{"id":5331,"date":"2022-08-25T17:00:58","date_gmt":"2022-08-25T15:00:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5331"},"modified":"2022-12-22T06:19:26","modified_gmt":"2022-12-22T04:19:26","slug":"is-die-byvoeging-van-ureum-tot-groen-seisoen-lekke-vir-beeste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/is-die-byvoeging-van-ureum-tot-groen-seisoen-lekke-vir-beeste\/","title":{"rendered":"Is die byvoeging van ureum tot groen seisoen lekke vir beeste?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Byvoeging van ureum tot groen seisoen lekke vir beeste<\/h1>\n<h2>Agtergrond<\/h2>\n<p>Soos wat veeproduksie al hoe meer intensifiseer en vereiste vlakke vir produksie toeneem, raak die behoeftes vir alle voedingstowwe deur die dier ooreenstemmend ook al hoe ho\u00ebr. Die vraag ontstaan dus of natuurlike weiding in die groen seisoen steeds aan die proteien en energie behoeftes van ho\u00eb produserende diere kan voldoen en diere optimaal sal produseer met slegs \u2019n minerale aanvulling. Die doel van hierdie artikel is om spesifiek ondersoek in te stel na die voorsiening van aanvullende proteiene vir diere op natuurlike groen weiding. Die prote\u00efeninhoud van natuurlike weiding gedurende die groen seisoen word aangedui in Tabel 1.<\/p>\n<p>Tabel 1: Die prote\u00efeninhoud (%) van natuurlike weiding gedurende die groen seisoen (uitgedruk op \u2019n 100% dro\u00eb materiaal basis).<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"163\">Veldtipe<\/td>\n<td width=\"64\">Lente<\/td>\n<td width=\"64\">Somer<\/td>\n<td width=\"64\">Herfs<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"163\">Gemeng \/ suur (beperkte weiding)<\/td>\n<td width=\"64\">8,5<\/td>\n<td width=\"64\">7,0<\/td>\n<td width=\"64\">4,0<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"163\">Gemeng \/ suur (oormaat weiding)<\/td>\n<td width=\"64\">8,9<\/td>\n<td width=\"64\">7,8<\/td>\n<td width=\"64\">6,7<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"163\">Soetveld<\/td>\n<td width=\"64\">10,1<\/td>\n<td width=\"64\">6,9<\/td>\n<td width=\"64\">6,2<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Voergraad Ureum<\/h2>\n<p>\u2019n Lakterende vleisbees koei benodig sowat 7,8% prote\u00efen in haar dieet om aan haar behoeftes te voldoen. Meeste diere lakteer wel tydens die groen seisoen, omrede natuurlike weiding dan die beste voedingswaarde het. Dit is belangrik om in ag te neem dat alle herkouers die vermo\u00eb het om selektief te wei, dus selekteer hulle ook \u2019n fraksie van die weiding wat ho\u00ebr is in beide prote\u00efen en energie as wat die totale weiding bevat, maar hierdie vermo\u00eb neem af wanneer die prote\u00efen en energie inhoud van die weiding laer is, of wanneer ho\u00eb druk beweiding toegepas word. Vanuit bogenoemde kan afgelei word dat veld veral in die laat groen seisoen heel waarskynlik te min prote\u00efene bevat om aan hoog produserende diere se behoeftes te voldoen. Afhangend van die tipe veld, kan dit so vroeg as Februarie (baie suur) tot so laat as April (baie soet) wees wat hierdie situasie ontstaan. Diere in \u2019n ho\u00eb druk beweiding stelsel of diere wat op beperkende hoeveelheid weiding wei, mag selfs dwarsdeur die groen seisoen addisionele prote\u00efene benodig.<\/p>\n<p>Aangesien herhouers \u2019n mikrobe populasie in hulle rumens bevat wat ureum en ander nie prote\u00efen stikstof (NPN) bronne kan omskakel na mikrobiese prote\u00efen, en NPN heelwat goedkoper per eenheid prote\u00efen is as natuurlike prote\u00efen, is die aanvulling van prote\u00efen deur middel van NPN dus \u2019n logiese keuse.<\/p>\n<h2>Hoeveel prote\u00efen behoort aangevul te word?<\/h2>\n<p>Die hoeveelheid aanvulling sal natuurlik direk afhang van die prote\u00efeninhoud van die veld tesame met die inname van veld, asook die vlak van produksie van die dier, maar tipies behoort grootvee sowat 50 tot 150 gram aanvullende proteien per dag te ontvang (teenoor die 150\u00a0tot 250 gram op dro\u00eb weiding). Aangesien die\u00a0mikrobes vinnig beskikbare energie benodig om NPN veilig in mikrobiese prote\u00efen om te skakel, is dit altyd raadsaam om \u2019n bron van vinnig beskikbare energie (soos gemaalde graan of melasse produkte) saam met die NPN in die lek in te sluit.<\/p>\n<h2>Korrekte bestuur van groen seisoen aanvullings met NPN insluiting<\/h2>\n<p>Die groen seisoen is uiteraard ook die re\u00ebn seisoen. Wanneer NPN met staande water in aanraking kom, los dit op en diere wat hierdie water drink, staan \u2019n groot kans om NPN vergiftiging op te doen. Lekke wat NPN bevat behoort dus teen re\u00ebn beskerm te word. Indien dit onmoontlik is, moet daar gesorg word dat die lekbakke water kan dreineer. Wanneer re\u00ebn verwag word, moet ook verkieslik minder lek uitgesit word.<\/p>\n<h2>Wat van bemeste aangeplante weiding?