{"id":4616,"date":"2020-03-25T19:20:21","date_gmt":"2020-03-25T17:20:21","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4616"},"modified":"2022-01-22T17:21:16","modified_gmt":"2022-01-22T15:21:16","slug":"wat-is-die-toekoms-van-dieregenetika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/farming-technology-2\/wat-is-die-toekoms-van-dieregenetika\/","title":{"rendered":"Wat is die toekoms van dieregenetika?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Boere moet gedurig innoverend dink, want wat vir vandag goed is, gaan nie noodwendig goed genoeg wees vir more nie. Sonder innovasie sal ons verseker stagneer.<\/p>\n<p>Een van die hoekstene van innovasie is egter tegnologie wat daagliks aangewend word om ou probleme of uitdagings aan te spreek. DNS tegnologie het \u2018n noodsaaklikheid geword as dit kom by ons pogings om diereproduksie vorentoe te vat.<\/p>\n<p>Toe die skaap Dolly in 1996 gekloon is, is daar nuwe lig gewerp op die impak en rol wat dit kan en gaan speel. Drie-en-twintig jaar later word dit beklemtoon toe DNS tegnologie ingespan word om mense se DNS sodanig te verander dat hul bestand is teen HIV.<\/p>\n<p>As dit by landbou kom, word dit al hoe belangriker om kritieke vraagstukke aan te spreek, veral wat voedselsekerheid betref. Suid-Afrika se bevolking sal op nagenoeg 70 miljoen staan teen 2050, en dit te midde van die komerwekkende feit dat steeds meer as een uit elke vyf mense in ons land, onvoldoende toegang het tot voedsel. Die toenemende aantal mense in ons land gaan uit die aard van die saak geweldig druk plaas op die vraag na protein, en daar word voorspel dat die vraag na spesifiek beesvleis met meer as 20% sal toeneem binne die volgende 9 jaar.<\/p>\n<p>Ons lewendehawe sektor, wat reeds amper 49% tot ons landbou se bruto binnelandse produk bydra, gaan \u2018n al hoe belangriker rol speel as dit kom voedselsekerheid.<\/p>\n<p>Tans ondersteun die sektor bykans 13 miljoen mense in ons land te midde van uitdagings soos onvolhoubare en nie of swak winsgewende produksievlakke in groot dele van die produksieketting.<\/p>\n<p>Dit sal ook beteken dat ons al hoe sterker sal moet fokus op die oordrag van vaardighede, kennis en tegnologie om te verseker ons boer nie agteruit nie. Die groter prentjie is dat boere al hoe meer van al hoe minder sal moet produseer, en dis ook hier waar tegnologie reeds onmisbaar geword het en nog meer gaan word in die afsienbare toekoms.<\/p>\n<p>DNS gebasseerde tegnologie \u00a0tot die redding?<\/p>\n<p>Van die vele toepasings van DNS tegnologie sluit in ouerskapbepalings wat niks nuut is vir ons boere nie. Dit is noodsaaklik vir die instandhouding en verifikasie van stamboominligting wat die basis vorm van teling en seleksie en die daaropvolgende akkurate voorspelling van die genetiese meriete van &#8216;n dier, soos tipies uitgedruk as &#8216;n teelwaarde.<\/p>\n<p>Forensiese toepassings (bv. vee en wilddiefstalsake), populasiegenetika (insluitend die bepaling van vlakke van inteling) en natuurlik individuele identifikasie wat noodsaaklik is vir naspeurbaarheidsdoeleindes is nog van die toepassings waarmee boere elke dag te doen kry. Lg. is sentraal tot ons vermo\u00eb om ons produkte uit te voer.<\/p>\n<p>Veeboere span ook reeds vir jare die tegnologie in om diere te identifiseer wat DNS mutasies dra wat mag lei tot genetiese siektes en afwykings. Genetiese informasie, spesifiek DNS inligting, van \u2018n dier kan so vroeg as direk na kalwing bekom word, wat beteken dat seleksie reeds op \u2018n baie jong ouderdom toegepas kan word tot voordeel van die teelprogram.<\/p>\n<h2>Genomika<\/h2>\n<p>Genomika stel ons reeds in staat om beide goeie en slegte DNS in ons diere te identifiseer en in seleksie programme te gebruik ten einde genetiese vordering te versnel.