{"id":5689,"date":"2022-01-25T17:05:05","date_gmt":"2022-01-25T15:05:05","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5689"},"modified":"2024-03-23T17:41:08","modified_gmt":"2024-03-23T15:41:08","slug":"hoe-kan-ek-my-avokados-beskerm","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/hoe-kan-ek-my-avokados-beskerm\/","title":{"rendered":"Hoe kan ek my avokado&#8217;s beskerm?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Versorg jou Groen Goud so<\/h2>\n<p>Kwekerybestuurder \/ Tuinboukundige:<a href=\"https:\/\/www.vegtechnetafim.com\/projects\/komati-fruit-nurseries-mpumalanga\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\"> Komati Fruit Nurseries<\/a> (BTech Tuinboukunde)<\/p>\n<p>Geredigeer deur: Braam Koekemoer<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soos met enige ander landbou produkte, kom daar \u2019n tyd wat die mark baie aanloklik is vir \u2019n spesifieke produk. Daar kan verskeie redes wees vir die gunstige market, nuwe gesondheids tendense, nuwe navorsing, spesifieke seisoene en natuurlik goeie bemarking.<\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Die avokado industrie is tans in \u2019n baie goeie seisoen in sy leeftyd, met markte in Europa wat uit sy nate bars en nuwe markte wat oopgaan in Asi\u00eb, Korea, Japan en Amerika. Dit maak dit baie aanloklik vir boere om so gou as moontlik meer en meer avokado boorde te vestig om so gou as moontlik op hierdie soustrein te klim. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Dit is egter baie belangrik om jouself goed in te lig oor die verskeie seisoene en wanneer kompeterende lande soos Peru en Colombia in die mark in kom. Dit het \u2019n groot invloed op jou wins marges wanneer jy wil uitvoer. Kultivar seleksie en ligging is dus uiters belangrik om seker te maak dat jy in die gunstige tye in kom met jou oes.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">\u2019n Klonale avokadoboom ondergaan menige stappe in die kwekery voor dit uiteindelik in die boorde geplant kan word. Dit is belangrik dat mens weet watter onderstam optimaal in jou grondtipe sal groei en watter kultivar optimaal saam met daardie onderstam sal vrug dra. Raadpleeg \u2019n geakkrediteerde kwekery om jou te help met jou keuse. Besoek gerus <a href=\"https:\/\/avocado.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">SAAGA<\/a> se webtuiste vir \u2019n lys van geakkrediteerde kwekerye.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Jou grondtipe beinvloed ook jou grond voorbereidings metodes. Sanderige grond hoef bykans nie eers \u201cge-ridge\u201d te word nie, alhoewel \u2019n klein \u201cridge\u201d voorgestel word, waartelkens kleigrond absoluut \u201cge-ridge\u201d moet word om oortollige water van die \u201cfeeder roots\u201d af te kry and algehele dreinering te verbeter vir \u2019n gesonder wortel stelsel.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">\u2019n Gesonde boom uit die kwekery is uiters belangrik vir suksesvolle boord vestiging. Doen ewekansige inspeksies op die vrag wat jy ontvang het, kyk na blaar kleur, entlas (moet egalig wees) en sny \u2019n paar sakkies oop om seker te maak die bome het mooi gesonde, wit wortels reg rondom die sakkie.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">\u201cRidges\u201d moet vooraf benat word sodat die grond klam is wanneer bome geplant word om plant stress te verlig. Grou die gate diep genoeg sodat die boom gemaklik daarin sal pas, maak seker dit is nie te diep nie, die kwekery se medium moet bykans gelyk wees met die grond oppervlakte. As die boom te diep geplant word sal dit kraagvrot ontwikkel en die boom sal binne \u2019n maand sterf. Sny die bodem van die sakkie oop, plaas die boom in die gat en sny dan die kant van die sakkie oop en verwyder, hierdie manier verseker dat geen wortels tydens die plant proses beskadig word nie. Gooi die gat toe, moet nie die grond te styf vas trap rondom die boom nie, dit kan veroorsaak dat wortels afbreek. <\/span><\/p>\n<p>Avo bome, uit \u2019n kwekery, se stammetjies is baie sensitief vir sonbrand omdat hulle in ho\u00eb digtheid gepak word in die kwekery, daar word dus voorgestel dat die stammetjies en takke wat blootgestel is met \u2019n wit PVA verf of spesifiek geformuleerde boomverf geverf word om sonbrand skade te voorkom. Bome kan dadelik Phytophthora behandeling ontvang, wat by jou chemiese produkverskaffer aangekoop kan word. Korrel kunsmis word ook dadelik toegedien, 2:2:1 (MAP\/KAN\/KNO3) saam met \u2019n goeie deklaag kompos of ander \u201cmulch\u201d wat die grond vog beheer, moet nie die deklaag teen die stammetjies gooi nie. \u2019n Maandelikse blaartoediening word ook voorgestel. Die bome kan ook dadelik ondersteun word met \u2019n groter stok omdat die kwekery stokkie te klein sal word en kan breek omdat dit te klein is om \u2019n groter boom te ondersteun. Hierdie inligting word voorgestel maar raadpleeg jou verskaffer waarmee jy vertroud is vir kunsmis en chemiese toediennings, of \u2019n SAAGA tegniese beampte vir meer raad oor avokado\u2019s.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Versorg jou Groen Goud so Kwekerybestuurder \/ Tuinboukundige: Komati Fruit Nurseries (BTech Tuinboukunde) Geredigeer deur: Braam Koekemoer &nbsp; Soos met enige ander landbou produkte, kom daar \u2019n tyd wat die mark baie aanloklik is vir \u2019n spesifieke produk. Daar kan verskeie redes wees vir die gunstige market, nuwe gesondheids tendense, nuwe navorsing, spesifieke seisoene en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5690,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21],"tags":[158],"class_list":["post-5689","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gewasse","tag-avokado"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5689","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5689"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5689\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5690"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5689"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5689"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5689"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}