{"id":5286,"date":"2020-06-25T09:18:04","date_gmt":"2020-06-25T07:18:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5286"},"modified":"2022-12-09T09:28:52","modified_gmt":"2022-12-09T07:28:52","slug":"hoe-begin-ek-boer-met-pekanneute-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/hoe-begin-ek-boer-met-pekanneute-2\/","title":{"rendered":"Hoe begin ek boer met Pekanneute?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Hoe begin ek boer met Pekanneute?<\/h1>\n<p>Indien u oorweeg om met pekanneute te begin boer is vooruitbeplanning gewel-dig belangrik. Daar is toenemende be-langstelling in pekanneutproduksie aan-gesien pekanneute minder kapitaal-intensief is as ander neutkultivars. Voorne-mende produsente moet hulle egter eers vergewis van die kritiese suksesfaktore voordat verbouing van pekanneute aan-gepak word.<\/p>\n<h2>Aspekte van belang met die vestiging van Pekanneute:<\/h2>\n<ul>\n<li>Klimaat<\/li>\n<li>Grondtipe<\/li>\n<li>Water<\/li>\n<li>Boordligging en Topografie<\/li>\n<li>Kultivarkeuse<\/li>\n<\/ul>\n<h2>Klimaat<\/h2>\n<p>Die pekanneutboom word beskou as \u2018n warmseisoen gewas, wat daarop neer-kom dat kort, koue winters en lang, warm tot baie warm somers met \u2018n relatiewe lae lugvogtigheid benodig word vir opti-male produksie en gehalte neute.<\/p>\n<p>Te ho\u00eb lugvog kan lei tot vertraagde bot. siektes en plae kom ook meer voor aangesien die ho\u00ebr lugvog \u2018n meer ideale klimaat hiervoor skep. Die gevolg is dat ho\u00ebr insette die verbouing van pe-kanneute nie winsgewend maak nie.<\/p>\n<h2>Grondtipe<\/h2>\n<p>Pekanneute kan in \u2018n verskeidenheid van grondtipes geproduseer word, maar studies toon die beste pro-duksie en wortelontwikkeling geskied in diep vrugba-re en goed gedreineerde grond met \u2018n diepte van 1 200 mm \u2013 1 500 mm en wat \u2018n goeie waterhouvermo\u00eb het.<\/p>\n<p>Pekanneutbome verkies leemgrond. Pekanneute kan in grond met \u2018n pH van tussen 5 en 8 verbou word maar die ideaal is \u2018n pH van 5,5 tot 6,5. Daar is verskeie effektiewe presisieboerderymetodes tot produsente se beskikking om die toestand, tipes en eienskappe van grond te bepaal. Een daarvan is om \u2018n monster van die grond waar u die boord beplan te neem en na \u2018n laboratorium te neem vir analise.<\/p>\n<h2>Water<\/h2>\n<p>Water is die grootste inset tot pekanneutverbouing. Suid-Afrika se re\u00ebnval is nie voldoende om aan die waterbehoeftes van pekanneute in hulle verskillende groeistadia te voldoen nie. Gewoonlik word bykomende besproeiing dan benodig om \u2018n goeie en \u2018n kwaliteitsopbrengs te verseker.<\/p>\n<p>Te veel water is baie nadelig, maar watertekorte ty-dens die kritieke tye bv. blom, neutvorming en neutvul kan tot swak gradering, lae oesopbrengste en swak oopmaak van neute lei. Oktober tot Maart is hier die belangrikste tydperk waartydens water optimaal be-stuur moet word.<\/p>\n<p>Waterkwaliteit is ook \u2018n essensi\u00eble oorweging voor \u2018n boord of besproeiingsblok gevestig word veral in areas waar boorgate gebruik word.<\/p>\n<p>Grondklassifikasie sal ook help met die bepaling van waterhouvermo\u00eb. Voornemende produsente word aangeraai om water twee keer per jaar te toets, winter en somer.<\/p>\n<h2>Boordligging en topografie<\/h2>\n<p>Laagliggende boorde het \u2018n verhoogde risiko vir koue-skade. Boorde op hange met \u2018n geleidelike val is ideaal om koue lug weg te lei.<\/p>\n<p>In ho\u00eb re\u00ebnval gebiede soos Natal kan laagliggende lande met beperkte lugvloei problematies wees. Swamsiektes soos skurfsiekte (pecan scab) by Pekan-neute kan onder hierdie omstandighede gedy.<\/p>\n<p>Oppervlakwater binne boorde moet vinnig kan drei-neer na swaar re\u00ebn of vloedbesproeiing. Staande wa-ter in \u2018n boord kan lei tot versuiptoestande wat pekan-neutboomwortels laat terug vrek en tot beperkte produksie lei.<\/p>\n<h2>Kultivarkeuse<\/h2>\n<p>Kultivarkeuse sal van streek tot streek verskil. Suid-Afrika word in twee streke ingedeel, Oos en Wes. Binne hier-die streke het <a href=\"https:\/\/www.sappa.za.org\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">SAPPA (Suid-Afrikaanse Pekan Produ-sente Assosiasie)<\/a> reeds navorsing gedoen om voorne-mende produsente te ondersteun met kultivars waar-van die bestuiwing en blom mekaar in die relevante streek komplimenteer.<\/p>\n<p>Die rigting van heersende winde gedurende stuifmeel-storting speel \u2018n deurslaggewende rol by effektiewe bestuiwing. Verskillende kultivars moet binne die boord s\u00f3 geposisioneer word om te verseker dat goeie be-stuifwing sal plaasvind.<\/p>\n<p>Pekanneute is voorwaar \u2018n alternatie-we gewas wat groot potensiaal onder besproeiing toon. Dit is egter baie be-langrik dat die voornemende produ-sent sy beplanning deeglik sal doen.<\/p>\n<p>Sleutelwoorde om te onthou is kwali-teit, volgehoue produksie van goeie gehalte en samewerking op die be-markingsgebied.<\/p>\n<h2>Organisasies<\/h2>\n<p><a href=\"https:\/\/www.sappa.za.org\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">SAPPA &#8211; Suid-Afrikaanse Pekanneut Produsente Assosiasie NPC<\/a> is \u2018n organi-sasie wat die produsente ondersteun en voornemende produsente van teg-niese advies voorsien.<\/p>\n<p>Besoek gerus hulle webtuiste by: www.sappa.za.org vir meer inligting of kontak Hardus du Toit, senior tegniese beampte by <a href=\"mailto:sappahardus@gmail.com\">sappahardus@gmail.com<\/a>.<\/p>\n<p>Bron: https:\/\/gemeenskap.kragdag.co.za\/hoe-begin-ek-met-pekanneute\/<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die pekanneutboom word beskou as \u2018n warmseisoen gewas, wat daarop neer-kom dat kort, koue winters en lang, warm tot baie warm somers met \u2018n relatiewe lae lugvogtigheid benodig word vir opti-male produksie en gehalte neute.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5287,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,21],"tags":[147],"class_list":["post-5286","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-gewasse","tag-pekanneute"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5286","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5286"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5286\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5287"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5286"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5286"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5286"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}