privaat bul toetssentrums om hierdie bulle te identifiseer. Binne \u2019n omgewing wat meer uitdagings bied mag hierdie bulle meer gesog raak in die toekoms.<\/p>\n<h2>Teel stelsels<\/h2>\n<p>Langtermyn oplossings sal die gebruik van meerbul parings en\/of bulle van tropies aangepaste genotipes insluit, om die effek van hittestres te beperk, veral gedurende die laaste gedeelte van die somer teelseisoen. Dit kan help om ten spyte van ekstreme somer toestande steeds \u2019n goeie kalf persentasie te handhaaf.<\/p>\n<p>Moederlyne, van tropies aangepaste genotipes in \u2019n kruisteel stelsel sal die koei raamtipe beperk om sodoende koeidoeltreffendheid te verbeter. \u201cKlimaat-slim\u201d beesvleis produksie beteken minder teeldiere om die produksie van kweekhuis gasse te beperk, maar \u2019n toename in produksie per grootveeeenheid. Die drie prim\u00eare komponente wat koeidoeltreffendheid bepaal is produksie, onderhoud behoeftes van die koei en reproduksie tempo.<\/p>\n<p>Studies op kruisteling by die navorsingstasie op Vaalharts in die Noord Kaap het inligting verskaf oor die effek van heterosis (basterkrag) op produksie eienskappe deur die Afrikaner as moederlyn te kruis met Europese (Charolais en Simmentaler), Britse (Hereford) en Zebu (Brahman) rasse\u00a0 as vader lyn.<\/p>\n<p>\u2019n Studie om vroegtydige waarskuwingstelsels te ontwikkel vir volhoubare beesvleisproduksie in warmer dele van die land is nog aan die gang.<\/p>\n<p>Die ontwikkeling van \u2019n Temperatuur-Humiditeits Indeks (THI)\u00a0 per ekologiese streek mag telers ook help\u00a0 indien \u2019n ekstreme somerseisoen voorspel word om\u00a0 sodoende \u2019n strategie uit te werk om moontlike verliese in produksie, te beperk.<\/p>\n<h2>Opsomming<\/h2>\n<p>Die voorspelling is dat Afrika meer negatief geraak gaan word deur aardverwarming as van die ander kontinente. Die uitwerking van aardverwarming op volhoubare diereproduksie is verwant aan die effek van omgewingstemperatuur (hittestres, voedingstres, verlaagde produksie en reproduksie), klimaat (re\u00ebnval, humiditeit, bestraling), verandering in dier en plantsiekte patrone (bedreiging van nuwe siektes en plae asook frekwensie van bestaande siektes), voedingswaarde van weiding en verandering in die samestelling van natuurlike weiding (groei, opbrengs en weiding kapasiteit) en die aanpasbaarheid van diere in die produksie omgewing.<\/p>\n<p>Omgewing temperatuur is die faktor wat die grootse direkte effek het op diereproduksie, terwyl voedingstres die grootste indirekte effek op weiding van diere in die tropiese en subtropiese gebiede het. Diere in die suidelike dele van Afrika sal noodwendig moet aanpas by ho\u00ebr omgewingstemperature, laer gehalte natuurlike weiding in sekere areas en die uitbreiding van siektes, veral bosluise en bosluis oordraagbare siektes as gevolg van aard verwarming. Die ontwikkeling van versagting strategi\u00ebe en \u2019n \u201cvee ongemaksindeks\u201d is daarom belangrik om volhoubaarheid te bevorder.<\/p>\n<p>Frans Jordaan kan gekontak word by,<br \/>\n<a href=\"mailto:Fransj@arc.agric.za\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Fransj@arc.agric.za<\/a> of Tel. 012 672 9085.<\/p>\n<p><strong><em>Verwysings:<\/em><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Genetic basis for heat tolerance in cattle. Megan M Rolf, 2015<\/li>\n<li>Applied reproductive strategies in beef cattle. Kasey Brown, 2015<\/li>\n<li>Principles of climate smart beef production in an era of global warming. Scholtz, M. M. Mokolobate, M. C. Jordaan, F. J. Pyoos, D. A. Theunissen A. ARC National Beef Bulletin 2018. 2018.<\/li>\n<li>Economic Losses from Heat Stress by US Livestock Industries. St-Pierre N. R., Cobanov, B., &amp; Schnitkey, G., 2003. J. Dairy Sci. 86:(E. Suppl.):E52\u2013E77 American Dairy Science Association.<\/li>\n<li>The relationship of RFI and voluntary forage intake and cow survival under range conditions. Dan B. Faulkner, February 2016.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><em>FJ Jordaan, Dr B Greyling &amp;<br \/>\nProf MM Scholtz<br \/>\n<a href=\"https:\/\/arc.agric.za\/Pages\/Home.aspx\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">ARC-Diere<\/a><a href=\"https:\/\/arc.agric.za\/Pages\/Home.aspx\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\"> Produksie<\/a><\/em><\/strong><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Toename in die vlakke van hittestres is \u2019n realitieit en meer so in subtropiese Afrika waar die tempo van aardverwarming toeneem teen bykans dubbeld as die van die globale tempo.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4605,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[68,66],"tags":[151,157],"class_list":["post-4604","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-grootvee","category-kleinvee","tag-agricultural-research-council","tag-hittestres"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4604"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4604\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4605"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}