{"id":4699,"date":"2021-12-25T20:10:51","date_gmt":"2021-12-25T18:10:51","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4699"},"modified":"2022-01-23T12:34:11","modified_gmt":"2022-01-23T10:34:11","slug":"aanlyn-studie-in-landbou-n-droom-of-realiteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/agribusiness\/aanlyn-studie-in-landbou-n-droom-of-realiteit\/","title":{"rendered":"Aanlyn Studie in Landbou, \u2019n droom of realiteit?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Die kweek van \u2019n nuwe generasie boere<\/p>\n<p>Vandag se landbou entrepreneurs benodig die vermo\u00eb om \u2019n komplekse en dinamiese werks-omgewing te kan bestuur. Hulle word blootgestel aan \u2019n reeks nuwe uitdagings. \u2019n Boerdery moet vandag kan voldoen aan die uiteenlopende uitdagings van ons planeet inaggenome die verwagtings van reguleerders, verbruikers, voedselverwerkers en kleinhandelaars, om nie eers te praat van die mikro organisasie rakende sy\/haar eie besigheid, plaasbestuur en organisasie nie.<\/p>\n<p>Moderne landbou en tegnologie bied wel \u2019n groot aantal oplossings, maar die uitkomste is nie altyd noodwendig dieselfde nie. Elke boerdery is uniek! Verskeie veranderlikes soos topografie, grondtipes, beskikbare tegnologie en potensi\u00eble opbrengste beinvloed die eindproduk.<\/p>\n<h2>Volhoubare boerdery:<\/h2>\n<p>\u2019n Gesamentelike aksie word benodig om die vinnig groeiende bevolking te voed. Bevolkingsgroei en klimaatsverandering is twee van die oorkoepelende redes om elke moontlike poging aan te wend om beide die kwaliteit en kwantiteit van plaasprodukte wat in Suid-Afrika geproduseer word, te verbeter.<\/p>\n<p>Tradisionele metodes is ongelukkig nie meer voldoende en volhoubaar nie. Die nuutste kennis en tegnologie t.o.v byvoorbeeld gewasproduksie, kan egter \u2019n uitstekende geleentheid bied om boere vertroud te maak met nuwe-en-opgedateerde boerdery konsepte.<\/p>\n<p>Moderne metodes vir die moderne boer:<\/p>\n<p>Die bevordering en implementering van moderne tegnologie is \u2019n effektiewe manier om veral die werkende jeug terug te lok na die landbou sektor met die gepaardgaande produktiwiteit en kwaliteit in die werksomgewing.<\/p>\n<p>Gewasproduktiwiteit soos vooraf behandelde sade en gewasbeskermings produkte, tot data analise, toepassings en pressisiebespuiting, verbeter met elke dekade, maar dit word van die nuwe geslag boere vereis om in soortgelyke tegnologie te bel\u00ea. Terwyl die mega boere dit dalk kan bekostig om heirin te bel\u00ea, het kleinboere nie altyd toegang tot \u2019n bekostigbare bron van krediet nie.<\/p>\n<h2>Boerdery benodig \u2019n holistiese benadering<\/h2>\n<p>Holistiese bestuur in landbou herstel die grond deur die natuurlike balans tussen mens, dier en natuur aan te moedig. Die holistiese bestuur van \u2019n landbou praktyk beskryf \u2019n sisteem en besluitnemings raamwerk wat sosiale, ekologiese en ekonomiese faktore in ag neem. Hierdie denkwyse is \u2019n vereiste vir die effektiewe langtermyn bestuur van hulpbronne. In realiteit gee dit ook die boer die insig wat benodig word om elke afdeling van hul besigheid te verstaan. Dit beteken hulle kan ook hul besluitnemings vermo\u00eb en gepaardgaande handeling aanpas om die behoeftes volledig te voorsien.<\/p>\n<h2>Toegang tot Moderne Produksie Kursusse:<\/h2>\n<p>Landbounavorsing en onderwys is en sal \u2019n voorvereiste bly vir die verhoging van landbouproduktiwiteit in \u2019n geglobaliseerde w\u00eareld ekonomie. Landbou het die vermo\u00eb om inkomste vir boere en die landelike arbeidsmag te genereer en bied ook die nodige raamwerk om die tekort aan opvoeding en opleiding in ons land aan te spreek.