{"id":5322,"date":"2022-08-25T16:31:27","date_gmt":"2022-08-25T14:31:27","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5322"},"modified":"2022-12-15T16:47:51","modified_gmt":"2022-12-15T14:47:51","slug":"hoekom-staar-vroue-in-landbou-steeds-verouderde-persepsies-in-die-gesig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/sustainability\/hoekom-staar-vroue-in-landbou-steeds-verouderde-persepsies-in-die-gesig\/","title":{"rendered":"Hoekom staar vroue in landbou steeds verouderde persepsies in die gesig?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Vroue in landbou staar steeds verouderde persepsies in die gesig<\/h1>\n<p>deur Agricolleges International<\/p>\n<p>Die bevordering van geslagsgelykheid is veral belangrik in die landbou sektor. Vroue is prim\u00eare rolspelers in voedselproduksie, voedselsekerheid, grondbestuur en klimaatsaanpassing. Een uit elke drie werkende vroue werk in die landbousektor en byna die helfte van die w\u00eareld se boerebevolking bestaan uit vroue. Tog staar vroue vandag steeds baie hindernisse in die gesig, insluitend die feit dat hulle minder as 10 persent van die grond besit, wat \u2019n negatiewe impak op hul toegang tot finansi\u00eble strome, insette, markte of tegnologie het.<\/p>\n<p>Die groter rol van vroue in familie boerdery<\/p>\n<p>Familie boerdery speel \u2019n baie belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar daar word nog min erkenning aan die rol en belangrikheid van eggenotes in familie boerdery gegee en nog minder aan hulle reg tot eienaarskap en landboubestuur.<\/p>\n<p>Daar word steeds onder baie boere as vanselfsprekend aanvaar dat die prim\u00eare rol van die vrou is om na haar kinders en ander huishoudelike pligte om te sien. Hulle is o\u00ebnskynlik ook van mening dat daar nie tyd is vir die vrou om mede-eienaar van die boerdery te wees nie, wat staan nog haar eie besigheid op die plaas te bedryf of om \u2019n besigheid elders, weg van die plaas af te begin.<\/p>\n<p>Ons sien egter meer en meer dat sosiale, ekonomiese en ander omstandighede vroue dwing om weg te beweeg van hierdie beperkende rolle en om beheer te neem oor hulle eie lewens. Vandag beklee vroue verskeie posisies wat tradisioneel, en byna by uitstek, die man se posisie was, soos byvoorbeeld om \u2019n boerdery te bestuur, te begin of te besit.<\/p>\n<p>Die vrou se rol in familie boerdery raak toenemend belangrik en krities tot die voortbestaan van die familie in die geheel. Vroue wat in die familie onderneming werksaam is, is in alle waarskynlikheid ewe kundige, doelgerigte mede-eienaars, wie se insette en betrokkenheid eerder aangemoedig moet word, as om net tot \u201ckoeitjies-en kalfies\u201d gereduseer te word.<\/p>\n<p>Nuwe insigte stel insluiting eerder as uitsluiting van vroulike eggenotes in familie eienaarskap ooreenkomste voor. Daarmee s\u00ea ons nie dat geslagsvraagstukke heeltemal verdwyn het nie, maar in meer en meer families sien ons dat geslag al minder \u2019n vraagstuk is wanneer dit by leierskap, eienaarskap en deelname kom.<\/p>\n<h2>Vroue inspireer ons<\/h2>\n<p>As Suid-Afrika \u2019n florerende landbousektor wil kweek, moet ons in vroue bel\u00ea en hulle motiveer om landbou studies te volg.<\/p>\n<p>Dohne marino boer uit die Sutherland omgewing in die Noord-Kaap, Nelly van der Walt s\u00ea \u201cVrouens kan ook \u2019n sukses van \u2019n boerdery maak soos enige man. Ek voel miskien omdat \u2019n vrou meer emosioneel en koesterende eienskappe dra, kan sy ook \u2019n sukses maak. As jy passievol is oor wat jy doen, hard werk en jou uitdagings net tromp-op aanpak, dan behoort jy \u2019n massiewe bydrae te kan maak tot die voedselsekerheid in ons land.\u201d<\/p>\n<p>Darryl Jacobs, die provinsiale adjunk-direkteur van landbou, ontwikkeling en ondersteuning, verneem dat vroulike entrepreneurs \u0149 goeie voorbeeld stel van hoe die land kan groei en transformeer. \u201cSonder vroue, kan ons nie die land verder ontwikkel nie.\u201d<\/p>\n<h2>Transformasie van die landbou terrein<\/h2>\n<p>Me. Magda du Toit, kommunikasie bestuurder by Bayer gesels oor hoe die rol van vroue in landbou oor die jare verander het.