{"id":4692,"date":"2018-09-25T15:33:09","date_gmt":"2018-09-25T13:33:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4692"},"modified":"2022-01-19T16:14:41","modified_gmt":"2022-01-19T14:14:41","slug":"boervrou-woeker-met-kwartels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/small-stock\/boervrou-woeker-met-kwartels\/","title":{"rendered":"Boervrou woeker met kwartels"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>ELIZE van Greunen (65), eienaar van die bekende padstal Die Kraaltjie net buite Joubertina, glimlag as sy oor haar geveerde boerdery praat.<\/p>\n<p>Oor die kwartels waarmee sy boer, vertel Elize dat dit 16 jaar gelede per toeval begin het. Eintlik wou sy en haar man, dr. Andr\u00e9 van Greunen, werfhoenders aanskaf.<\/p>\n<p>\u201cTydens \u2019n besoek aan die LNR op Irene het ons egter van Japanese koningkwartels te hore gekom. Iemand het iets genoem van \u2019n vrou wat die eiertjies inl\u00ea, en dit het dadelik my belangstelling geprikkel,\u201d vertel Elize terwyl sy ingedagte oor die pienk en wit geruite tafeldoek vee.<\/p>\n<p>Sy het met slegs 200 eiers begin \u2013 waarvan sommige binne weke uitgebroei het. Nie lank daarna nie het die kwartels begin eiers l\u00ea. Hoe nou gemaak? Sy weet niks van kwarteleiers inl\u00ea nie en die inligting oor kwarteleiers was daardie tyd skraps. Sy sou haar eie weg moes vind. Maar \u2019n boervrou maak \u2019n plan\u2026 al vat dit etlike maande.<\/p>\n<p>Dit het letterlik twee jaar se proefnemings in haar kombuis gekos om die regte resep te ontdek. En di\u00e9 bestanddele is \u2019n familiegeheim wat sy nie wil verklap nie. Al het hoe-veel mense al daarvoor gevra.<\/p>\n<p>\u201cDaar was tye wat ek wou moed opgee, maar my man het my aangemoedig om net nog een keer te probeer \u2026 en nog \u2019n keer\u2026 en nog \u2019n keer. Ek het baie goed verkeerd gedoen en baie eiers so verloor,\u201d s\u00ea sy. Hy was boonop haar proefkonyn\u00a0 of is dit nou proefkwartel? Ook maar \u2019n goeie ding hy is \u2019n dokter. Elize is allergies vir kwarteleiers en kan nie self haar brousels of wenresep uittoets nie.<\/p>\n<p>\u201cHy wou telkemale weghardloop wanneer dit \u2019n groot flop was, maar hy het nooit nie. Hy het altyd teruggekom om nog \u2019n flop te proe\u2026 tot die dag wat dit \u2019n groot sukses was.<\/p>\n<p>Sukses het egter nie oornag gekom nie. Dit het lank geduur om \u2019n mark vir haar nich\u00e9produk te vind en die verkope het in die begin stadig gegaan. \u201cNie almal is seker of die eiertjies ge\u00ebet kan word nie.\u201d<\/p>\n<p>Dit was tot een spesiale besoeker aan Die Kraaltjie oor haar pad gestuur is. Na die man, wat aan \u2019n groot kettingwinkel verbonde is, een oggend \u2019n kwarteleier vir ontbyt gehad het, het haar besigheid behoorlik vlerke gekry.<\/p>\n<p>Sy het in 2011 \u2019n volwaardige fabriek en twee geboue met \u2019n totaal van ses hokke op die plaas opgerig om in die groot aanvraag na kwarteleiers te voorsien.<\/p>\n<p>Elize spog tans met 6 000 kwartels wat elk gemiddeld een eier per dag l\u00ea. Die kwartels begin tussen ses en 8 weke eiers l\u00ea, en die eiers neem presies 15 dae en 16 ure om uit te broei, vertel Elize. Die onderneming is \u2019n merkbare teenwoordigheid in die nasionale mark en haar produk pronk in verskeie kettingwinkels in Suid-Afrika en Namibi\u00eb.<\/p>\n<p>Elize s\u00ea sy verskaf nagenoeg 1 200 bottels kwarteleiers per maand aan di\u00e9 kettingwinkels. Sy verkoop verder nagenoeg 300 bottels per maand onder haar handelsmerk &#8211; Die Kraaltjie. Daar is tussen 21 en 30 eiers in \u2019n bottel.<\/p>\n<p>Sy verskaf ook kwartelvleis op bestelling aan spesialisrestaurante. Haar seun, St\u00e9phen, help haar nou met die onderneming wat by die dag uitbrei.<\/p>\n<p>Elize vertel die onderneming is baie arbeidentensief. \u201cDie eiers, wat uiters kwesbaar is, word met die hand opgetel omdat die vo\u00ebltjies vry rondloop.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDan word dit na die fabriek geneem waar die eiers gekook, geskil en ingemaak word. Alles word met die hand gedoen.\u201d<\/p>\n<p>Die kuns met kwartelboerdery is om te sorg dat die vo\u00ebltjies nie aan uiterste temperatuurskommelinge blootgestel word nie. \u201cDie kuikens is uiters gevoelig vir koue en kan binne \u2019n paar minute verkluim en doodgaan. Genoeg kos, goeie higi\u00ebne en ventilasie in die hokke is ook belangrik.\u201d<\/p>\n<p>Die onderneming bied werk aan 10 mense wat kan toeneem namate die aanvraag na die lekkerny groei.<\/p>\n<p>Dink sy daaraan om eersdaags haar produk uit te voer? \u201cBeslis nie. Daar moet darem iets vir die nageslag oorbly om te doen.\u201d Gevra waaraan sy haar sukses toeskryf, kom die antwoord vinnig dat sy op God vertrou en hard werk. \u201cSonder die genade van Bo sou ek niks wees nie.\u201d<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/www.thinklocal.co.za\/biz\/kouga-express-jeffreys-bay\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Kouga Express<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kuns met kwartelboerdery is om te sorg dat die vo\u00ebltjies nie aan uiterste temperatuurskommelinge blootgestel word nie.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4693,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66],"tags":[184],"class_list":["post-4692","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kleinvee","tag-kwartels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4692","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4692"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4692\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4693"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4692"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4692"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4692"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}