{"id":5289,"date":"2020-06-25T21:14:09","date_gmt":"2020-06-25T19:14:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5289"},"modified":"2022-12-09T21:15:01","modified_gmt":"2022-12-09T19:15:01","slug":"geniet-julle-boogjaag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/geniet-julle-boogjaag\/","title":{"rendered":"Geniet julle boogjaag?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Geniet Boogjag!<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Boogjag het oor die afgelope paar jaar geweldig ontwikkel in Suid-Afrika met die gevolg dat daar \u2019n hele paar booghandelaars en boogskietvereni-gings ontstaan het.<\/p>\n<p>Iemand wat dus belangstel om betrok-ke te raak, moet vanuit die staanspoor redelik baie inligting in aanmerking neem voordat daar sommer net \u2019n boog gekoop word en \u2019n jag beplan word. Dit is derhalwe baie maklik om jou sommer halsoorkop in die saak te begewe en die verkeerde toerusting aan te skaf. Ons beoog dus met hier-die kort skrywe om die beginner in die boogjagsport met genoeg inligting toe te rus sodat die regte stappe en be-sluite geneem kan word.<\/p>\n<h2>Boogjagetiek<\/h2>\n<p>Net soos met geweerjag is etiek \u2019n baie belangrike of selfs \u2019n nog belangriker aspek wat in ag geneem moet word en vanaf die staanspoor toegepas moet word. Dit is selfs meer kritiek asmet geweerjag omdat die fisieke vermo\u00eb van die boogjagter bepaal watter boogtoerusting gebruik kan word. Net soos met die keuse van kalibers vir sekere wildsoorte is die keuse van pylgewig en pylspoed die elemente wat bepaal wat die energie gaan wees waarmee die jagter sy prooi uiteindelik effektief sal moet dood.<\/p>\n<p>Waar geweerjagters met die regte geweerkeuse nog steeds \u2019n effektiewe koe\u00eblenergie kan toepas deur keuse van kaliber en koe\u00eblspoed, is dit nie so maklik wanneer daar beperkings is soos treklengte en trek-krag wat uitsluitlik deur die boogjagter se fisieke ver-mo\u00ebns bepaal word nie.<\/p>\n<p>Skootplasing met pyl en boog is ook baie meer rele-vant as met geweerjag as gevolg van die feit dat pyle swakker beenpenetrasievermo\u00eb het as koe\u00ebls en dat die pyl stadiger trek as klank (subsonies) wat maak dat \u2019n gespanne bok heelwaarskynlik \u2019n pyl gaan hoor aankom, gaan skrik wat dan \u2019n kwesskoot tot gevolg kan h\u00ea.<\/p>\n<p>Derhalwe behoort die effektiewe skietafstand waarmee enige boogjagter sy prooi aandurf verkieslik nooit meer as 30-meter te wees nie. Die doodmaak-vermo\u00eb van \u2019n boogjagter hang dus grootendeels af van die jagter se fisieke vermo\u00eb om die mees effektie-we boogjagtoerusting te kan aanwend. Die boogjag-ter kan dus nooit te veel oefen om te sorg dat hy of sy fiks en sterk genoeg is om die toerusting met selfver-troue aan te wend nie.<\/p>\n<h2>Keuse van toerusting<\/h2>\n<p>Ons besluit om \u2019n spesifieke geweer aan te skaf, het gewoonlik te doen met wat ons doel met die wapen is en uiteindelik ook wat ons finansi\u00eble vermo\u00ebns ons sal toelaat.<\/p>\n<p>Dit is presies dieselfde met boogjagtoerusting. Die keuse van boogtoerusting en -vervaardigers is vandag baie groot en dit maak die boogjagter se keuse baie moeilik. Nie net persoonlike voorkeure moet aandag geniet nie, maar ook tegniese aspekte in terme van die beplande aanwending. Die meeste boogjagters vandag gebruik saamgestelde bo\u00eb, maar daar is ook diegene wat hulle toespits op tradisionele boogtoe-rusting. Laasgenoemde is baie moeiliker om effektief aan te wend en moet liefs goed bestudeer en inge-oefen word voor enige jag daarmee aangedurf word.<\/p>\n<p>Wat wel baie belangrik is, is dat \u2019n boog vir geen twee persone presies dieselfde ingestel kan word nie en dus moet mense wat beoog om met dieselfde boog te jag liefs daarteen besluit. Weens ons menslike fisieke verskille is die akkuraatheid van enige boog verskillend wanneer dit gebruik word deur \u2019n persoon wat dit nie self ingestel het nie. Een jagter kan dus nie sommer gou \u2019n bok skiet met \u2019n ander man se boog nie.<\/p>\n<p>Die keuse van \u2019n boog vir \u2019n junior jagter is ook baie meer problematies omdat die jongspan sommer baie gou hulle junior toerusting ontgroei en dan sal Pa weer moet geld uithaal om op te gradeer. Hier sal \u2019n booghan-delaar wat sy sout werd is, goeie raad kan gee in terme van die keuse van \u2019n boog wat wel genoeg verstelbaar is om \u2019n geruime tyd aan die jong groeiende skut se vereistes te voldoen.<\/p>\n<p>Indien enige twyfel ontstaan in terme van die raad wat jy mag ontvang, kry altyd \u2019n tweede professsionele opinie. Waak teen die gebruik van junior boogtoerusting op jagtogte op groter wildsoorte weens die gebrek aan pyl-energie en dus die gebrek aan pene-trasievermo\u00eb. Daar is tabelle beskik-baar in die SAJWV-boogskietoefening op die webwerf wat \u2019n baie goeie riglyn daarstel in terme van pylenergie wat benodig word vir spesifieke wild-soorte.<\/p>\n<h2>Boogskietaktiwiteite in jou omgewing<\/h2>\n<p>Die<a href=\"http:\/\/sahunters.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\"> Suid-Afrikaanse Jagters- en Wild-be-waringsvereniging (SAJWV)<\/a> het landwyd takke en daar is waarskynlik lede in elke tak wat belangstel in boogjag en verwan-te aktiwiteite.<\/p>\n<p>Daar is landwyd verenigings wat hulle toespits daarop om boogskietaktiwiteite aan te bied en selfs hulle eie skietoefe-ninge ontwikkel het wat op kompetisie-vlak aangebied word.<\/p>\n<p>Bevoegdheidskursusse word ook aange-bied, waardeur die voornemende boog-jagter sy bevoegdheid kan de monstreer. Twee van die verenigings is die African Bowhunting Organisation (ABO) en Suid-Afrikaanse Boogjagters Organisasie (SABO).<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Boogjag het oor die afgelope paar jaar geweldig ontwikkel in Suid-Afrika met die gevolg dat daar \u2019n hele paar booghandelaars en boogskietvereni-gings ontstaan het.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,148],"tags":[],"class_list":["post-5289","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-artikels","category-jag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5289","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5289"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5289\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5289"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5289"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5289"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}