{"id":5311,"date":"2022-05-25T20:47:53","date_gmt":"2022-05-25T18:47:53","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5311"},"modified":"2022-12-22T06:18:45","modified_gmt":"2022-12-22T04:18:45","slug":"kom-listeriose-in-diere-voor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/kom-listeriose-in-diere-voor\/","title":{"rendered":"Kom listeriose in diere voor?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Listeriose in diere<\/h1>\n<p><strong>Vraag:<\/strong> Daar het \u2019n berig oor die nuus gekom dat sterfgevalle a.g.v. listeriose in mense in Suid-Afrika voorgekom het. Kom die siekte ook in diere voor?<\/p>\n<p><strong>Antwoord: <\/strong>Listeriose word veroorsaak deur \u2019n bakterium (kiem), Listeria monocytogenes. Drie sindrome kom voor nl. breinvlies- en breinontsteking (meningo-ensefalitis),aborsies of stilgeboortes en bloedvergiftiging (septisemie). Mastitis en oog- en oogslymvliesontsteking is ook al gesien.<\/p>\n<p>Die ontsteking van die brein en breinvliese word die meeste in herkouers gesien terwyl die bloedvergiftigingsindroom meer dikwels in enkelmaagdiere en jong herkouers voor kom.<\/p>\n<p>Dr. Marijke Henton, bekende bakterioloog, s\u00ea dat sy die kiem so eenmaal elke 5 jaar in haar laboratorium isoleer uit monsters wat sy ontvang.<\/p>\n<p>Gevalle wat al voorgekom het, is vrektes in beeste en skape wat swak gehalte weggooi ertappels gevreet het. Die geval het in die koue Ho\u00ebveld van Mpumalanga in die winter voorgekom aangesien die kiem daarvan hou om in lae temperature te vermeerder. Nou onlangs is die kiem ook ge\u0457soleer uit \u2019n breinmonster van \u2019n skaap wat uit KZN gestuur is. Die kiem is ook een keer uit \u2019n mastitismonster van \u2019n melkkoei ge\u0457soleer asook enkele aborsies.<\/p>\n<p>Listeriose kom dwarsdeur die w\u00eareld voor, maar word meestal gevind in areas waar die temperatuur gematig en koud is bv. Nieu-Seeland, gedeeltes van Australi\u00eb, Noord-Amerika, Europa en Groot Brittanje. Kliniese siekte kom veral voor gedurende die laat winter en lente.<\/p>\n<h1>Voorkoms van die kiem<\/h1>\n<p>Die kiem L. monocytogenes, kom wydverspreid in die natuur voor en is al ge\u0457soleer uit \u2019n wye verskeidenheid gesonde en siek diere en vo\u00ebls asook uit grond, water, riool, modder en kuilvoer. Die kiem kan ook voorkom op groente en vrugte. \u2019n Groot persentasie van gesonde skape en bokke is subkliniese draers van L. monocytogenes en skei die kiem in hulle mis en melk uit as hulle gestres word. Melk van diere moet gepasteuriseer word want hierdie kieme oorleef bevriesing en is \u2019n gevaar vir die mens. Vleis is uiters selde \u2019n bron van besmetting vir die mens. Listeria word deur die gaarmaak van vleis vernietig. Goeie higi\u00ebnepraktyke, soos om rou vleis te skei van ander kosse wat rou ge\u00ebet gaan word, is natuurlik belangrik.<\/p>\n<p>Listeriose word dikwels geassosieer met die voeding van swak gehalte kuilvoer met suurgehalte (pH) bokant 5,5. Dit is veral die bo- en sykante van die kuilvoersloot wat besmet is.<\/p>\n<p>Verlaagde weerstand van diere veroorsaak deur omgewingstoestande mag ook \u2019n rol speel in die voorkoms van listeriose. Nog \u2019n rede mag die wisselling van tande in jong skape in die vroe\u00eb lente wees waar die kieme met die tandsenuwee na die brein versprei.<\/p>\n<h1>Kliniese tekens<\/h1>\n<p>Die breinvlies en breinontsteking vorms van die siekte kom meestal voor in herkouers. Die verloop van die siekte is gewoonlik 2 tot 3 dae in bokke, skape en kalwers en in volwasse beeste een tot 2 weke.<\/p>\n<p>Aangetaste diere se koors styg eers waarna dit na normaal en onder normaal val. Diere is depressief, loop in sirkels en het inko\u00f6rdinasie, hou die kop skuins, unilaterale verlamming van die gesigsenuwee wat vertoon as verslapping van die lippe, ore en ooglede kom voor. Die spiere van die kake en farinks verlam sodat diere nie behoorlik kan kou en sluk nie. Kos en slym hang by die bek uit. Uiteindelik tree algehele verlamming in en die dier vrek. Wat ook al gesien is, is fietsrybewegings van die voorpote (kan met hartwater verwar word), moeilike asemhaling, verlamming van een been en oogslymvlies- en oogontsteking.<\/p>\n<p>Sporadiese aborsies is meer algemeen in beeste. Waar aborsies gedurende laat dragtigheid voorkom in koeie en ooie, sit die nageboorte gewoonlik vas.<\/p>\n<p>Septisemiese listeriose is die mees algemene vorm wat gevind word in fetusse en pasgebore herkouers en soms in enkelmaagdiere.<\/p>\n<h1>Diagnose<\/h1>\n<p>\u2019n Voorlopige diagnose kan gemaak word op kliniese tekens en op histopatologiese ondersoeke van weefsels.<\/p>\n<p>Bevestiging van die diagnose vind plaas as die kiem, L. monocytogenes,, uit geaffekteerde weefsel ge\u0457soleer word.<\/p>\n<h2>Differensiale diagnose<\/h2>\n<p>Listeriose kan verwar word met ander siektes en kondisies soos bv. breinabsesse, sist op die brein (Coeneurus cerebralis), loodvergiftiging, hartwater, CCN (vitamien B1, tiamien tekort), hondsdolheid, ander bakteriese infeksies wat die brein aantas bv. Histophilus somni.<\/p>\n<h2>Beheer<\/h2>\n<p>Die kiem, L. monocytogenes, is vatbaar vir \u2019n wye reeks antibiotika. Die prognose is baie swak as senuweesimptome eers ingetre\u00eb het. Bykomende ondersteunende behandeling moet deur jou veearts verskaf word totdat die dier self kan drink en vreet. Onthou om sagte beddegoed aan diere te verskaf om druksere te voorkom.<\/p>\n<p>Bron: Coetzer, J.A.W. and Tustin, R.C. 2004. Infectious Diseases of Livestock, <a href=\"https:\/\/www.oxford.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Oxford University Press<\/a>.<\/p>\n<p>Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (<a href=\"mailto:dokfaffa@nashuaisp.co.za\">dokfaffa@nashuaisp.co.za<\/a>) en dr. Marijke Henton, Bakterioloog, Vetdiagnostix (<a href=\"mailto:henton@vetdx.co.za\">henton@vetdx.co.za<\/a>)<\/p>\n<p>Bron:<a href=\"https:\/\/rpo.co.za\/listeriose-in-diere\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\"> https:\/\/rpo.co.za\/listeriose-in-diere\/<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ontsteking van die brein en breinvliese word die meeste in herkouers gesien terwyl die bloedvergiftigingsindroom meer dikwels in enkelmaagdiere en jong herkouers voor kom.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5312,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,68,74],"tags":[213],"class_list":["post-5311","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-grootvee","category-pes-en-siekte","tag-listeriose"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5311","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5311"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5311\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5312"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5311"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5311"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5311"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}