{"id":4659,"date":"2020-04-25T09:05:18","date_gmt":"2020-04-25T07:05:18","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4659"},"modified":"2022-01-19T09:24:56","modified_gmt":"2022-01-19T07:24:56","slug":"wat-is-die-noodsaaklike-riglyne-vir-n-hoogs-winsgewende-skaapboerdery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/sustainability\/wat-is-die-noodsaaklike-riglyne-vir-n-hoogs-winsgewende-skaapboerdery\/","title":{"rendered":"Wat is die Noodsaaklike riglyne vir &#8216;n hoogs winsgewende skaapboerdery?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Wisselvallige re\u00ebnval en wisselende graanpryse skep \u2018n behoefte by boere om hul boerdery vertikaal uit te brei. Voerkrale is \u2018n ideale manier om \u2018n skaapboerdery vertikaal uit te brei, mits dit reg aangepak word. Een van die groot uitdagings by baie boere is om die winsgewendheid van voerkrale te bepaal.<\/p>\n<h2>Wat bepaal winsgewendheid in die voerkraal?<\/h2>\n<ul>\n<li>Die eerste belangrike faktor sal altyd die aankoopprys wees. As jy jou eie lammers voer, sal dit stoorlamprys teenoor slagprys wees.<\/li>\n<li>Voeromsetverhouding (VOV): hoeveel kg voer ingeneem word om 1 kg groei te kry.<\/li>\n<li>Uitslagpersentasie<\/li>\n<li>Gemiddelde daaglikse toename (GDT)<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die gewig van elke faktor kan ook jaarliks verskil afhangende van die verhouding tussen vleis, graan en voerpryse. Wanneer voer duurder is, speel VOV die grootste rol, en wanneer dit goedkoper raak en vleispryse styg, speel uitslagpersentasie \u2018n groter rol. GDT bepaal meestal oorwegend die voertydperk, wat \u2018n belangrike faktor raak wanneer die hoeveelheid voersiklusse in \u2018n jaar van belang is.<\/p>\n<p>Dit is van kritieke belang om \u2018n goeie wegspring in die voerkraal te kry.<\/p>\n<h2>Drie belangrike faktore om in ag te neem vir \u2018n optimale begin<\/h2>\n<h3 class=\"Subhead2\"><span lang=\"EN-GB\">\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a01. \u2018n Goeie kwaliteit lam: <\/span><\/h3>\n<ul>\n<li>\u2018n Gesonde lam tussen 27 kg en 30 kg<\/li>\n<li>Ouderdom van tussen 2 en 4 maande (maksimum)<\/li>\n<li>Lammers wat kruipvoer ontvang het<\/li>\n<li>Asemhalingsiektes is die algemeenste siekte in voerkrale en lammers moet dus vroegtydig hierteen inge\u00ebnt word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Sukses in die voerkraal begin met die regte tipe lam. \u2018n Gesonde jong lam is \u2018n lam wat goeie groeipotensiaal bied en sal \u2018n beter voer omsetverhouding as \u2018n ouer lam van dieselfde gewig h\u00ea.<\/p>\n<p>Siek en boepenslammers moet onder geen omstandighede in \u2018n voerkraal afgerond word nie.<\/p>\n<ol start=\"2\">\n<li>\n<h3>Aanpassing:<\/h3>\n<\/li>\n<\/ol>\n<ul>\n<li>Lammers se rumens moet vir \u2018n ho\u00eb styselrantsoen aangepas wees.<\/li>\n<li>Lammers moet verkieslik gewoond wees aan die tipe rantsoen (pille of tuismengsel)<\/li>\n<\/ul>\n<p>Aanpassing is \u2018n kritieke aspek van \u2018n voerkraal en kan die winsgewendheid be\u00efnvloed indien dit nie reg gedoen word nie.<\/p>\n<p>Lammers wat kruipvoer ontvang het, is nie net swaarder op speenouderdom nie, maar is ook beter aangepas vir die voerkraal.<\/p>\n<p>Alhoewel aanpassing \u2018n moet is, maak dit nie altyd ekonomies sin om lammers vir 7 tot 14 dae op \u2018n aanpassingsrantsoen te h\u00eb in daar op groei ingeboet word nie.<\/p>\n<p>Met navorsing en tegnologie is daar deesdae verskeie produkte om te help met die aanpassingsproses. Daar is bv. Doseermiddels wat gegee kan word voor die lammers na die voerkraal gaan. Die lammers kan na die toediening van hierdie middels direk op die groeirantsoen gaan en geen aanpassing is nodig nie.