{"id":5717,"date":"2022-02-25T20:53:16","date_gmt":"2022-02-25T18:53:16","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5717"},"modified":"2024-04-01T21:06:48","modified_gmt":"2024-04-01T19:06:48","slug":"landbou-die-sleutel-tot-ekonomiese-groei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/agribusiness\/landbou-die-sleutel-tot-ekonomiese-groei\/","title":{"rendered":"Landbou: die sleutel tot ekonomiese groei?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Landbou is die sleutel tot volhoubare ekonomiese groei<\/h2>\n<p class=\"Author\"><span class=\"GREEN\"><span lang=\"EN-GB\" style=\"font-size: 13.0pt;line-height: 120%\">deur Agricolleges International<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"Leadin\" style=\"margin-bottom: 11.35pt\"><span class=\"GREEN\"><span lang=\"EN-GB\">Die Suid-Afrikaanse ekonomie is tans in \u2019n benarde posisie, en volgens Tito Mboweni, die voormalige Minister van Finansies, sal daar na alle waarskynlikheid eers in 2024 \u2019n ommeswaai wees. Suid-Afrika het, te midde van een van die diepste w\u00eareldwye ekonomiese inkrimpings die afgelope eeu, begin om \u2019n ekonomiese herstelplan toe te pas.<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Hierdie plan poog om beleggersvertroue te herstel en lang-termyn hervormings vir ho\u00ebr volhoubare ekonomiese groei te bevorder. Op die korte duur, fokus die herstelplan op die bou van infrastruktuur, die uitbreiding van elektrisiteitsopwekking, die toestand van die digitale spektrum en die ondersteuning van landbou nywerheidsontwikkeling en werkskepping.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Bedreigings in die Landbou sektor<\/h2>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Ekonomiese Groei Plan is in 2010 gestig. Die doel van die groei plan is om meer werksgeleenthede te skep en bedryfsprosesse te optimaliseer. Daar is vyf raakpunte wat deur die program geidentifiseer is, waarvan landbou een is. Om meer werksgeleenthede binne die landbousektor te skep, sal dit vereis dat die bedryf voortdurende ontwikkeling ondergaan. Hierdie groei in die bedryf vereis spesifieke vaardighede van die werknemers wat \u2019n krities belangrike rol in die industrie speel.<\/p>\n<p>Ten spyte van droogtes, swak landboubeleid en \u2019n sukkelende infrastruktuur, groei Suid-Afrika se landbou-uitvoer voortdurend in volume, waarde en kwaliteit. Deur hongersnood te voorkom en ekonomiese aktiwiteite te genereer, skep boere die nodige toestande vir gemeenskappe om te floreer. Boerdery is \u2019n moeilike beroep wat selfs meer uitdagend gemaak word deur die verergerde gevolge van klimaatsverandering en \u2019n tekort aan finansi\u00eble bronne.<\/p>\n<p>Suid-Afrika het ongelukkig nie genoeg van die \u201cregte persone\u201d binne die landbou bedryf nie. Hierdie is die hoofrede dat landbou geidentifiseer word as een van die industrie\u00eb met \u2019n tekort aan kundigheid en persone wat spesialiseer in spesifieke velde of produkte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2 class=\"Subhead2\"><span class=\"GREEN\"><span lang=\"EN-GB\">Wanpersepsies oor Boerdery<\/span><\/span><\/h2>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Die stereotipiese persepsie van boerdery is dat dit oorheers word deur Afrikaner mans en gepaard gaan met \u2019n oorweldigende gevoel van bedreiging, marginalisering en verwaarlosing onder bestaande en voornemende boere. Nog \u2019n boerdery stereotipe is dat swart mense niks bo die sosiale klas van arm bestaansboere kan of behoort te word nie. Hierdie wanpersepsies sal slegs in hul spore gestop word as perspektiewe oor die bestaande sektor verander en vervang word deur die begrip van \u2019n lewendige, suksesvolle en verteenwoordigende landbousektor. <\/span><\/p>\n<p class=\"Body\"><span lang=\"EN-GB\">Om nuwe geleenthede binne die landbousektor te kweek, sal die fokus nie noodwendig gerig wees op ekonomiese bemagtigings inisiatiewe nie, maar op die betrekking van swart mense, vroue, gestremde persone en die jeug van alle rasse.