{"id":5296,"date":"2022-02-25T20:05:14","date_gmt":"2022-02-25T18:05:14","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5296"},"modified":"2022-12-09T20:17:20","modified_gmt":"2022-12-09T18:17:20","slug":"wat-jy-moet-weet-van-beesbrusellose","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/wat-jy-moet-weet-van-beesbrusellose\/","title":{"rendered":"Wat jy moet weet van beesbrusellose?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>\u2019n Dosyn dinge wat jy moet weet van beesbrusellose<\/h1>\n<p>Brusellose is nie \u2019n enkelvoudige siekte nie en kan die produktiwiteit van jou kudde stadigaan wegkalwe. Hier volg een dosyn belangrike dinge wat jy van die siekte moet weet:<\/p>\n<ul>\n<li>Dit is \u2019n gekontroleerde dieresiekte volgens die Dieresiektewet, 1984 (Wet Nr. 35 van 1984). Dit is \u2019n kroniese siekte waarvoor daar geen behandeling in beeste is nie.<\/li>\n<li>Dit is \u2019n kuddesiekte \u2013 as een dier besmet is, moet die hele kudde as potensie\u00ebl besmet beskou word.<\/li>\n<li>Dit is verpligtend deur die Wet om alle verse eenmalig tussen ouderdom 4-8 maande teen brusellose te ent, met S19 of met RB51 (Tabel 2 van die Dieresiekte Regulasies). Inenting help om die kudde teen siekte te beskerm, verminder die verspreiding en die aantal aborsies.<\/li>\n<li>S19 entstof mag slegs in verskalwers tussen die ouderdom van 4-8 maande gebruik word \u2013 indien dit op \u2019n latere ouderdom gebruik word, mag die dier aanhoudend positief toets in bloedtoetse wat verwarring van die ware siekte status veroorsaak. RB51 entstof mag in nie-dragtige koeie van enige ouderdom gebruik word, aangesien dit nie positiewe toetsresultate sal lewer nie. Bulle moet nie met S19 of RB51 inge\u00ebnt word nie aangesien hulle steriel mag raak.<\/li>\n<li>Besmette verse en koeie mag aborteer, hulle melkproduksie mag daal en hul aanwasproduksie mag daal weens verlengde tussenkalf periodes, nageboortes wat vassit en baarmoederinfeksies.<\/li>\n<li>Koeie en verse wat besmet is met brusellose lyk dikwels gesond, wat misleidend is! Indien hierdie diere in die kudde bly, hou hulle aan om die besmetting stilweg te versprei en dit veroorsaak ekonomiese- en produksieverliese.<\/li>\n<li>Die belangrikste metode van oordraging is wanneer besmette koeie normaalweg kalf of aborteer, aangesien hierdie prosesse miljoene bakterie\u00eb in die omgewing vrylaat, wat maklik ander diere kan besmet.<\/li>\n<li>Verse wat gebore is uit besmette koeie toets dikwels negatief voordat hulle kalf en toets eers positief na hul eerste kalwing. Nuutaangekoopte verse hou \u2019n ho\u00eb risiko in en behoort apart van die res van die kudde gehou te word totdat hulle gekalf het en getoets kan word vir brusellose<\/li>\n<li>Mense kan besmet word met brusellose deur ongepasteuriseerde melk te drink, \u2019n positiewe koei te slag en deur besmette kalwingsmateriaal en geaborteerde fetusse (kalwers) te hanteer. Algemene simptome by mense is grieperig met koors, hoofpyne en liggaamspyne. Indien geen behandeling ontvang word nie, kan dit \u2019n kroniese siekte word wat herhalend toeslaan. Vleis van besmette diere, wat by goedgekeurde abattoirs geslag word, is veilig vir menslike gebruik.<\/li>\n<li>Brucella bakterie\u00eb kan ook versprei deur afloopwater van besmette naburige plase. Roofdiere soos rondloperhonde, jakkalse en kraaie kan ook besmette geaborteerde fetusse en nageboortes na ander plase toe verplaas. Vlie\u00eb wat op besmette materiaal voed, mag die bakterie\u00eb meganies versprei wanneer hulle op die slymvliese van diere sit.<\/li>\n<li>Eienaars is verantwoordelik vir hul diere se gesondheid en mag onder die Wet van Dieresiektes, 1984 (Wet Nr. 35 van 1984) en die Verbruikers Beskermingswet, 2008 (Wet Nr. 68 van 2008) vervolg word indien hulle die verspreiding van brusellose besmetting propageer.<\/li>\n<li>Die enigste persoon wat jou kudde teen brusellose kan beskerm, is JY! Wanneer jy beeste inkoop, moet jy aandring op inentingrekords en onlangse kuddetoetse van die plaas van oorsprong. Die verkoper moet in staat wees om te bewys dat die diere inge\u00ebnt en die kudde van oorsprong negatief getoets het vir brusellose. Verder behoort die verkoper ook bewys te kan lewer van gereelde negatiewe kuddetoetse. Dit is altyd aan te beveel dat enige diere wat in die kudde ingebring word, eers ge\u0457soleer word vir biosekuriteitsredes \u2013 om te toets vir verskeie siektes, om inentings toe te dien en om te behandel teen interne en eksterne parasiete.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Vir verdere inligting skakel asseblief jou naaste staats- of privaatveearts.<\/p>\n<p>Saamgestel deur die Brusellose bestuurskomitee van die <a href=\"https:\/\/nahf.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Nasionale Dieregesondheidsforum<\/a> Vaccinate, Educate, Test, Slaughter (VETS)<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/rpo.co.za\/n-dosyn-dinge-wat-jy-moet-weet-van-beesbrusellose\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">https:\/\/rpo.co.za\/n-dosyn-dinge-wat-jy-moet-weet-van-beesbrusellose\/<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Brusellose is nie \u2019n enkelvoudige siekte nie en kan die produktiwiteit van jou kudde stadigaan wegkalwe.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5297,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,74],"tags":[207,208],"class_list":["post-5296","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-pes-en-siekte","tag-beesbrusellose","tag-nahf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5296","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5296"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5296\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5297"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5296"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5296"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5296"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}