{"id":4607,"date":"2021-07-25T15:03:32","date_gmt":"2021-07-25T13:03:32","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4607"},"modified":"2022-01-16T12:46:43","modified_gmt":"2022-01-16T10:46:43","slug":"avokadoboerdery-waar-begin-alles","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/avokadoboerdery-waar-begin-alles\/","title":{"rendered":"Avokadoboerdery: Waar begin alles?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Al gewonder hoe ontstaan die avokadoboompie wat jy op jou plaas, kleinhoewe of agter in jou tuin plant? Soms voel jy dalk jy betaal te veel vir die boompie. Vandag neem ek jou op \u2019n virtuele toer vandat die saad geplant word totdat die boompie reg is vir aflewering by die boer of kwekery.<\/p>\n<p>Iets om in gedagte te hou, die minimum tydperk om \u2019n boom te produseer is 11 maande, van saad tot boom.<\/p>\n<h2><strong>Saad saai<\/strong><\/h2>\n<p>Saad word ontvang, behandel en dan bewond en gesaai in kratte. Saad ontkiem sowat twee weke later.<\/p>\n<h2><strong>Saad uitplant<\/strong><\/h2>\n<p>Saad wat ontkiem het word uitgeplant in individuele sakkies. Saad kan na \u2019n maand se groei ge-ent word.<\/p>\n<h2><strong>Onderstam enting<\/strong><\/h2>\n<p>Saad wat uitgeloop het word ge-ent met onderstam enthout wat in moeder blokke gesny word. Drie weke na enting begin die ogies ontwikkel en is die plant reg om na die donker kamers te gaan.<\/p>\n<h2><strong>Etiolering<\/strong><\/h2>\n<p>Onderstamme wat uitloop word na die donkerkamers gestuur.\u00a0 Plante word ge-etioleer vir sowat 4 \u2013 6 weke, tot die plant die regte lengte is om uitgehaal te word.<\/p>\n<h2><strong>Op-erting (Ridging up)<\/strong><\/h2>\n<p>Plante word uit etiolering gehaal wanneer hulle die regte lengte bereik. Ge-etioleerde stamme word bewond met \u2019n lemmetjie en bewortelings hormoon word aan gesmeer. Wortel vorming neem 8-12 weke.<\/p>\n<ul>\n<li>Die sakkie word terug gevou en met medium gevul.<\/li>\n<li>\u2019n \u201cplug\u201d word geplaas in die bewondings area en met medium gevul.<\/li>\n<\/ul>\n<h2><strong>Kultivar enting<\/strong><\/h2>\n<p>Die plantjies word vir \u2019n week tot twee gelos om groen (sag) te word en dan word dit ge-ent met kultivar enthout wat uit die moeder blokke gesny word. Die ent neem 3 weke om te vat. Plante staan sowat 3 maande in die tonnels voor hulle reg is om uit te plant.<\/p>\n<ul>\n<li>Plant in lang sakkie.<\/li>\n<li>Plant in \u2019n \u201cplug\u201d.<\/li>\n<\/ul>\n<h2><strong>Uitplant<\/strong><\/h2>\n<p>Plantjies is groot genoeg om uit te plant in die groot sak area onder die skadunette. Plante staan sowat 4 maande in groot sakke voordat hulle reg is vir aflewering.<\/p>\n<h2><strong>Eerste groei (\u201cflush\u201d)<\/strong><\/h2>\n<p>Nadat die bome herplant is, word bome gesorteer, of ten minste gemerk op grond van die groei. \u2019n Boom is in die eerste groei sodra die nuwe vegetatiewe groei afdeling sigbaar is.<\/p>\n<h2><strong>Tweede groei\u00a0 (\u201cflush\u201d)<\/strong><\/h2>\n<p>Nadat die bome herplant is, word bome gesorteer, of ten minste gemerk op grond van die groei. \u2019n Boom is in die tweede groei sodra die meer nuwe vegetatiewe groei afdeling sigbaar is.<\/p>\n<h2><strong>Aflewering<\/strong><\/h2>\n<p>Bome het verskeie vegetatiewe groei afdeling en is nou gereed om gestuur te word na boorde.<\/p>\n<h2><strong><em>Ten Slotte<\/em><\/strong><\/h2>\n<p>Dit gee \u2019n goeie oorsig oor waar \u2019n avokadoboom ontstaan. Hoe egter in gedagte, dat hierdie \u2019n hoogsgespesialiseerde vakgebied is, en moet dus nie net as \u2019n geleentheid gesien word om avokadoboompies in jou agter erf te probeer nie. Baie tegniese en wetenskaplike aspekte bepaal of bome in die langtermyn die produksie en kwaliteit vrugte sal gee.<\/p>\n<p>Geskryf deur: Braam Koekemoer<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al gewonder hoe ontstaan die avokadoboompie wat jy op jou plaas, kleinhoewe of agter in jou tuin plant?<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4640,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21],"tags":[158],"class_list":["post-4607","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gewasse","tag-avokado"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4607"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4607\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4640"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}