<\/p>\n<p>Om lammers op hierdie manier aan te pas, gaan tyd bespaar, en in \u2018n voerkraal kan baie gels bespaar word as lammers vir \u2018n korter periode in die kraal is. As daar op tradisionele maniere aangepas word waar innames op \u2018n rantsoen oor \u2018n tydperk verhoog word, is dit belangrik dat vreetspasie voldoende moet wees (25 to 30 cm\/lam), en genoegsame hoeveelhede goeie ruvoer moet vrylik voorsien word.<\/p>\n<ol start=\"3\">\n<li>\n<h3>Groepering van lammers:<\/h3>\n<\/li>\n<\/ol>\n<ul>\n<li>Deel lammers in gewigsklasse van 3 tot 5 kg in<\/li>\n<li>Plaas 40 tot 60 lammers in \u2018n kamp<\/li>\n<li>Hou ramme en ooie apart<\/li>\n<\/ul>\n<p>Kompetisie in die voerkraal herhinder dat kleiner en jonger lammers hul maksimuminnames bereik en belemmer dus hul groei. Om kompetisie uit te skakel moet lammers volgens gewigsklasse in kampe ingedeel word. Dit is ideaal om lammers in gewigsklasse van 3 kg in te deel. Indien dit so gedoen word, behoort al die lammers ook op dieselfde tyd slaggereed te wees. Lammers moet verkieslik ook in hul groepe bly tot slagtyd en nie volgens groei geskei word nie.<\/p>\n<h2>Voeromsetverhouding en rantsoen<\/h2>\n<p>Met ouderdom raak \u2018n lam se vermo\u00eb om voer na vleis om te sit al hoe swakker, daarom moet die beste moontlike rantsoen gevoer word om hierdie periode voluit te benut. Voerkostes is \u2018n belangrike deel van die voerkraalsom. Ongelukkig heers daar \u2018n wanpersepsie dat die goedkoopste rantsoen vir die meeste wins gaan sorg.<\/p>\n<p>Alhoewel voerkostes in ag geneem moet word, is die VOV die belangrikste faktor vir wins en nie voerkoste nie. Goedkoper rantsoene se VOV is dikwels swakker as duurder rantsoene (weens laer kwaliteit Roumateriale wat gebruik word) en gevolglik moet lammers langer in die kraal wees om op gewig te kom. Hiermee word daar egter nie aanbeveel dat die duurste rantsoen altyd gekoop moet word nie. Dit is wel raadsaam om self proewe te doen, sodat VOV en uitslagpersentasie van verskillente rantsoene vergelyk kan word. Sodoende kan die winsgewendheid in die voerkraal bepaal word.<\/p>\n<p>Groeistimulante en groeibevorderaars in rantsoene speel \u2018n belangrike rol ten opsigte van VOV en groei en is dus \u2018n belangrike komponente van die rantsoen.<\/p>\n<h2>Algemene bestuursriglyne<\/h2>\n<ul>\n<li>Verseker dat daar altyd koel, skoon water beskikbaar is (maak drinkbakke een keer per dag skoon).<\/li>\n<li>Skaduwee is baie belangrik om optimale groei te verseker.<\/li>\n<li>Voer lammers 3 tot 4 keer per dag. Dit sal ook verseker dat die rantsoen vars bly en inname stimuleer. Lammers moet altyd vrylik gevoer word.<\/li>\n<li>Kruisraslammers vaar beter as suiwerraslammers.<\/li>\n<li>Lammers moet nie langer as 45 tot 55 dae gevoer word nie (afhangende van hul gewig wanneer hulle in die voerkraal geplaas word).<\/li>\n<\/ul>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voerkrale is \u2018n ideale manier om \u2018n skaapboerdery vertikaal uit te brei, mits dit reg aangepak word.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4660,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,72,23],"tags":[135],"class_list":["post-4659","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kleinvee","category-voeding","category-volhoubaarheid","tag-skape"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4659","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4659"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4659\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4660"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4659"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4659"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4659"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}