{"id":5658,"date":"2022-01-25T20:57:02","date_gmt":"2022-01-25T18:57:02","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5658"},"modified":"2024-03-14T21:05:07","modified_gmt":"2024-03-14T19:05:07","slug":"die-vkb-bieliemieliefees-2022-is-hier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/agribusiness\/die-vkb-bieliemieliefees-2022-is-hier\/","title":{"rendered":"Die VKB Bieliemieliefees 2022 is hier!"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Bieliemieliefees 2022 is hier!<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die Bieliemieliefees se organiseerders kan nou nie meer wag vir Februarie 2022 nie! Nadat die koronavirus ons van 2021 se fees ontneem het, is alles nou feitlik gereed dat besoekers maar by die feesterrein kan opdaag met hulle feesskoene aan \u2013 gereed om alles te geniet wat ons vir hulle wil aanbied.<\/p>\n<p>Die uitstallers se vee is vet gevoer en gereed vir die skou; die pryse vir die verskillende kompetisies waaraan skougangers kan deelneem staan gereed en die gaskunstenaars kan nie wag om weer voor lewende gehore op te tree nie!<\/p>\n<p>Daar is weer eens vir alle ouderdom feesgangers voorsiening gemaak. Die kleingoed word in die pretpark vermaak terwyl die voornemende en jong boere en pa\u2019s die uitstallings van die implemente kan besoek en die vrougeslag die stalletjies kan besoek of by die Vroue-saal kan aandoen vir \u2019n voet-, hand- of nekmassering.<\/p>\n<p>Daar is egter soos te wagte soveel meer op die program vir die drie dae van feestelikheid.<\/p>\n<p>Daar is weer lekker pryse te wen vir die een wat\u00a0die bul se gewig reg kan skat, vir die persoon\u00a0wat \u2019n skaap die vinnigste kan skeer, vir die vermaaklikste optrede by Bieliemielie\u2019s Got Talent, die persoon wat die speenvark kan vang en hope ander kompetisies. En moenie vergeet van die Boeresport en Skattejag nie! Hierdie items\u00a0lok elke jaar groot belangstelling en sorg vir baie pret.<\/p>\n<p>Wanneer die kleinspan moeg gespeel is in die pretpark, kan hulle hul gesigte laat verf en hulle kry ook die kans om vir Dienkie en Doedels te ontmoet.<\/p>\n<p>Saans is dit konserttyd en kunstenaars soos onder andere Drie van die Bestes, Jan Jan Jan, Christia Visser, Appel, Riana Nel, Riaan Benade, Early B,Ivan Roux, Bernce West en Sunset Sweatshop gaan feesgangers vermaak.<\/p>\n<p>Hierdie is mielie-, soja en sonneblomw\u00eareld en die boeregemeenskap is so gasvry soos hulle kom. Van Donderdag 24 tot Sondag 27 Februarie 2022 gaan die feesterrein vermaak vir jonk en oud verskaf om te wys hoe die Vrystaters k\u00e1n kuier.<\/p>\n<p>Die Bieliemiefees is die Vrystaat se vierde grootste fees en lok jaarliks so by die 17\u00a0000 mense.<\/p>\n<p>Vir die 42ste fees kan besoekers verwag om uitstallings van die nuutste landbou-implemente, die mooiste skape by die SA Vleismerino-skou, boere se heel beste vee by die kuddekompetisie, die ramveiling en die bees-uitstalling te sien, en ook sommer toekyk hoe bedrewe skaapskeerders teen mekaar meeding in die spoedskeerkompetisie voordat die sterk manne kyk wie die swaarste vrag wol kan dra.<\/p>\n<p>Streepsakke, eiers, bokmis, mieliepitte, trekkerbande en wie weet wat nog alles sal beskikbaar wees vir diegene wat aan die boeresport-item saam met sepiesterre van Binnelanders en Getroud met rugby wil deelneem.<\/p>\n<p>Die jongste besoekers word in die kinder-speelterrein besig gehou en kan vir Buster en Bella ontmoet terwyl Ma en Pa die feesterrein verken.<\/p>\n<p>Sportgeesdriftiges kan Saterdag, 26 Februarie 2022, deelneem aan die Bieliemielie-marathon wat \u2019n kwalifiseerder vir die Comrades- \u00e9n die Two Oceans-marathons is. Atlete wat voorheen aan hierdie item deelgeneem het, weet dat of jy nou die 5 km- of 10 km-pretdraf, die halfmarathon of die marathon hardloop, dit \u2019n lieflike roete bied.<\/p>\n<p>Dan is daar ook \u2019n krieketwedstyd, bergfiets, skiet, gholf- en visvang-kompetisie waar groot pryse gewen kan word, en die Bulletjie-rugby- en mini-netbal-wedstryde lok elke jaar groot belangstelling.<\/p>\n<p>Soos hulle s\u00ea, die helfte is jou nog nie vertel nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"146\">&nbsp;<\/td>\n<td width=\"111\">Kinders onder 12jaar<\/td>\n<td width=\"95\">Volwassenes<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"146\">24 Februarie 2022<\/td>\n<td width=\"111\">R80.00<\/td>\n<td width=\"95\">R100.00<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"146\">25 Februarie 2022<\/td>\n<td width=\"111\">R80.00<\/td>\n<td width=\"95\">R150.00<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"146\">26 Februarie 2022<\/td>\n<td width=\"111\">R80.00<\/td>\n<td width=\"95\">R150.00<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"146\">27 Februarie 2022<\/td>\n<td width=\"111\">Gratis<\/td>\n<td width=\"95\">Gratis<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"146\">Naweekkaartjie<\/td>\n<td width=\"111\">R180.00<\/td>\n<td width=\"95\">R300.00<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kry jou kaartjies hier:<\/strong><\/p>\n<p>Source:<a href=\"https:\/\/www.bieliemielie.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\"> https:\/\/www.bieliemielie.co.za\/<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bieliemieliefees 2022 is hier! &nbsp; Die Bieliemieliefees se organiseerders kan nou nie meer wag vir Februarie 2022 nie! Nadat die koronavirus ons van 2021 se fees ontneem het, is alles nou feitlik gereed dat besoekers maar by die feesterrein kan opdaag met hulle feesskoene aan \u2013 gereed om alles te geniet wat ons vir hulle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5659,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[22],"tags":[257,163],"class_list":["post-5658","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-landboubesigheid","tag-feestyd","tag-landbou"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5658","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5658"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5658\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5659"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5658"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5658"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5658"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}