{"id":5397,"date":"2022-10-25T06:04:10","date_gmt":"2022-10-25T04:04:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5397"},"modified":"2022-12-22T06:13:59","modified_gmt":"2022-12-22T04:13:59","slug":"die-belangrikheid-van-vogbeheer-in-graanberging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/die-belangrikheid-van-vogbeheer-in-graanberging\/","title":{"rendered":"Die belangrikheid van vogbeheer in graanberging"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h1>Die belangrikheid van vogbeheer in graanberging<\/h1>\n<p>Vogbeheer in graanberging beteken geld. Die opsie om graan voor jou mededingers te oes en aan die mark te verskaf, verminder nie net risikos op jou lande nie, maar verhoog ook jou potensi\u00eble inkomste op grond van die vraag en aanbod in die mark.<\/p>\n<p>Terwyl vroe\u00eb oes die risiko verlaag van uiterste of onverwagte weer (dink klimaatsverandering), plae, diefstal of diereindringing, kom die oes van graangewasse met \u2019n ho\u00ebr voginhoud met sy eie uitdagings. Dit sluit in muf en plaagbesmetting terwyl dit gestoor word en die behoefte om die voginhoud tot die voorgeskrewe markvlakke te verminder. SBS Agri kan jou help daarmee.<\/p>\n<p>Die SBS Agri Outomatiese Graandroog- en Kondisioneringstelsel verlig hierdie risikos en maak dit moontlik om drie maande vroe\u00ebr te begin oes op \u2019n voginhoud van 25%. Die stelsel droog graan tot die w\u00eareldwyd aanvaarde vlak van onder 14% voginhoud, en handhaaf hierdie vogvlak vir lang tydperke in deurlugte graanbakke wat deur die <a href=\"https:\/\/www.thesbsgroup.com\/news\/automatic-fan-control-unit\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">SBS Agri Automatic Fan Control<\/a> (AFC) Eenheid gereguleer word.<\/p>\n<p>N\u00e1 die graan geoes en skoonmaak is, kan graan na die verlangde voginhoudvlakke gedroog word met behulp van \u2019n <a href=\"https:\/\/ms-my.facebook.com\/sbsagri\/photos\/5583056908379193\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">SBS Hot Air Generator<\/a>. Graandroging kan be\u00ebindig word wanneer \u2019n voginhoud van tussen 15-17% bereik word, wat beide droogtyd en koste verminder. Die warm graan kan dan geskuif word na stoorbakke wat toegerus is met belugtingswaaiers om afgekoel te word om die voginhoud van die graan verder met tot 3% te verminder.<\/p>\n<p>Die langdurige beskerming van gedroogde graangewasse word gehandaaf deur om \u2019n bergingstemperatuur binne die silo of opbergingsbakke te behou en graan by \u2019n konstante temperatuur van tussen 15 \u2013 20\u00b0C te hou. Die verlaagde temperatuur sal help om die groei van muf te voorkom sowel as verlaag die ontwikeling van insekte en plae. Die verlangde vogpersentasie word ook behou. Die SBS Agri Automatic Fan Control-eenheid beheer die belugtingswaaiers op die stoorbakke met behulp van elektroniese humiditeitsensors. Hierdie sensors kan die humiditeit in die atmosfeer meet met \u2019n akkuraatheid van binne 2%.<\/p>\n<p>Ontwerp om outomaties die beste tyd te kies om die belugtingswaaiers te laat loop, kontroleer die SBS Agri AFC-eenheid voortdurend atmosferiese toestande (temperatuur en humiditeit), skakel waaiers outomaties aan en af en loop slegs wanneer toestande die opgebergde graan bevoordeel.<\/p>\n<p>Die humiditeitsensors op die eenheid word volgens die spesifieke graan-ewewigskaart ingestel om te verseker dat graan gestoor en onderhou word volgens die verlangde vereistes. Deur handmonitering en die risiko van menslike foute uit te skakel, laat die SBS Agri AFC-eenheid boere toe om met vertroue hul vroe\u00eb oes veilig te stoor.<\/p>\n<p>Om kostes te bespaar en jou gestoorde graan te beskerm behoort nie vir jou rustelose nagte te gee nie, praat met ons vandag.<\/p>\n<p>E-pos: <a href=\"mailto:info@sbsagri.co.za\">info@sbsagri.co.za<\/a> of besoek ons webwerf vir meer inligting oor die SBS Agri-stelsels en oplossings wat jou boerdery meer winsgewend kan maak.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die humiditeitsensors op die eenheid word volgens die spesifieke graan-ewewigskaart ingestel om te verseker dat graan gestoor en onderhou word volgens die verlangde vereistes<\/p>","protected":false},"author":2,"featured_media":5398,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[202,21,70,23],"tags":[254],"class_list":["post-5397","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-articles","category-gewasse","category-landboutegnologie","category-volhoubaarheid","tag-sbs-agri"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5397","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5397"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5397\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5398"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5397"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5397"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5397"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}