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Nis Boerdery \u2013 Die manier vorentoe?<\/h2>\n<p>Nisboerdery verwys na die produksie en verspreiding van landbou produkte wat nie algemeen beskikbaar of toeganklik is nie. Buiten die feit dat hierdie boerderye taamlik klein is, het hierdie markte floreer gedurende \u2019n hoogs onsekere tyd in Suid-Afrika se landbousektor. Die mark het aansienlike w\u00eareldwye belangstelling gesien in die laaste dekade, en bied oneindige geleenthede vir groei aan.<\/p>\n<p>Wynand Espach, Besturende Direkteur van Amorentia Estate and Nursery en Hoof- uitvoerende beampte van Agricolleges International, het in \u2019n onlangse radio-onderhoud met RSG Landbou vertel dat hulle saam met vooraanstaande markagente in Suid-Afrika werk om plaaslike en uitvoerende markte vir hulle nisprodukte te ontwikkel. Volgens Espach is die Amorentia Sweet Dragon Fruit \u2019n kultivar met \u2019n baie soeter smaak en dat hulle doelwit is om eers die plaaslike mark te ontwikkel deur middel van bewusmakings-veldtogte om verbruikers in te lig oor hulle produk.<\/p>\n<p>Vir landbou-ekonoom Lunathi Hlakanyane maak die afgelope paar jaar se sukses van die kiwivrugte-, bloubessie- en sampioen markte juis hierdie kommoditeite waarna boere moet kyk om hul bedrywighede uit te brei. Hlakanyane s\u00ea sy ontleding van hierdie markte toon heelwat interessante neigings in die afgelope jaar en \u2019n half, met \u2019n verbruikers aanvraag na hierdie produkte wat plaaslik en w\u00eareldwyd toegeneem het.<\/p>\n<p>Diegene wat vaardig, toegewyd en passievol is oor hulle produkte, sal goed vaar in hierdie nismark landbou sektor.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Befondsing ontgin landbou potensiaal<\/h2>\n<p>Net soos voornemende landbou studente landbou beurse en finansiering benodig om hulle te help om hul studies te voltooi en die nodige vaardighede op te bou, so het baie klein boere in Afrika ook befondsing nodig om hulle besighede te groei.<\/p>\n<p>Tydens die Africa Agri Tech- (AAT-)konferensie in Pretoria het die bekendstelling deur oudminister Roelf Meyer van \u2019n landbou-ontwikkelingsagentskap, AGDA (Agriculture Development Agency), die amptelike konferensie-opening voorafgegaan. AGDA beskik oor 36 stigterslede en is \u2019n privaatsektorinisiatief wat binne die raamwerk van die openbare-private-groei-inisiatief (PPGI) val.<\/p>\n<p>Die doel is om strategiese beplanning tussen die regering en die privaatsektor in lyn te bring met die oog op die verbetering van ekonomiese groei asook die manier waarop die regering en privaat ondernemings saamwerk.<\/p>\n<p>Rudi Dicks, hoof van projekbestuur in die presidensie, het daarop gewys dat AGDA die volle ondersteuning van die president geniet. Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het via \u2019n video boodskap die regering se goedkeuring en bereidwilligheid om saam met AGDA te werk, herbevestig. Sy het dit verwelkom dat die privaat sektor en die landboubedryf op hierdie wyse mobiliseer ten einde die regering te ondersteun om die uitdagings van landbou en grondhervorming aan te spreek.<\/p>\n<p>Ten spyte van die risiko\u2019s verbonde aan die finansiering van boere, argumenteer hierdie artikel dat die reaksie op die risiko\u2019s van plaas finansiering die verskaffing van broodnodige krediet aan kleinboere om in hul plase te bel\u00ea nie net \u2019n goeie daad is nie, maar kan ook \u2019n goeie sakegeleentheid vir finansi\u00eble instellings wees om aansienlike mark potensiaal te ontsluit. Boonop moet die vraag gestel word \u2013 \u201cwat kan meer lonend wees as om \u2019n bedryf \u2019n hupstoot te gee wat die potensiaal het om \u2019n enorme positiewe impak te maak?\u201d<\/p>\n<p>Volgehoue groei in die landbousektor het bewys dat befondsing en belegging 2 tot 4 keer meer doeltreffend is om armoede te verminder en lewensbestaan te verbeter as groei in ander sektore.