{"id":5394,"date":"2022-10-25T05:58:59","date_gmt":"2022-10-25T03:58:59","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5394"},"modified":"2022-12-22T06:04:01","modified_gmt":"2022-12-22T04:04:01","slug":"dieselprys-gevaar-vir-voedselsekerheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/agribusiness\/dieselprys-gevaar-vir-voedselsekerheid\/","title":{"rendered":"Dieselprys gevaar vir voedselsekerheid"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Dieselprys gevaar vir voedselsekerheid<\/h1>\n<p>Met die soveelste groot dieselprys verhoging om die draai, raak voedselsekerheid problematies. Die ho\u00eb dieselprys het ho\u00eb insetkostes tot gevolg en daarmee saam ho\u00eb voedselpryse.<\/p>\n<p>Met die mees onlangse verhoging in die dieselprys betaal verbruikers reeds meer as R8 as wat die prys verlede jaar die tyd was. En dit is nog voor die verhoging van meer as R1 wat in November verwag word. Die nuwe plantseisoen het onlangs aangebreek en die reeds uitermate ho\u00eb insetkostes waarmee boere te doen, is nou nog ho\u00ebr.<\/p>\n<p>\u201cSelfs met die 10c en 15c per liter-verhogings was die dieselprys reeds \u2019n reuse-uitdaging vir boere,\u201d s\u00ea Bennie van Zyl, hoofbestuurder van <a href=\"https:\/\/www.tlu.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">TLU SA<\/a>. \u201cDit gaan oor vraag en aanbod \u2013 daar is \u0149 geweldige ho\u00eb vraag na diesel en w\u00eareldwyd sit ons met energiekrisis. Die Europese winter het pas begin en daar is reeds \u0149 groot tekort aan gas.\u201d<\/p>\n<p>Boere se insetkostes sluit onder andere saad, kunsmis, kalk, brandstof, onkruid- en plaagdoder, versekering, prysverskansing, elektrisiteit en instandhoudingskostes in.<\/p>\n<p>\u201cDie verhoging van die brandstofprys moet in konteks geplaas word,\u201d s\u00ea Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering. \u201cDit het direk \u2019n invloed op verskeie faktore en s\u00f3 verhoog die kostes van byna elke item in die ketting van noodsaaklike oorlewingshulpmiddels. Die kostes verhoog dan ook vir die landbouer. Met die huidige pryse wat die boer op die mark kry, is dit \u2019n uiters ernstige saak, aangesien daar boere is wat produkte tans weggooi omdat dit ekonomies nie bemarkbaar is nie. Die swak pryse word natuurlik veroorsaak deur die swak kopersmark wat finansieel sy geld slegs vir noodsaaklikhede moet gebruik, aangesien daar nie finansi\u00eble vermo\u00ebns is om elke dag \u2019n gesonde bord kos te kan bekostig nie.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie rimpeleffek gaan nie nou sigbaar wees nie, maar daar moet in ag geneem word dat indien die boer nie \u0149 wins maak nie, hy met die volgende aanplantings nie dieselfde as die huidige jaar kan onderneem nie. Die banke is boonop ook huiwerig om lenings te voorsien weens onteieningsaksies wat onsekerheid veroorsaak.<\/p>\n<p>\u201cDit beteken in werklikheid dat daar \u0149 vooruitsig is vir \u0149 ernstige afname in toekomstige aanplantings en dit sal \u2019n voedseltekort veroorsaak.\u201d<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/nuus\/sa-nuus\/dieselprys-gevaar-vir-voedselsekerheid\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">https:\/\/maroelamedia.co.za\/nuus\/sa-nuus\/dieselprys-gevaar-vir-voedselsekerheid\/<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Boere se insetkostes sluit onder andere saad, kunsmis, kalk, brandstof, onkruid- en plaagdoder, versekering, prysverskansing, elektrisiteit en instandhoudingskostes in.<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5395,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,22,70],"tags":[253,233],"class_list":["post-5394","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikels","category-landboubesigheid","category-landboutegnologie","tag-diesel","tag-tlu"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5394","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5394"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5394\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5395"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5394"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5394"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5394"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}