<\/p>\n<p>\u201cOns sien veral die afgelope 10 jaar dat vroue meer na vore tree in die landbou sektor, en dit gaan gepaard met die tegnologiese ontwikkeling en modernisering. Landbou besighede het nie meer noodwendig net iemand nodig wat fisies hard kan werk nie, maar iemand met die regte vaardighede en vernuf.\u201d<\/p>\n<p>\u201cVroue neem al hoe meer leierskap posisies op in die landbou terrein en ekonomie. Ons sien dat rolle in bemarking, verkope en datahantering vervul word deur vrouens omdat hulle die vermo\u00eb het om \u0149 vernuwe perspektief aan te neem en nuwe idees na vore te kan bring.\u201d<\/p>\n<h2>Digitale oplossings bring geleenthede<\/h2>\n<p>Onderrig en opleiding is baie belangrik vir landbou produktiwiteit aangesien dit vroue landbouers blootstel aan kennis, vaardighede en opleiding wat hulle in hul boerdery praktyke kan toepas. Daar is \u2019n sterk verband tussen onderrig, opleiding en landbou en in vandag se tyd is dit lewensbelangrik om boere in te lig oor die meganisasie en transformasie van landbou en dit kan slegs deur opleiding en onderrig gedoen word.<\/p>\n<p>Wendy Peterson, die bedryfsbestuurder van die Suid-Afrikaanse Wynbedryf-transformasie-eenheid, meen dat een van die hoof uitdagings wat vroue in die landboubedryf in die gesig staar is \u0149 gebrek aan basiese vaardigheids ontwikkeling- en leer geleenthede.<\/p>\n<p>Hierdie hardwerkende vroue produseer meer as die helfte van die w\u00eareld se voedsel, ten spyte daarvan dat hulle minder as die helfte van die arbeidsmag vol staan. Hoe kan ons hierdie statistiek verander en verseker dat vroulike landbouers regverdige werksgeleenthede en vergoeding kry?<\/p>\n<p>AGRICOLLEGES international glo sterk dat vroue\u00a0die weg sal lei na \u2019n toekoms waar uiterste\u00a0honger en armoede nie meer gaan bestaan nie. \u201cOns hoop is dat meisies en jong vroue in \u2019n nuwe w\u00eareld van innovasie toegang kan kry tot die nodige hulpbronne om vir hulle \u0149 vegterskans te gee in die sektor\u201d meen Wynand Espach Hoof uitvoerende beampte van Agricolleges.<\/p>\n<p>Espach s\u00ea \u201cDigitale oplossings in landbou kan hierdie gapings oorbrug deur die nodige onderrig en werksgeleenthede aan vroue te bied.\u201d<\/p>\n<p>Die AGRICOLLEGES international leer model<\/p>\n<p>Die diversiteit en voortdurende veranderlikes in die landbou sektor, vereis n futuristiese en aanpasbare onderrig modem.<\/p>\n<p>AGRICOLLEGES International is \u0149 moderne landbou leerinstansie wat w\u00eareldklas tegnologie\u00a0aanwend om aan duisende hoopvolle\u00a0studente leergeleenthede te bied deur\u00a0middel van bekostigbare en toeganklike onderrig in die landbou sektor. Dit is duidelik dat daar \u0149 groot nood is vir bekostigbare kwaliteit onderrig in landbou deur innoverende en tegnologies gevorderde platvorms. AGRICOLLEGES is n kardinale rolspeler wat aan\u00a0die behoefte kan voldoen en werklik die behoefte van vroulike landbouers tot \u2019n beter toekoms kan aanspreek.<\/p>\n<p>Vir meer inligting oor AGRICOLLEGES se kursus aanbieding, besoek gerus ons webtuiste by: <a href=\"https:\/\/agricolleges.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">https:\/\/agricolleges.com\/<\/a> of kontak:<br \/>\n<a href=\"tel:063 940 0334\">(0)63 940 0334<\/a> \/ <a href=\"mailto:info@agricolleges.com\">info@agricolleges.com<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tog staar vroue vandag steeds baie hindernisse in die gesig, insluitend die feit dat hulle minder as 10 persent van die grond besit, wat \u2019n negatiewe impak op hul toegang tot finansi\u00eble strome, insette, markte of tegnologie het.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5323,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,23],"tags":[186],"class_list":["post-5322","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-volhoubaarheid","tag-agricolleges"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5322","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5322"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5322\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5323"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5322"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5322"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5322"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}