{"id":4689,"date":"2018-09-25T15:18:28","date_gmt":"2018-09-25T13:18:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4689"},"modified":"2022-01-22T17:34:56","modified_gmt":"2022-01-22T15:34:56","slug":"isuzu-hierdie-bakkie-het-lus-vir-werk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/farming-technology-2\/isuzu-hierdie-bakkie-het-lus-vir-werk\/","title":{"rendered":"ISUZU: Hi\u00e9rdie bakkie het lus vir werk!"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Wat het die voormalige Springbok Rugby kaptein John Smit, die eerste proefbuis baba, die Walkman en die film Grease in gemeen? Hulle was almal aan die w\u00eareld bekendgestel in die dieselfde jaar as die eerste Isuzu bakkie wat plaaslik vervaardig was in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>1978 was \u2018n belangrike jaar vir een van die gunstelinge op Suid-Afrikaanse paaie \u2013 of hy nou skape aangery het in die Karoo, of rondgerits het tussen Gauteng se wolkekrabbers; die Isuzu bakkie is al vir vier dekades sinoniem met die Suid-Afrikaanse manier van lewe.<\/p>\n<p>Die eerste <a href=\"https:\/\/www.isuzu.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Isuzu<\/a> bakkie is 40 jaar gelede gebou by die Kempston-aanleg in Port Elizabeth. Vandag spog Isuzu met drie gewilde uitgebreide reekse. Hi\u00e9rdie bakkies bulder nog sterk voort om \u2018n vooraanstaande mededinger in die mark te wees. Hulle word streng beproef en getoets en is sodoende \u2018n ware legende vir die <a href=\"https:\/\/www.isuzu.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Isuzu Motors Suid-Afrika<\/a> maatskappy wat daar is om langtermyn verhoudinge te bou met \u2018n produk wat al deur-en-deur bewys is as \u2018n ware staatmaker.<\/p>\n<p><iframe title=\"The Isuzu Story | Isuzu Motors South Africa\" width=\"800\" height=\"450\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/d1fHFizAB5o?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>Die heel eerste bakkie was bekend gestel met \u2018n oorspronklike verkoopsprys vir \u2018n hele R3 485 vir \u2018n 1.6-liter petrol enjin en R4 295 vir die 2.0-liter diesel enjin bakkie.<\/p>\n<p>Sedert die eerste bekendstelling, het die Isuzu bakkie ekstensief ontwikkel na een van Suid-Afrika se gunstelinge. Oor die jare het die fabrieksaanleg baie verandering ondergaan waar 5 generasies Isuzu bakkies al geproduseer was. Die sesde generasie word nou by die ultra modern Stuandale aanleg gebou.<\/p>\n<p>In Oudtshoorn is daar \u2018n Isuzu KB 1997 model met 1,5 miljoen kilometer op die klok wat vandag nog daagliks hardloop. Die eienaar, Gerhard du Toit s\u00ea dat hy die voertuig klokslag elke 10 000 km diens en slegs egte Isuzu parte gebruik vir die onderhoud van die bakkie. In Mosselbaai is daar ook \u2018n Isuzu KB 250, 1999 model, diesel dubbelkajuit bakkie wat nog sterk loop nadat hy die 1 miljoen kilometer merkie behaal het. Die eienaar, David Manley, en sy vrou reis gereeld Namibi\u00eb toe met hul getroue bakkie.<\/p>\n<p>Isuzu is definitief hier om te bly. Dis \u2018n plaasbakkie deur en deur wat nie bang is vir werk nie. Hoe taaier die pad, hoe meer pas dit by sy karakter. Maar in dieselfde asem ry hy net so lekker egalig in die stad. Dis \u2018n bakkie wat jy kan geniet, bekostig en gebruik\u2026 vir ewig!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste Isuzu bakkie is 40 jaar gelede gebou by die Kempston-aanleg in Port Elizabeth. Vandag spog Isuzu met drie gewilde uitgebreide reekse.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4690,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[70],"tags":[183,182],"class_list":["post-4689","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-landboutegnologie","tag-bakkie","tag-isuzu"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4689","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4689"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4689\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4690"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4689"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4689"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4689"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}