<\/p>\n<p>Daar is ook reeds heelwat gene en genemerkers (DNS volgordes, waaronder SNP\u2019s) ge\u00efdentifiseer in di\u00e8 verband in \u2018n verskeidenheid van spesies soos beeste, varke, skape, bokke en selfs wilde diere. In wese kom dit neer op die feit dat die volgorde waarin die DNSboustene van &#8216;n dier gerangskik is, sal dikteer hoe die dier in &#8216;n spesifieke omgewing sal presteer. Van die genemerkers is reeds bewys om geassosi\u00eber te wees met eienskappe soos voerinname, groeitempo, voerdoetreffendheid en melkproduksie, om maar \u2018n paar te noem.<\/p>\n<p>Genomika in \u2018n neutedop is bloot die toevoeging van \u2018n dier se DNS inligting tot die resep wat teelwaardes van \u2018n dier bereken. Uiteindelik sal \u2018n genomies verbeterde teelwaarde \u2018n boer in staat stel om meer intensief, akkuraat en selfs op \u2018n vroe\u00ebr ouderdom seleksie toe te pas ten einde meer winsgewend te boer.<\/p>\n<h2>Genetiese manipulasie\/verandering<\/h2>\n<p>Nuwer en selfs meer revolusion\u00eare toepassings van DNS tegnologie sluit in genetiese manipulasie wat beteken ons verander die DNS van \u2018n dier (of mens of plant) ten einde \u2018n bepaalde effek te bewerkstellig, soos bv. \u2018n dier wat weerstandig is teen \u2018n siekte of een wat vinniger groei. Vanuit \u2018n geen manipuleringsoogpunt is tradisionele teling tydrowend, duur en daar moet genoegsame genetiese variasie wees om van te kies.<\/p>\n<p>Genetiese manipulasie aan die ander kant bied die moontlikheid dat variasie en selfs nuwe eienskappe geskep kan word. Wetenskaplikes is reeds in staat om gene baie akkuraat te manipuleer ten einde bepaalde eienskappe \u00f2f uit te skakel (nadelige eienskappe) \u00f2f om voordelige eienskappe te skep en \u2018n groot verskeidenheid van diere is ook reeds onder navorsingsomstandighede sodanig verander.<\/p>\n<p>Voorbeelde sluit in kalwers met dubbelbespiering, varkte wat teen virale siektes bestand is, melkkoeie wat antiallergiese middels in hul melk produseer en varke wat meer omgewingsvriendelik is deur fosfaat beter te verwerk (skei tot 70% minder fosfaat uit), afhangend van wat hul die\u00ebt is. Angus beeste is weer geneties verander om hul meer hittebestand te maak en om hul liggaamstemperatuur beter te reguleer. Hierdie beeste sou bv. beter kan aanpas en presteer in warm tropiese klimaatsomstandighede waar hulle andersins sou sukkel.<\/p>\n<h2>Konvensionele prestasietoetsing en rekordhouding &#8211; steeds koning?<\/h2>\n<p>Te midde van al die nuwe tegnologie tot ons beskikking moet ons nie die waarde en impak van konvensionele (en dikwels baie basiese!) prestasietoetsing ooit onderskat nie. Sonder prestasie data is ons basies gestrand. Ons moet ook altyd onthou dat die genetiese vermo\u00ebns van \u2018n dier vir meeste eienskappe nie met die oog gesien kan word nie en verder kompliseer die omgewing dinge, want dit affekteer hoe meeste van die gene uitgedruk word en hoe die dier se fenotipe daar uitsien.<\/p>\n<p>In kort behels prestasie toetsing dat rekords bygehou word, data versamel word van jou diere, selfs vir die mees basiese eienskappe soos geboorte en speengewig, interkalfperiode, ouderdom eerste kalf van jou koeie, naspeense groei en voerdoeltreffendheid, om maar van die belangrikstes te noem.<\/p>\n<p>Data wat oor baie dekades versamel, aangeteken en verwerk is tot informasie het grootendeels bygedra om boere te help om ingeligte besluite te neem as dit kom by winsgewende en doeltreffende teelprogramme. Om die waarheid te s\u00ea studies het duidelik aangetoon dat die opbrengste verkry deur in prestasietoetsing te bel\u00ea noemenswaardig was. So is data wat oor jare versamel is vir die Afrikaner ras bv. gebruik om aan te dui hoe hul vordering gemaak het as dit kom by koeidoeltreffendheid en metaanproduksie. Lg. hou direk veband met omgewingsvriendelike produksie wat w\u00eareldwyd \u2018n prioriteit geword het.