{"id":5661,"date":"2022-01-25T21:09:25","date_gmt":"2022-01-25T19:09:25","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5661"},"modified":"2024-03-14T21:22:38","modified_gmt":"2024-03-14T19:22:38","slug":"wie-is-doringveld-meatmasters","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/small-stock\/wie-is-doringveld-meatmasters\/","title":{"rendered":"Wie is Doringveld Meatmasters?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Doringveld Meatmasters<\/h2>\n<p>Doringveld Meatmasters is gele\u00eb 15km Noord van Brits in die Noord Wes Provinsie in die \u201cMamogaleskraal\u201d area. Ons is in die doringveld waar die \u201cWag \u2019n Bietjie\u201d en \u201cHak &amp; Steek\u201d die oorheersende doringbome is.<\/p>\n<p>As hulle nie onder beheer gehou word nie kan geen mens of dier in die veld loop nie. Ons gras is soetveld met \u2019n mengsel van wit buffel en beesgras, die beste weiding in die somer. Saam met die akasia bome se blare en peule het dit \u2019n baie ho\u00eb drakrag.<\/p>\n<p>In die winter is die weiding swak. Ons het groot kostes aangegaan om te ontbos en toe gehoor van die Damara skape wat gras en bome vreet.<\/p>\n<p>Na 2 jaar wat ons met die Damara geboer het, het my vrou met die kruising begin met ons beste Damara ooie en Wit Dorper ramme. Sy het die Wit Dorper ramme van Thabazimbi gebring, en het in 2011 begin met die kruisings. Ons area het strawwe hartwater en \u2019n groot belading van uitwendige en inwendige parasiete. Haar doelwit was, om ons eie meatmasters te teel vir ons area wat weerstand het teen uitwendige en inwendige parasiete. Nog \u2019n doelwit was om vleisproduksie te verbeter. Ons Meatmaster lammers is swaar en kry goeie pryse op speen ouderdom van 10-12\u00a0weke. Ons gebruik net Meatmaster ramme van erkende telers. Ons ramme word gereeld geruil vir verskillende bloedlyne van ander telers. Ons het twee teelramme met 150-200 ooie, afhangend van die weiding.<\/p>\n<h2>Kontak Besonderhede<\/h2>\n<p>Johan &amp; Estelle Victor<\/p>\n<p>082 324 9270\/072 553 4895<\/p>\n<p>E-pos \u2013 johanvictor09@gmail.com<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Doringveld Meatmasters Doringveld Meatmasters is gele\u00eb 15km Noord van Brits in die Noord Wes Provinsie in die \u201cMamogaleskraal\u201d area. Ons is in die doringveld waar die \u201cWag \u2019n Bietjie\u201d en \u201cHak &amp; Steek\u201d die oorheersende doringbome is. As hulle nie onder beheer gehou word nie kan geen mens of dier in die veld loop nie. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5662,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66],"tags":[255,142],"class_list":["post-5661","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kleinvee","tag-kleinvee","tag-meatmasters"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5661","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5661"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5661\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5662"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5661"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5661"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5661"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}