<\/p>\n<p>Die bywoning van aanlyn gewasproduksie kursusse met \u2019n praktiese element kan \u2019n manier bied om boere vertroud te maak met nuwer boerdery praktyke. Aanlyn onderrig bied die jong werkendes die geleentheid om hulle tyd ekonomies te kan bestuur.<\/p>\n<h2>Nadele verbonde aan voltydse studie:<\/h2>\n<p>Drie faktore maak dit dikwels onmoontlik vir \u2019n jong boer om die voorreg van voltydse studie te kan ervaar \u2013<\/p>\n<ul>\n<li>Finansies<\/li>\n<li>Tyd<\/li>\n<li>Afstand<\/li>\n<\/ul>\n<p>AGRICOLLEGES International het \u2019n innoverende oplossing ontwikkel wat Landbou Produksie kursusse vir almal beskikbaar stel.<\/p>\n<h2>Voordele van deeltydse\/aanlyn studie<\/h2>\n<p>Een van die grootste voordele van deeltydse studie is dat studente die geleentheid kry om hulle nuut verworwe kennis direk toe te pas op en in hulle alledaagse lewe en werksomgewing. Studente kan dus ook die verantwoordelikhede van \u2019n voltydse werk en aanlyn kursusse balanseer.<\/p>\n<p>Die enigste vereistes vir aanlyn studie is \u2019n internetverbinding en \u2019n geskikte digitale toestel soos \u2019n rekenaar, tablet of slimfoon. Selfs praktiese oefeninge kan in \u2019n tuin of op \u2019n plaas uitgevoer word en fotografiese en of video bewyse kan opgelaai word vir evaluering deur die kursus fasiliteerder.<\/p>\n<h2>Wat is my opsies?<\/h2>\n<p>Kortkursusse: Daar is \u2019n aansienlike aanvraag na kortkursusse in landbou en landbouverwante bedrywe. Gelukkig is daar instansies soos AGRICOLLEGES international wat hierdie aanvraag direk aanspreek.<\/p>\n<p>AGRICOLLEGES International het akkreditasie ontvang van die AgriSETA en word erken as onderwys en opleidingsverskaffer in Landbou. Die akkreditasie stel die kollege in staat om 1 jaar NQF4 Nasionale Sertifikate aan te bied in Algemene Landbou en Plantproduksie en ook verskeie relevante kortkursusse soos Aquaponika en Sitrus Produksie.<\/p>\n<p>Danksy \u2019n innoverende aanlyn leerplatform wat die hedendaagse onderrigomgewing noukeurig navolg, sal almal wat hierdie gewasproduksiekursusse nastreef in staat wees om met beide hul medeleerders en hul tutors te kommunikeer.<\/p>\n<h2>Finansiele uitleg:<\/h2>\n<p>AGRICOLLEGES International bied die kursusse aan teen \u2019n fraksie van dit wat deur tradisionele opvoedkundige instellings gehef word. Studente word ook die geleentheid gebied om die fooi in maklike paaiemente te betaal oor verskillende tydperke.<\/p>\n<p>Voornemende leerders kan ook aansoek doen deur:<\/p>\n<p>AGRICOLLEGES INTERNATIONAL se webtuiste<a href=\"https:\/\/agricolleges.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\"> www.agricolleges.com<\/a><\/p>\n<p>Kontakbesonderhede:<\/p>\n<p>Epos: <a href=\"mailto:admissions@agricolleges.com\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">admissions@agricolleges.com<\/a><\/p>\n<p>Telefoon: 063 940 0334<\/p>\n<p>Geskryf deur Agricolleges<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandag se landbou entrepreneurs benodig die vermo\u00eb om \u2019n komplekse en dinamiese werks-omgewing te kan bestuur.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4700,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[22,23],"tags":[186,163],"class_list":["post-4699","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-landboubesigheid","category-volhoubaarheid","tag-agricolleges","tag-landbou"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4699","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4699"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4699\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4700"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4699"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4699"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4699"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}