<\/p>\n<p>Koeikalf doeltreffendheid is sentraal tot ons vermo\u00eb om ons koolstof voetspoor te verminder, en navorsing het aangetoon, deur van prestasie data gebruik te maak, dat die Afrikaner se metaan vrystelling (gemeet as \u201centeric methane emissions factor\u201d of MEFenteric), met 12% verlaag is tussen 1980 tot 2013. Verder is koeidoeltreffendheid, wat \u2018n funksie is van interkalfperiode, voerinname (gemeet in terme van \u2018n grootveeeenheid) en die kilogram kalf gespeen, ook noemenswaardig verbeter. Sonder prestasiedata sou hierdie bevindings nie nagevors en bewys kon word nie.<\/p>\n<h2>Die mikrobioom en epigenetika<\/h2>\n<p>Meer onlangse en interessante ontwikkelinge wat gebruik maak van DNS tegnologie sluit in die karakterisering van die mikrobepopulasie (sg. mikrobioom) in die herkouer se rumen. Ons weet dat die rumen se mikrobioom grotendeels verantwoordelik is vir die vertering van die kos wat \u2018n bees vreet asook die dier se vermo\u00eb om metaangas, een van ons kweekhuisgasse, te metaboliseer.<\/p>\n<p>Die hoeveelheid metaangas word dus grotendeels bepaal deur die samestelling van die dier se mikrobioom (wat soos genoem ook \u2018n funksie is van wat die dier vreet). Dit maak dit moontlik om in die toekoms diere te selekteer wat meer omgewingsvriendelik is deur na hul mikrobioom te kyk en ook wat die mees geskikte rantsoen sou wees.<\/p>\n<p>\u2018n Nuwe veld van molekul\u00eare genetika, genaamd epigenetika, is ook vinnig aan die ontwikkel. Dit behels die studie van hoe \u2018n dier (of mens) se DNS volgorde gemodifiseer word (nie verander word nie!) in reaksie op o.a. die omgewing, wat die\u00ebt insluit. Hierdie modifikasies stel diere in staat om aan te pas by omgewingsfaktore of om te reageer op \u2018n omgewingsfaktor, dikwels binne korttermyn. Hierdie veranderinge kan ook oorgedra word na hul nageslag en ook die nageslag se fenotipes dikteer of beinvloed.<\/p>\n<h2>Samevatting<\/h2>\n<p>Gemeet aan al die hulpmiddels wat boere reeds het en toepas, hul verfynde bestuur en boerderytegnieke en die toepassing van tegnologie, is ons verseker reeds in die era van presisieboerdery.<\/p>\n<p>Gegewe die druk om winsgewend en volhoubaar te boer en ook om uitdagings wat verband hou met voedselsekerheid die hoof te bied, kan mens amper s\u00ea \u2018n boer sal sukkel om hond haar af te maak as hy nie van al hierdie hulpmiddels en bestuurstegnieke gebruik maak nie.<\/p>\n<p>Wat egter baie belangrik is, is dat prestasie data die basis vorm hiervan, en daarsonder sal ons nie weet of ons vooruit of agteruit boer nie.<\/p>\n<p>Hierdie artikel was saamgestel deur:<br \/>\nBen Greyling en Frans Jordaan, <a href=\"https:\/\/arc.agric.za\/Pages\/Home.aspx\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">LNR-Diereproduksie<\/a><br \/>\n<a href=\"mailto:ben@arc.agric.za\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">ben@arc.agric.za<\/a> | <a href=\"mailto:fransj@arc.agric.za\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">fransj@arc.agric.za<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DNS tegnologie het \u2018n noodsaaklikheid geword as dit kom by ons pogings om diereproduksie vorentoe te vat.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4617,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[70],"tags":[151,162],"class_list":["post-4616","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-landboutegnologie","tag-agricultural-research-council","tag-dieregenetika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4616","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4616"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4616\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4617"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4616"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4616"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4616"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}