{"id":4722,"date":"2021-06-25T13:56:36","date_gmt":"2021-06-25T11:56:36","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=4722"},"modified":"2022-01-21T15:25:11","modified_gmt":"2022-01-21T13:25:11","slug":"suid-afrika-se-2021-mielieoes-naby-halfpadmerk-n-vorderingsoorsig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/suid-afrika-se-2021-mielieoes-naby-halfpadmerk-n-vorderingsoorsig\/","title":{"rendered":"Suid-Afrika se 2021-mielieoes naby halfpadmerk \u2013 \u2019n Vorderingsoorsig"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><p>Suid-Afrika se somergraanstroop vorder goed in die 2021\/2022 bemarkingseisoen, met veral mielieoes wat teen \u2019n baie vinniger tempo as terselfdertyd verlede jaar voltooi is. Dit was volgens Luan van der Walt, <a href=\"https:\/\/www.grainsa.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Graan SA<\/a> (GSA) se ekonoom, wat dit toegeskryf het aan die feit dat produsente vroe\u00ebr as die vorige drie jaar aansienlik kon plant.<\/p>\n<p>Dit was te danke aan die goeie en tydige re\u00ebnval wat in die 2020\/2021 produksieseisoen ontvang is. Gedurende die vorige drie seisoene is produsente gedwing om so laat as einde Januarie te plant. Gedurende hierdie tydperk, baie van die somer graan produksie streke [ontvang die] eerste goeie re\u00ebn net in Desember, wat baie laat is. Normaalweg begin die optimale plantvenster in Oktober, en dit is wat hierdie seisoen gebeur het. Die graan het genoeg tyd gehad om volwassenheid te bereik en behoorlik af te droog,\u201d het hy aan <a href=\"https:\/\/www.farmersweekly.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Farmer\u2019s Weekly<\/a> ges\u00ea.<\/p>\n<p>Luidens \u2019n <a href=\"https:\/\/www.grainsa.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">Graan SA<\/a> verklaring was die oes van witmielies 41% voltooi op grond van die jaar-tot-datum aflewerings soos weerspie\u00ebl in die Oesskattingskomitee se vierde produksieskatting vir die seisoen. Gedurende die ooreenstemmende tydperk verlede jaar is slegs 14% van die oes voltooi.<\/p>\n<p>Die jaar-tot-datum geelmielie aflewerings was 53% voltooi, teenoor 23% in dieselfde tyd in die vorige seisoen. Die sojaboon en sonneblomsaadaflewerings vir die seisoen was onderskeidelik 94% en 66% voltooi. Mielieuitvoere vir die seisoen het ook teen \u2019n goeie tempo gevorder. Daar is verwag dat mielieuitvoer tot einde Julie 1,27 miljoen ton sou beloop. Gedurende die ooreenstemmende tydperk in die vorige vyf jaar het gemiddelde uitvoere ongeveer 950 000t beloop.<\/p>\n<p>Van der Walt het ges\u00ea 156 000t geelmielies is tot dusver na Vi\u00ebtnam, 103 400t na Spanje en 52 700t na Taiwan uitgevoer, waar dit as veevoer gebruik sou word. Daarbenewens is sowat 52\u00a0000t na Suider-Afrikaanse lande soos Botswana, Lesotho en eSwatini uitgevoer vir menslike gebruik.<\/p>\n<p>Vertaal deur Braam Koekemoer<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/www.farmersweekly.co.za\/agri-news\/south-africa\/south-africas-2021-maize-harvest-nears-halfway-mark\/\" target=\"_blank\" rel=\"nofollow noopener\">South Africa\u2019s 2021 maize harvest nears halfway mark (farmersweekly.co.za)<\/a><br \/>\n21 Junie 2021<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was te danke aan die goeie en tydige re\u00ebnval wat in die 2020\/2021 produksieseisoen ontvang is. <\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":4724,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21,22],"tags":[196,197,195],"class_list":["post-4722","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gewasse","category-landboubesigheid","tag-graan-sa","tag-oes","tag-produksieskatting"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4722"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4722\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4724"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}