{"id":5714,"date":"2022-02-25T20:35:10","date_gmt":"2022-02-25T18:35:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5714"},"modified":"2024-04-01T20:46:15","modified_gmt":"2024-04-01T18:46:15","slug":"hoe-bepaal-ek-die-geslag-van-pasgebore-kuikens","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/small-stock\/hoe-bepaal-ek-die-geslag-van-pasgebore-kuikens\/","title":{"rendered":"Hoe bepaal ek die geslag van pasgebore kuikens?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Hoendergeslag-bepaling<\/h2>\n<p class=\"Leadin\"><span class=\"Marooncolour\"><span lang=\"EN-GB\">Om die geslag van \u2019n pasgebore kuiken te identifiseer, is moeilik. In teenstelling met die meeste ander diere is die geslagsorgane van hoenders binne-in hul liggame gele\u00eb en dit is nie maklik om tussen manlike en vroulike geslagsdele te onderskei nie.<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Daar is \u2019n paar mites oor die geslagsbepaling van hoenders, byvoorbeeld dat die geslag van \u2019n kuiken bepaal kan word deur \u2019n naald op \u2019n tou oor die hoender se kop te hou.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Dit word geglo dat as die kuiken manlik is, sal die gewig kloksgewys roteer en as dit vroulik is, sal dit anti-kloksgewys draai. \u2019n Ander mite is dat jy \u2019n kuiken by die nekvel kan vashou en as die bene lig, is die geslag vroulik, maar as die bene hang, is die geslag manlik.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">\u2019n Ander mite is dat die geslag bepaal kan word deur na die vorm van die eier te kyk. Volgens die mite huisves sokkerbalvormige eiers manlike kuikens, terwyl ovaal of ronde eiers vroulike kuikens huisves.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Hierdie metodes is egter so akkuraat soos om \u2019n muntstuk te gooi om die geslag van pluimvee te bepaal. Die kans dat jy die geslag korrek identifiseer, sal effens ho\u00ebr wees as jy \u2019n inherente gelukkige persoon is.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Die mees akkurate manier om die geslag van pluimvee te bepaal, is deur veergeslagsbepaling, kloaakmondgeslagbepaling en deur te wag en te sien. Ander, meer gespesialiseerde metodes word ook ontwikkel om die geslag in die eiers te identifiseer, maar die meeste hiervan is steeds baie duur en vereis hoogs gespesialiseerde prosedures.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2 class=\"Subheading\"><span lang=\"EN-GB\">Veergeslagbepaling<\/span><\/h2>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">In sommige rasse en hibriede tipes veer die henne vinniger as die hane. Die henne het soms goed ontwikkelde vlerke, terwyl die hane steeds heeltemal kaal is. Oor die algemeen word die lengte van die pluimvere op die vlerke vergelyk om tussen die twee geslagte te onderskei. Dit werk egter net met nuut uitgebroeide kuikens, aangesien die verskil na twee weke sal verdwyn.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Die kleure van sommige rasse en hibriede tipes kan ook die geslag van die pluimvee aandui. As henne met swart en wit gestreepte vere met hane wat nie gestreep is nie paar, sal die hane gestreep uitkom en die henne sonder strepe.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Dieselfde kan met silwer- en goue kleurpatrone gedoen word. Silwer hane en goue henne sal wit, romige of leisteenkleurige jong henne en bruin of rooi gekleurde haantjies produseer. Goue hane op silwer henne, aan die ander kant, sal goue jong henne en silwer haantjies produseer.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2 class=\"Subheading\"><span lang=\"EN-GB\">Kloaakmondgeslagsbepaling<\/span><\/h2>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Kloaakmondgeslagbepaling is deur professor Kiyoshi Masui in Japan in die 1930\u2019s ontwikkel. Dit is \u2019n hoogs gespesialiseerde prosedure waardeur die kloaakmond van die hoender visueel ondersoek word vir die teenwoordigheid of afwesigheid van \u2019n geslagsorgaan wat basies soos \u2019n ronding lyk. Daar is blykbaar meer as vyftien verskillende vorms om te oorweeg.<\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Professionele geslagbepalers kan binne sekondes die geslag van kuikens identifiseer met \u2019n akkuraatheidsvlak van 90% tot 95%. Die akkuraatheidsvlak van opgeleide, maar nie-professionele persone is gewoonlik onder 70%. Amateurs moet hierdie metode beslis nie probeer nie. Wanneer dit verkeerd gedoen word, kan dit hoender ontwei en dood van kuikens veroorsaak.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Wag en Sien<\/h2>\n<p>Nog \u2019n manier om die geslag van die hoender te bepaal, is deur te wag en te sien. Hoe ouer die hoender word, hoe makliker word dit om die geslag van die hoender te bepaal. Volgens The Poultry Bulletin se \u201cSexing Chicken\u201d artikel, sal die hane:<\/p>\n<ul>\n<li>meer manlik begin optree en probeer kraai<\/li>\n<li>hulle vere sal van die ronde, ovaalvormige vere, wat algemeen vir hoenders en jong vo\u00ebls is, verander na blink, smal en spitse vere wat op hul nekke en aan die basis van hul sterte gevind word<\/li>\n<li>hul kamme en kroppe sal vroe\u00ebr ontwikkel en groter word as di\u00e9 van die henne<\/li>\n<li>die koppe sal meer hoekig en manlik word<\/li>\n<li>sekere rasse het ook \u2019n kenmerkende kleurpatroon wat help om hulle te identifiseer.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Vertaal deur Nina Joubert<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/southafrica.co.za\/af\/hoendergeslagbepaling.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/southafrica.co.za\/af\/hoendergeslagbepaling.html<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoendergeslag-bepaling Om die geslag van \u2019n pasgebore kuiken te identifiseer, is moeilik. In teenstelling met die meeste ander diere is die geslagsorgane van hoenders binne-in hul liggame gele\u00eb en dit is nie maklik om tussen manlike en vroulike geslagsdele te onderskei nie. Daar is \u2019n paar mites oor die geslagsbepaling van hoenders, byvoorbeeld dat die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5715,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66],"tags":[33],"class_list":["post-5714","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kleinvee","tag-pluimvee"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5714","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5714"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5714\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5715"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5714"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5714"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5714"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}