{"id":5711,"date":"2022-02-25T20:12:21","date_gmt":"2022-02-25T18:12:21","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5711"},"modified":"2024-04-01T20:31:47","modified_gmt":"2024-04-01T18:31:47","slug":"watter-tiepe-rosyntjies-is-daar-en-hoe-word-dit-gemaak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/watter-tiepe-rosyntjies-is-daar-en-hoe-word-dit-gemaak\/","title":{"rendered":"Watter tiepe rosyntjies is daar en hoe word dit gemaak?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Hoe word rosyntjies gemaak?<\/h2>\n<p><strong>Rosyntjies word gemaak van druiwe! Daar is natuurlik verskillende kultivars waarvan rosyntjies gemaak word, maar die mees alom bekendes is Sultana, Merbein, Selma Pete, Dovine en Sugra39. Rosyntjies is ryk aan vesel en kalorie\u00eb en kan vir verskeie medisinale doeleindes ook aangewend word.<\/strong><\/p>\n<p>In 1919 is die eerste stok sultana langs die Oranjerivier geplant en die res is geskiedenis. Die rosyntjiebedryf het so gegroei dat dit tans die 5de grootste bedryf is in die w\u00eareld en het verdubbel in grootte oor die afgelope 8 jaar.<\/p>\n<p>Planttyd vir druiwe langs die Oranjerivier is gewoonlik net na die winterseisoen. Die grondvoorbereiding is van kardinale belang. Vandat die stok in die grond is, moet die regte voedingstowwe toegedien word en die regte hoeveelheid water is baie belangrik, want sodoende kan die lote sterk genoeg ontwikkel om binne die volgende jaar al \u2019n paar trossies te dra. Die eintlike drag is 2 jaar na aanplanting. Die leeftyd van \u2019n druiwestok is baie lank en kan vervang word na 20 of meer jare. Teen hierdie tyd het die stok sy optimale drag gehad en oeskapasiteit kan afneem.<\/p>\n<p>Snoeityd gebeur in die winter na al die blare verkleur en afgeval het. Natuurlik \u2019n ander mooi tyd van die jaar. Weereens moet die plant gevoed word vir die oes wat weer voorl\u00ea. Die snoei en vleg van die lote speel \u2019n groot rol in die drag van die volgende seisoen.<\/p>\n<p>Voordat druiwe ge-oes kan word, moet die suikerinhoud van die druiwe eers reg wees. Die suikerinhoud bepaal watter tipe rosyntjie gemaak kan word. Oestyd begin so van einde Januarie se kant af tot so einde Maart, afhangende van die weersomstandighede.<\/p>\n<p>Rosyntjies kan op verskillende mani\u00e8re gedroog word en sodoende kry jy dan ook verskillende tipes rosyntjies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Thompson rosyntjies:<\/strong><\/h2>\n<p>Druiwe word gepluk en dan direk in die son gedroog. Dit kan gedroog word op \u2019n sementbaan of droograkkies. Dit neem ongeveer 10\u00a0\u2013\u00a012\u00a0dae voordat die rosyntjies droog is. Die droogverhouding van die thompsons is 1:4, m.a.w\u00a04 nat tonne gee een dro\u00eb ton rosyntjies met \u2019n voginhoud van ongeveer 13%.<\/p>\n<p>Die suikergehalte van die druiwe moet ook reg wees alvorens daar ge-oes word. Vir Thompsons kan die druiwe ge-oes word tussen \u2019n 20 \u2013 25 balling suiker. Hoe soeter die druiwe, hoe beter die kwaliteit. Thompsons word hoofsaaklike gebruik vir klein-verpakkings, bakkerye of mengsels.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>WP rosyntjies:<\/strong><\/h2>\n<p>Die druiwe word ge-oes, maar nou word die druiwe gedip in \u2019n watermengsel met Potas en Sultanaolie. Dit word die loogmengsel genoem. Die loog haal die waslagie wat om die korrel is af om vinniger te droog. Die druiwe word dan op sementbane of droograkke uitgepak om droog te word. Dit neem so 5 dae om droog te word. Die droogverhouding is 3-3,5:1, m,a,w 3 ton nat vir 1\u00a0ton droog.<\/p>\n<p>Die WP\u2019s is soortgelyk aan die Turkse nr 9 in Turkye. Die meeste rosyntjies word tans in Turkye verbou gevolg deur VSA, Iran, Griekeland, Chile en dan Suid-Afrika.