{"id":4712,"date":"2021-11-25T20:55:38","date_gmt":"2021-11-25T18:55:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4712"},"modified":"2022-01-22T17:34:18","modified_gmt":"2022-01-22T15:34:18","slug":"helpende-hand-bele-in-landbou-en-natuurbewaring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/agribusiness\/helpende-hand-bele-in-landbou-en-natuurbewaring\/","title":{"rendered":"Helpende Hand bel\u00ea in landbou en natuurbewaring"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><blockquote><p>Die lewe op die platteland raak al hoe taaier en die aanslag op boere feller, terwyl behoeftige studente wie se ouers aangeraak word deur plaasellendes soos aanvalle, droogtes, brande en siektes meer word.<\/p><\/blockquote>\n<p><a href=\"https:\/\/helpendehand.co.za\/studiefondssentrum\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Helpende Hand<\/a> gaan deesdae van krag tot krag en hulle <a href=\"https:\/\/helpendehand.co.za\/studiefondssentrum\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">studietrust<\/a> reik al hoe wyer, oor meer en meer studievelde heen.<\/p>\n<p>Hoewel daar reeds \u0149 geruime tyd vir landboustudente voorsiening gemaak word, het di\u00e9 hulporganisasie vanjaar besef daar is \u0149 eiesoortige nood op plase en die platteland vir die kinders wat ook in plattelandse beroepe soos landbou en natuurbewaring wil studeer.<\/p>\n<p>Landbou is gelyk aan voedselvoorsiening en meer belangrik, voedselsekerheid. Dit kan dus loshande as een van die belangrikste bedrywe gereken word. Soos die natuur al hoe meer verrassings vir ons uitdink, gaan hierdie bedryf meer kwesbaar word en in verskeie streke is die bewyse reeds daar dat dit kritieke afmetings toon.<\/p>\n<p>Beleggings in landbou en toekomstige landbouers word dus van kardinale belang.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika raak die lewe op die platteland al hoe taaier en \u201cons besef dat die aanslag op ons boere en natuurbewaarders groot is en dat die uitdagings nie klein is nie. Behoeftige studente wie se ouers aangeraak word deur rampe en plaasellendes soos aanvalle, droogtes, brande en siektes word meer en die kans om universiteit toe gestuur te word, al hoe skraler,\u201d s\u00ea Zander Botha, Helpende Hand se fondsbestuurder van hul <a href=\"https:\/\/helpendehand.co.za\/studiefondssentrum\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">studiefondssentrum<\/a>.<\/p>\n<p>\u201cOns het besluit dat ons hierdie helde wil help omdat ons hulle vir die toekoms benodig. Ons wil seker maak dat studiekostes nie nog \u2019n uitdaging vir hulle is nie. Daarom het ons besluit om \u2019n studiefonds te stig waar donateurs en die gemeenskap \u2019n bydrae kan maak, om sodoende behoeftige studente te befonds wat graag in \u2019n landbou of natuurbewaring rigting wil studeer\u201d<\/p>\n<p>Derhalwe is die, Hier sal ek boerveldtog van stapel gestuur, \u201cwant Helpende Hand Studietrust droom om behoeftige studente se studiedrome te bewaarheid. Ons glo opleiding is die pad na \u2019n beter en sterker toekoms,\u201d s\u00ea Botha.<\/p>\n<p>Die ander rede waarom Helpende Hand op landbou fokus is omdat die bedryf teen \u2019n geweldige tempo tegnologies ontwikkel en ekonomies groei. Dit is dus noodsaaklik om hierdie bedryf met genoegsame kennis en geleerdheid aan te pak.<\/p>\n<p>Om te bepaal of di\u00e9 studente wat vir die beurs aansoek doen, wel hulle studies ernstig gaan opneem, verduidelik Botha dat hulle \u0149 goeie siftingsproses in plek het. \u201dOns het \u2019n betroubare platform in plek waarop behoeftige studente aansoek kan doen, en hierdie studente word dan oorweeg volgens kriteria wat deur \u2019n studiefondskomitee gevolg word.<\/p>\n<p>\u201cMet \u0149 volgende kriteriastelsel maak ons seker dat die mees verdienstelike en behoeftige studente hierdie lening ontvang. Een belangrike faktor is dat hulle op skool, asook tydens hulle studies, akademies moet presteer.<\/p>\n<p>\u201cHierdie platform bied ook die geleentheid vir die gemeenskap om eenmalige, maandelikse of jaarlikse skenkings te maak. Dan bied ons ook \u0149 opsie vir die gemeenskap om \u2019n deel van hulle testament aan die studietrust te bemaak. Ons stuur ook verskeie projekte en veldtogte van stapel om fondse in te samel.\u201d<\/p>\n<p>Helpende Hand se naam loop hulle vooruit en Botha s\u00ea hulle is baie bevoorreg om \u2019n paar sterk en lojale donateurs te h\u00ea, maar die, Hier sal ek boerprojek benodig nuwe donateurs om die volhoubaarheid van hierdie studiefonds te verseker, om sodoende honderde studente oor die volgende paar jare uit hierdie fonds<br \/>\nte kan help.\u201d<\/p>\n<p>Botha s\u00ea studiekostes is nie goedkoop nie. Die koste van een student wat wil Landbou studeer beloop ongeveer R52\u00a0000 per jaar. Dit\u00a0is slegs vir klasgelde. Ons het in 2021 om en by R1,25\u00a0miljoen geallokeer aan studente wat in \u2019n Landbou rigting, Natuurbewaring of Veeartseny rigting studeer het en wil graag in 2022 hierdie bedrag verdubbel na\u00a0 ongeveer R2,5\u00a0miljoen om meer\u00a0behoeftige studente te help wat \u2019n passie vir hierdie bedryf het. Om dit moontlik te maak het ons \u2019n helpende hand\u00a0van die gemeenskap nodig.\u201d<\/p>\n<p><iframe title=\"Hier sal ek boer-veldtog |Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum | Studietrust\" width=\"800\" height=\"450\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/oHqqUuNCKLc?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>Vir meer inligting oor die veldtog kan hul webtuiste besoek word, of skakel Zander Botha by 083\u00a0254\u00a00142.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helpende Hand gaan deesdae van krag tot krag en hulle studietrust reik al hoe wyer, oor meer en meer studievelde heen.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4713,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[22,23],"tags":[191,192],"class_list":["post-4712","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-landboubesigheid","category-volhoubaarheid","tag-helpende-hand","tag-studiefonds"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4712","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4712"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4712\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4713"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4712"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4712"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4712"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}