{"id":5334,"date":"2022-08-25T17:11:10","date_gmt":"2022-08-25T15:11:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5334"},"modified":"2022-12-15T17:28:26","modified_gmt":"2022-12-15T15:28:26","slug":"sakeliga-kragdag-ekspo-2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/sustainability\/sakeliga-kragdag-ekspo-2022\/","title":{"rendered":"Sakeliga KragDag ekspo 2022"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Sakeliga KragDag ekspo 2022<\/h1>\n<p><a href=\"https:\/\/sakeliga.co.za\/en\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Sakeliga<\/a> <a href=\"https:\/\/www.kragdag.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Kragdag expo<\/a> voorsien in die groeiende behoefte na energieselfstandigheid en staatsbestandheid!<\/p>\n<p>Op 11-13 Augustus 2022 is die dertiende Sakeliga KragDag op die Diamantvallei Landgoed terrein, sowat 20km oos van Pretoria aangebied.<\/p>\n<p>Die Sakeliga KragDag ekspo se getal uitstallers het sedert verlede jaar se ekspo met 23% gegroei, van 470 ondernemings tot 580 vanjaar. Soortgelyk het die bywoningsyfer met 47% gegroei van 21 000 tot 30 900 vanjaar. Alhoewel syfers \u2019n waardevolle telkaart is en navraag oor bywoningsgetalle gewoonlik die eerste vraag is wat na \u2019n ekspo gevra word, word die meting van sukses in die w\u00eareld waarin ons leef te dikwels gereduseer tot getalle. Veel belangriker vir KragDag is die impak wat die ekspo maak om binne die konteks van die Skepper se Kultuuropdrag mense te inspireer om met kreatiewiteit self verantwoordelikheid te neem vir hulle gesinne se lewens, hulle toe te rus met oplossings om \u2019n lewe van staatsbestandheid en selfbevrediging te leef en om deur entrepreneuriese transaksies beide verkopers van tegnologie en die kopers daarvan, beter daaraan toe te laat wees.<\/p>\n<p>Vanjaar se ekspo leuse was \u201cSoms vlug, soms ingrawe &#8230; maar altyd bou!\u201d Dit verreken die strategiese kompleksiteit waarmee ons, sonder prysgawe van waardes, met staatshindernisse moet omgaan, terwyl ons, ongeag die omstandighede, altyd \u2019n bou-visie het. Soos die KragDag leuse s\u00ea \u201cDoen jou eie ding!\u201d \u2013 dit is \u2019n leefstyl. By die<a href=\"https:\/\/www.kragdag.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\"> KragDag ekspo<\/a> lewe die atmosfeer hiervan en maak dit dat baie mense hierdie ekspo beskryf as \u2019n ekspo van hoop.<\/p>\n<p>Die Landbou sub-ekspo in samewerking met <a href=\"https:\/\/www.tlu.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">TLU<\/a> is vanjaar vir die derde maal aangebied en het ook heelwat gegroei tot meer as 100 uitstallers, met \u2019n arena- en skouringprogam, asook \u2019n hoenderuitstalling.<\/p>\n<p>In samewerking met <a href=\"https:\/\/helpendehand.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Solidariteit Helpend Hand<\/a> is die eerste Kou- en Kunsmark aangebied, waar \u2019n groot verskeidenheid handgemaakte produkte verkoop is.<\/p>\n<p>Die jaarlikse Junior Entrepreneurskompetisie is vanjaar deur Fergusmor, <a href=\"https:\/\/helpendehand.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Solidariteit Helpende Hand<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.cocre8.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Cocre8 Wealth<\/a> geborg, met \u2019n totale prysgeld van R21 000 asook besigheidsafrigting. Die Doelgerig afdeling is deur Bobbelbrou gewen en die Voete Natmaak afdeling is deur Cara en Hannah Grobler gewen.<\/p>\n<p>Dit was ook die eerste jaar wat besoekers met ligte vliegtuie kon land by Rhino Park en met \u2019n pendeldiens vervoer word na die ekspoterrein.<\/p>\n<p>Van die hoogtepunte het die volgende ingesluit:<\/p>\n<ul>\n<li>Bedrede boogskiet deur die Barebow Mounted Archers in die Inyati Arena.<\/li>\n<li>Genesis K9 Group se misdaadbekamping hondedemonstrasies.<\/li>\n<li>Taco Kamstra se ritte op sy gewilde 1910 Highwheeler.<\/li>\n<li>\u2019n Boerboelskou.<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/fb.watch\/hqZ9ggCDXs\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">Die Toyota SA Jong Afslaerskompetisie<\/a> se streeksuitdunne, aangebied deur Veeplaas.<\/li>\n<li>Verskeie buitelugkragtoerusting kompetisies.<\/li>\n<li>\u2019n Wye verskeidenheid aktuele en insiggewende selfstandigheidsaanbiedings in die Raadsaal.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cUitstekende verskeidenheid van idees en middele om \u2019n selfstandige bestaan te ontwikkel, asook landbou afdeling. Allerhande vermaak ook vir die hele gesin van jonk tot oud.\u201d \u2013 Terugvoer van Willem Boshoff op Google.<\/p>\n<p>KragDag will graag elke borg, vennoot, uitstaller en besoeker bedank, waarsonder hierdie lewensveranderende ekspo nie moontlik sou wees nie.<\/p>\n<p>Dagboek solank die datum: Met 9 Augustus se openbare vakansiedag wat volgende jaar op \u2019n Woensdag val, word die Sakeliga KragDag ekspo van 2023 vir die eerste keer na vier dae verleng en sal dit DV plaasvind van 9 tot 12 Augustus 2023. Aansoeke vir uitstallers open binnekort.<\/p>\n<p>Navrae kan gerig word aan Son\u00e8 Saunders by <a href=\"mailto:sone@kragdag.co.za\">sone@kragdag.co.za<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Sakeliga KragDag ekspo se getal uitstallers het sedert verlede jaar se ekspo met 23% gegroei, van 470 ondernemings tot 580 vanjaar.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5335,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,70,23],"tags":[220,218,219],"class_list":["post-5334","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-landboutegnologie","category-volhoubaarheid","tag-die-toyota-sa-jong-afslaerskompetisie","tag-kragdag","tag-sakeliga"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5334","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5334"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5334\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5335"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5334"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5334"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5334"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}