{"id":4619,"date":"2017-06-25T19:40:31","date_gmt":"2017-06-25T17:40:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4619"},"modified":"2024-07-13T20:36:11","modified_gmt":"2024-07-13T18:36:11","slug":"waar-het-dit-als-begin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/sustainability\/waar-het-dit-als-begin\/","title":{"rendered":"Waar het dit als begin?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Landbou was nog altyd die ruggraat van die Suid-Afrikaanse volkshuishouding soseer dat daar na die Afrikaners vewys word as die Boere! Maar eintlik is boerdery die hele w\u00eareld deur \u2019n lewensnoodsaaklike bedryf, want die mens moet tog eet&#8230; en die meeste van die kos wat ons inneem, kom mos oorspronklik van plase af. Sonder sy werktuie is die boer natuurlik verlore, maar die landbouers van weleer het dit nie so maklik gehad nie. Hieronder word vertel hoe van ons bekende plaaswerktuie met verloop van eeue in gebruik gekom het. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Uit die eenvoudige graafstokke en skoffelpikke van vervlo\u00eb dae het verstommende arbeidsbesparende landbouwerktuie ontwikkel. Di\u00e9 het so doeltreffend geword dat ons boere vandag voedsel op \u2019n geweldige skaal kan produseer. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Die boere van lank gelede het primitiewe gereedskap en hul eie spierkrag gebruik om kos te produseer. Geleidelik het landboukundige uitvindsels daartoe gelei dat diere vir plaaswerk ingespan is. Van die 1800\u2019s af het die vooruitgang van die wetenskap ook die landbou totaal hervorm en osse en perde is deur ander kragbronne vervang. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Vanwe\u00eb beter masjiene en toerusting was baie minder plaaswerkers nodig, wat vanselfsprekend ook die produksiekoste laat daal het. Daarbenewens het die verbetering van plantvari\u00ebteite en kunsmisstowwe beteken dat die opbrengs op \u2019n spesifieke stuk grond nou twee en soms byna drie keer meer kan wees as vantevore. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">In die vroegste tye het boere stellig nie die grond omgeploeg nie. Hulle het eenvoudig met stokke gate in die grond gesteek en saad daarin gegooi. Toe hulle egter agtergekom het dat gesaaides beter groei in grond wat opgebreek en omgedolwe is, is graafstokke en skoffelpikke hiervoor ontwikkel. Hierdie soort gereedskap word vandag nog deur sekere ontwikkelende gemeenskappe gebruik. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Ploe\u00eb is sowat 5500 jaar gelede vir die eerste keer in Mesopotami\u00eb en Egipte gebruik. Die vroegste ploe\u00eb was tweetandgereedskap van hout of brons wat met tou geheg was. Die een ent het \u2019n skerp punt gehad en is deur een werker in die grond gehou; die ander ent is deur \u2019n tweede werker getrek. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Later is osse gebruik om die ploe\u00eb te trek, en jukke is ontwerp sodat die osse in spanne kon werk. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Ploegskare (lemme) van yster het sowat 2500 jaar gelede hul verskyning in Europa gemaak. Hulle was baie swaarder as houtskare en het dieper in die grond ingesny. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Twee belangrike toevoegings tot die ploeg was wiele, wat dit makliker gemaak het om dit te gebruik en te beheer, en die rysterbord, \u2019n gebo\u00eb stuk hout wat die grond omgekeer het nadat dit onder gesny is. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Latere uitvindsels was onder meer die eerste ploeg volledig van gietyster (R. Ransome, 1789) en die staalploeg (John Deere, 1830). Stoomtrekkers is van die middel van die 1880\u2019s af gebruik. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Volgende keer gesels ons meer oor die ontwikkeling van trekkers, dorsmasjiene en stropers. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Bron: <a href=\"http:\/\/www.mieliestronk.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">http:\/\/www.mieliestronk.com\/<\/a><\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Landbou was nog altyd die ruggraat van die Suid-Afrikaanse volkshuishouding soseer dat daar na die Afrikaners vewys word as die Boere!<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4636,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23],"tags":[163],"class_list":["post-4619","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-volhoubaarheid","tag-landbou"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4619","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4619"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4619\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4636"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4619"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4619"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4619"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}