{"id":5678,"date":"2022-01-25T19:54:09","date_gmt":"2022-01-25T17:54:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5678"},"modified":"2024-03-16T20:23:15","modified_gmt":"2024-03-16T18:23:15","slug":"watter-metodes-is-daar-om-vleisbeeste-te-speen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/large-stock\/watter-metodes-is-daar-om-vleisbeeste-te-speen\/","title":{"rendered":"Watter metodes is daar om vleisbeeste te speen?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Speen tyd in jou vleisbeeskudde<\/h2>\n<p><strong>Deur <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/affieplaas.fotografie.5\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">Zanmari Crous<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>Die hoof doel van \u2019n vleisbeeskudde is om so veel as moontlik kalwers te produseer. Die speen van kalwers is stresvol vir beide die koei en die kalf. Die stresvolle tydperk moet so gou as moontlik gebeur om speen skok te verminder en te verhoed dat dit produksie verlaag in die kalwers. Die boer moet dus alles in sy vermo\u00eb doen om speen so glad as moontlik te verloop.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Wanneer?<\/strong><\/h2>\n<p>Die regte tyd om te speen, hang af van die kondisie van die koeie en die ouderdom van die kalwers. Die ideale ouderdom om te speen is tussen 7 en 8 maande. Kalwers moet wel gespeen word voor die kondisie van die koeie te swak raak, &lt;2.5 kondisie telling. Indien genoegsame wintervoer beskikbaar is en die koeie behou hulle kondisie, kan die kalwers later gespeen word.<\/p>\n<p>Tydens droogte kan kalwers vroe\u00ebr (6 maande of jonger) gespeen word. Dit sal die koeie genoegsame tyd gee om te herstel voor die winter maande. Dit is belangrik dat die koeie se uier kan herstel vir die volgende kalf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Vroe\u00eb speen<\/strong><\/h2>\n<p>Dit moet slegs gedoen word in erge droogte of as daar \u2019n ernstige voer tekort is. Kalwers wat te vroeg gespeen word kan groot terugslae ervaar en dit sal bydra tot swak produksie. Die koeie se kondisie is ook \u2019n belangrike aspek om in ag te neem. As die koeie se kondisie swak is kan die boer een van twee dinge doen; vroeg speen en konsentrate voer aan die kalwers of as daar genoegsame goeie voer beskikbaar is, dit eerder vir die koei met haar kalf voer. Voer van vroeg gespeende kalwers het \u2019n bydraende faktor tot die winsgewendheid en moet daarom slegs oorweeg word in uiterste omstandighede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Speen metodes<\/strong><\/h2>\n<p>Daar is verskeie metodes wat gebruik kan word om kalwers te speen. Party meer stresvol as ander.<\/p>\n<p>Die metode wat die minste stres veroorsaak, is die gebruik van neusringe. Die neusring word aan die kalwers se neuse vasgemaak terwyl hulle by die koeie bly. Die neusring maak dit moeilik vir die kalf om te suip deurdat dit die koei se uier \u201csteek\/kielie\u201d en sy dan nie stil staan nie, maar wegloop, wat verhoed dat die kalf kan suip. Na \u2019n paar dae sal die kalf ophou om te probeer suip en is dus dan gespeen. Die koeie en kalwers kan dus met minste stres geskei word en die ringe word verwyder.<\/p>\n<p>\u2019n Ander metode wat minder stresvol is, is om die koeie en kalwers te verdeel en in twee kampe te laat loop langs mekaar. \u2019n Sterk draad loop in die middel deur wat sal verhoed dat die koeie en kalwers bymekaar uitkom maar hulle steeds kan sien. Die gebulk sal so paar dae aanhou en later sal di geraas minder raak en die koeie en kalwers kan geskuif word van mekaar.<\/p>\n<p>Nog \u2019n metode wat gebruik kan word as daar meer as een groep koeie met kalwers is, is om die groepe se kalwers met mekaar te ruil. Die kalwers het dan die geselskap van die ander trop koeie en loop dus nie alleen nie.<\/p>\n<p>Die meer stresvolle metodes is om die koeie in die kamp te hou waar hul saam die kalwers was en die kalwers na \u2019n ander kamp te skuif buite hoorafstand van die koeie. Die kalwers staan dan op kraal met kos en water en die koeie soek dan die kalwers in die kamp waar hulle laaste saam hulle was.<\/p>\n<p>Die stresvolste manier van speen is om die koeie en kalwers kraal toe te vat, hul van mekaar te skei en die kalwers te laai wat dan na \u2019n veiling, voerkraal of \u201cbackgrounding\u201d fasiliteit vervoer word.<\/p>\n<p>Oor die algemeen moet kastrasie, onthoring entings en brandmerk op \u2019n vroe\u00ebr ouderdom gedoen word en nie saam met speen nie. Dit sal help om die stresvolle situasie van speen minder stresvol te maak.<\/p>\n<p>Die mees praktiese metode vir jou spesifieke omstandighede, kan gebruik word. Beplanning moet vroegtydig gedoen word en alles moet gereed wees om speen tyd so glad as moontlik te laat verloop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Speen tyd in jou vleisbeeskudde Deur Zanmari Crous Die hoof doel van \u2019n vleisbeeskudde is om so veel as moontlik kalwers te produseer. Die speen van kalwers is stresvol vir beide die koei en die kalf. Die stresvolle tydperk moet so gou as moontlik gebeur om speen skok te verminder en te verhoed dat dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5679,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[68],"tags":[256,258],"class_list":["post-5678","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-grootvee","tag-grootvee","tag-speentyd"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5678","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5678"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5678\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5679"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5678"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5678"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5678"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}