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>OR rosyntjies (Oranjerivier rosyntjies):<\/strong><\/h2>\n<p>Word ook geloog soos die WP\u2019s maar waar die WP\u2019s direk in die son gedroog word, word die OR\u2019e op stellasies in die skaduwee gedroog. Die kleur is dan lig amber of liggroen.<\/p>\n<p>Druiwe kan reeds ge-oes word op \u2019n suiker van 18 of meer balling en neem tussen 6 \u2013 8 dae om droog te word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Goldens (geswaelde rosyntjies):<\/strong><\/h2>\n<p>Druiwe word gepluk en op dieselfde wyse geloog soos bo. Hierdie rosyntjies word dan op houtstellasies gepak in die vorm van \u2019n trein, toegemaak met \u2019n seil en dan berook met swael vir \u00b1 6 \u2013 8ure. Die swael bleik dan eintlik die rosyntjie dat as hy droog is, hy \u2019n goue kleur het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Dry-on-vine (DOV):<\/strong><\/h2>\n<p>Met hierdie metode, word die lote van die wingerd so geknip dat die druiwe aan die wingerdstok droog. Sodra die druiwe dan droog is aan die stok, word dit dan ge-oes. Dit kan tot 3 weke neem voor die rosyntjies droog is.<\/p>\n<p>Sodra die rosyntjies droog is, word dit na \u2019n Verpakker geneem waar dit ingeneem, gegradeer, verwerk en verpak en dan uitgevoer word. Die gradering hang af van die gehalte van die rosyntjie. Die gehalte van die rosyntjie word reeds bepaal as die druiwe van die wingerdstokke afgesny word. Sodra daar beskadiging is, word die gehalte beinvloed.<\/p>\n<p>Aangesien ons met \u2019n voedselproduk werk, moet die Produsent voldoen aan voedselveilige standaarde op hul droogbane. Dit is van uiterste belang, want ons werk met kos!! Droogbane moet van goeie gehalte wees en mag onder geen omstandighede direk op die grond gedroog word nie. Dit verseker dat die produk vry is van vreemde voorwerpe soos klippies en sand wat verwerking bemoeilik in die Fabrieke. Die Kopers se vereistes raak ook strenger soek voortdurend na \u2019n beter produk en \u2019n produk wat minimum of geen chemiese residu bevat.<\/p>\n<p>Daar is tans sewe groot Verpakkers langs die Oranjerivier wat rosyntjies inneem. Alle rosyntjies word deur <a href=\"https:\/\/ppecb.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">PPECB<\/a> geinspekteer alvorens die produk uitgevoer word. Daar is altyd uitdagings in die mark, maar \u2019n goeie gehalte produk verkoop homself!! Suid-Afrika word beskou as die land met die beste gehalte rosyntjies en dis waarvoor daar geboer word. Iets om oor trots te voel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe word rosyntjies gemaak? Rosyntjies word gemaak van druiwe! Daar is natuurlik verskillende kultivars waarvan rosyntjies gemaak word, maar die mees alom bekendes is Sultana, Merbein, Selma Pete, Dovine en Sugra39. Rosyntjies is ryk aan vesel en kalorie\u00eb en kan vir verskeie medisinale doeleindes ook aangewend word. In 1919 is die eerste stok sultana langs [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5712,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21],"tags":[262,261],"class_list":["post-5711","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gewasse","tag-druiwe","tag-rosyntjies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5711","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5711"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5711\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5712"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5711"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5711"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5711"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}