<\/h2>\n<p>Bemeste groen aangeplante weiding se prote\u00efeninhoud is heelwat ho\u00ebr as die van natuurlike weiding, met prote\u00efenvlakke wat normaalweg wissel tussen 100 tot 200 gram\/kg, wat aan alle behoeftes van die dier voldoen. Die grootste gedeelte van hierdie prote\u00efen is vinnig oplosbaar in die rumen en word dus deur die mikrobe gebruik soos wat hulle NPN sou gebruik. Die aanvulling van addisionele NPN word dus nie op hierdie weidings aanbeveel nie. Vir jong vinnig groeiende diere mag dit wel voordelig wees om ekstra ho\u00eb kwaliteit natuurlike prote\u00efen op hierdie weidings aan te vul.<\/p>\n<p>Vir enige navrae rakende hierdie artikel kontak gerus die outeur by ewie@feedtek.co.za<\/p>\n<p>Produk registrasie nommers: Greengrazer 126 (V16145), Econograzer 213 (V30942) \u2013 Wet 36\/1947<\/p>\n<p>Navrae: Tel: <a href=\"tel:0861115362\">086 111 5362<\/a> Faks: 086 601 2216 E-pos: <a href=\"mailto:info@feedtek.co.za\">info@feedtek.co.za<\/a>, <a href=\"http:\/\/www.feedtek.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">www.feedtek.co.za<\/a><\/p>\n<p>In Tabel 2 word voorbeelde van lekmengsels aangedui wat geskik is om prote\u00efen op groen weiding aan te vul.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"255\"><strong>Tipe natuurlike weiding:<\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>Goed <\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>Gemiddeld<\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>Swak <\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Grondstowwe<\/td>\n<td width=\"157\"><\/td>\n<td width=\"157\"><\/td>\n<td width=\"157\"><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Graanmeel (*)<\/td>\n<td width=\"157\">300<\/td>\n<td width=\"157\">450<\/td>\n<td width=\"157\">600<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Sout<\/td>\n<td width=\"157\">450<\/td>\n<td width=\"157\">350<\/td>\n<td width=\"157\">250<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Feedtek Greengrazer 126<\/td>\n<td width=\"157\">160<\/td>\n<td width=\"157\">120<\/td>\n<td width=\"157\">80<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Feedtek Econograzer 213 (**)<\/td>\n<td width=\"157\">75<\/td>\n<td width=\"157\">75<\/td>\n<td width=\"157\">75<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\"><strong>Totaal (kg) <\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>985 <\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>995 <\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>1005 <\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Samestelling (%)<\/td>\n<td width=\"157\"><\/td>\n<td width=\"157\"><\/td>\n<td width=\"157\"><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Prote\u00efen<\/td>\n<td width=\"157\">18.5<\/td>\n<td width=\"157\">19.5<\/td>\n<td width=\"157\">20.4<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Ureum<\/td>\n<td width=\"157\">5.0<\/td>\n<td width=\"157\">5.0<\/td>\n<td width=\"157\">4.9<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Kalsium<\/td>\n<td width=\"157\">3.6<\/td>\n<td width=\"157\">2.8<\/td>\n<td width=\"157\">1.9<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">Fosfor<\/td>\n<td width=\"157\">2.2<\/td>\n<td width=\"157\">1.7<\/td>\n<td width=\"157\">1.2<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\">TVV<\/td>\n<td width=\"157\">25.0<\/td>\n<td width=\"157\">37.1<\/td>\n<td width=\"157\">49.0<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"255\"><strong>Aanbevole inname (g\/dag) <\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>300 \u2013 600 <\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>400 \u2013 800 <\/strong><\/td>\n<td width=\"157\"><strong>500 \u2013 1000 <\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>(*) Vervang tot 75 kg van die graanmeel per ton met Kalori 3000 om bestandheid teen re\u00ebn te verbeter, of vervang tot 120 kg graanmeel per ton met melassemeel indien verkies.<\/p>\n<p>(**) 75 kg Econograzer 213 kan met 88 kg Veldgrazer 154 of 100 kg Veldgrazer 128 vervang word indien verkies.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die groen seisoen is uiteraard ook die re\u00ebn seisoen. Wanneer NPN met staande water in aanraking kom, los dit op en diere wat hierdie water drink, staan \u2019n groot kans om NPN vergiftiging op te doen.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5332,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,68,72],"tags":[215,216,217,211],"class_list":["post-5331","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-grootvee","category-voeding","tag-feedtek","tag-proteien","tag-ureum","tag-voer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5331","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5331"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5331\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5332"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5331"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5331"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5331"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}