{"id":5308,"date":"2022-05-25T20:40:45","date_gmt":"2022-05-25T18:40:45","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5308"},"modified":"2022-12-09T20:47:48","modified_gmt":"2022-12-09T18:47:48","slug":"wat-is-bakteriese-blaarstreep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/wat-is-bakteriese-blaarstreep\/","title":{"rendered":"Wat is bakteriese blaarstreep?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Bakteriese blaarstreep<\/h1>\n<p>Bakteriese blaarstreep van mielies word veroorsaak deur die bakteriese patogeen Xanthomonas vasicola pv vasculorum (sin. X. campestris pv zeae).<\/p>\n<p>In Suid-Afrika is dit vir die eerste keer in 1948 op mielies aangemeld (Dryer, 1949). Dit het min skade aangerig en is as ekonomies onbelangrik geag. Dit is weer in die middel-1980\u2019s in KwaZulu-Natal en in die voormalige Transvaal (hedendaagse provinsies van Noord-Wes, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo) aangemeld. Vandag word die siekte grotendeels in die warmer, westelike dele van die land gevind, veral in gebiede waar mielies onder besproeiing groei. Dit was endemies tot Suid-Afrika tot en met die jaar 2014 toe dit in Nebraska in die VSA aangemeld is. Hierna is dit in Argentini\u00eb in 2017 aangemeld en in Brasili\u00eb die daaropvolgende jaar.<\/p>\n<p>Die lewenssiklus van die siekte is eers \u2019n paar maande gelede deur Ortiz-Castro et al., 2020 beskryf. Dit is noodsaaklik om die ekologie van die siekte te verstaan sodat daar ge\u00efntegreerde bestuursoplossings ontwikkel kan word. Hartman et al., 2020 het beide land- en kweekhuisproewe gedoen en gevind dat die prim\u00eare infeksie van die patogeen heel waarskynlik deur die stomata plaasvind en dat \u2019n wond nie nodig is om die plant binne te dring nie. Ortiz-Castro 2019 het bewys dat die hoeveelheid patogeen-DNA in die oesreste wat oor \u2019n periode van ses maande ingewin is, baie ho\u00ebr was as di\u00e9 wat 10 cm onder die grond begrawe is. Dit bewys dat die prim\u00eare inokulum van die ge\u00efnfekteerde plante se oorskot afkomstig is. Sodra saad in die ge\u00efnfekteerde oesreste geplant word en opkom, kan die patogeen na die saailinge oorgedra word deur re\u00ebn- of besproeiingswater. Dit dring dan die plantweefsel binne deur die stomata (en moontlik die wonde) en ontwikkel daarna tot die strepe wat hierdie siekte kenmerk.<\/p>\n<p>Strepe is al op blare so vroeg as die V4-groeistadium in landproewe en die VE-groeistadium in kweekhuisproewe waargeneem. Die simptome verskyn eers op die onderste blare en versprei daarna na die boonste blare, veral na besproeiing of wanneer re\u00ebnval en wind gekombineer word. Die patogeen hou aan versprei as die omgewingsfaktore gunstig is. Tydens oestyd, bly die oesreste van die ge\u00efnfekteerde blare agter in die grond en sal dit die prim\u00eare inokulum vir die volgende seisoen word.<\/p>\n<p>Voorgestelde siklus van Bakteriese blaarstreep. (Bron: https:\/\/apsjournals.apsnet.org\/doi\/10.1094\/PHYTO-01-20-0018-PER)<\/p>\n<p>Die aanvanklike simptome van die siekte sluit in klein, ronde kolle (2 \u2013 3 mm) wat ontwikkel in lang, dun letsels wat omring word deur \u2019n gelerige sirkel, wat tussen die blaarare vasgevang is. Hulle ontwikkel in \u2019n roomkleurige, geel, bruin of oranje kleur. Die letsels bind uiteindelik saam (onder gunstige omstandighede) wat groter dele van die blaar affekteer.<\/p>\n<p>Simptome van Bakteriese blaarstreep van mielies: A, vroe\u00eb streep-letselontwikkeling, B, klein kol-letselsontwikkeling, C en D, simptoom-ontwikkeling by die basis van die plant wat opwaarts beweeg en lei tot E, F en G, samesmelting van ernstige letsels op die boonste blare, en H, Bakteriese druppeltekens van Xanthomonas vasicola pv. Vasculorum van vroe\u00eb letselsontwikkeling. (Bron: https:\/\/doi.org\/10.1094\/PHYTO-01-20-0018-PER)<\/p>\n<p>Simptome van Bakteriese blaarstreep kan verwar word met di\u00e9 van grysblaarvlek (GBV) (Cercospora zeae-maydis). Die verskille is eenvoudig: Letsels wat veroorsaak word deur GBV is baie meer reghoekig en skerp, terwyl di\u00e9 wat deur Bakteriese blaarstreep veroorsaak word, dikwels effens gekartel en golwend vertoon as \u2019n mens dit van nader beskou. Onder ho\u00eb humiditeit skei die bakterie\u00eb soms geel, taai druppels af, waar GBV donker fungale strukture kan h\u00ea wat op die oppervlak verskyn.<\/p>\n<p>Waarnemings tot op hede dui daarop dat ernstige infeksies van hierdie siekte \u2019n impak op opbrengs kan h\u00ea, maar die grootte van die impak moet nog bepaal word. Opbrengsverliese is minimaal indien ernstige simptome nie teenwoordig is voor of gedurende graanvul nie. Hierdie siekte kan ook tot groter opbrengsverliese lei indien dit saam met ander blaarsiektes soos Grysblaarvlek (Cercospora zeae-maydis) of Noordelike mielieblaarskroei (Exserohilum turcicum) voorkom. Swamdoders is nie effektief teen hierdie siekte nie aangesien die patogeen \u2019n bakterie is. Huidige (meeste) koper-basis bakteriedoders is kontakprodukte en word maklik weggespoel deur re\u00ebnval of besproeiingswater. Dit beteken dat vele toedienings benodig sal word om dit effektief te beheer.<\/p>\n<p>Op hierdie stadium bestaan die beste bestuursmetodes uit agronomiese praktyke. Inokulumdruk moet geteiken word deur bewerkingsmetodes, wisselbou, en effektiewe onkruidbeheer. Die verspreiding van oesreste van een land na \u2019n ander moet ook beperk word. Tot op hede is daar geen kommersi\u00eble mieliebasters wat weerstand bied teen hierdie siekte nie, maar daar is wel verskille tussen basters.<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/www.cropscience.bayer.africa\/za\/af-za\/resources\/articles\/bakteriese-blaarstreep.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">https:\/\/www.cropscience.bayer.africa\/za\/af-za\/resources\/articles\/bakteriese-blaarstreep.html<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die aanvanklike simptome van die siekte sluit in klein, ronde kolle (2 \u2013 3 mm) wat ontwikkel in lang, dun letsels wat omring word deur \u2019n gelerige sirkel, wat tussen die blaarare vasgevang is.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5309,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,21,74],"tags":[212],"class_list":["post-5308","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-gewasse","category-pes-en-siekte","tag-bayer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5308","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5308"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5308\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5309"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5308"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5308"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5308"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}