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Voltydse studie \u2013 Nie altyd \u2019n uitweg nie<\/h2>\n<p>Vir talle jongboere, is die kostes en gebrek aan tydsbestuur van \u2019n voltydse driejaar kursus by \u2019n tersi\u00eare instelling \u2019n finansi\u0451le en professionele uitdaging. In Suid Afrika is baie skoolverlaters en landbou-liefhebbendes reeds aktief in die boerdery opgeneem wanneer hulle die skool verlaat en dit kan wees as gevolg van die omvang van die boerdery of dat die individu nie meer tyd wil afstaan wat kan gebruik word om sy\/haar passie uit te leef nie.<\/p>\n<p>Dit is te danke aan gesofistikeerde en tegnologiese vorderings in landbou dat daar nou verskeie loopbaangeleenthede ontstaan in die landbousektor soos insetverskaffing, grondwerke, IT, finansies, biotegnologie, ekonomie, ingenieurswerke, wetenskap, bemarking, landbou joernalistiek en selfs nog baie meer.<\/p>\n<p>W\u00eareldwyd is daar meer as 500 miljoen kleinskaalse boerderye, waarop meer as \u2019n miljard mense vrugte en groente kweek en diere grootmaak as \u2019n beroep om die nodige voedsel te produseer wat uiteindelik die helfte van die w\u00eareld se kalorie\u00eb verskaf. Binne elke landboubedrywigheid, is daar individue wat graag \u2019n entrepreneuriese aanslag wil aanneem en hulle eie besighede begin.<\/p>\n<p>Marianne Van der Laarse, \u2019n spesialis werwer vir die landbousektor by Agrijob, het ges\u00ea: \u201cDie tekort aan tuinboukundiges, landboukundiges en grondkundiges is van die talle poste wat wag om gevul te word om \u2019n groter gaping in die sektor te voorkom. Gepaard met \u2019n tekort aan veevoer wetenskaplikes wat in suiwel spesialiseer, neem die gebrek aan mense tussen die ouderdom van 30-40 ook veral toe in die vrugte-, groente- en graanbedryf. Die tekort aan vaardighede soos praktiese kennis oor plantvoeding en na-oes hantering van groente en vrugte is deel van die probleme wat tot die bestaande gaping bydra.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Die Agricolleges benadering<\/h2>\n<p>AGRICOLLEGES international (ACI) weet dat tegnologie boerderypraktyke \u2019n hupstoot kan gee in terme van die doeltreffendheid van arbeid, opbrengste en winsgewendheid. Deesdae is rekenaars en inligtingstegnologie net so \u2019n ge\u00efntegreerde deel van trekkers en stropers as wat die enjin is.<\/p>\n<p>Landboutegnologie ontwikkel teen \u2019n onbekende pas, wat boere nie regtig met \u2019n keuse laat nie. Hulle moet in pas bly. Dit word \u2019n kwessie van bly by of bly agter. Die boere moet hulleself voortdurend her-ori\u0451nteer om mededingend en winsgewend te bly.<\/p>\n<p>ACI se w\u00eareldklas multi-funksionele aanlyn leerplatform bied studente en kursusgangers die geelentheid om toegang te kry tot \u2019n reeks Nasionale Sertifikate en gespesialiseerde kortkursusse.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Studeer Landbou in Afrikaans by AGRICOLLEGES<\/h2>\n<p>Meeste mense wat in geheel of gedeeltelik op \u2019n plaas of in \u2019n boeregemeenskap groot geword of tyd daar deurgebring het, veral kleintyd, sal \u2019n begeerte h\u00ea om hulle lewe in so \u2019n natuurlike omgewing met vars lug, weg vanaf die gejaag, geskarrel en gewoel van die stad, voort te leef.<\/p>\n<p>AGRICOLLEGES international het onlangs begin met die vertaling van landbou\u00a0kursusse in Afrikaans. Die Inleiding tot Plant- en Diere produksie kursusse word nou\u00a0aangebied in Afrikaans asook die Inleiding tot\u00a0Landbou-besigheid kursus. Daar is \u2019n toenemende druk op Afrikaanse studente om Engels in hulle daaglikse lewens te inkorporeer. Of dit nou is deur sosiale media, werksomstandighede of kulturele druk, Engels is \u2019n noodsaaklike komponent in die moderne samelewing.<\/p>\n<p>Agricolleges het besef dat die jong boere van vandag nie die stres van veeltaligheid benodig in hulle studieomgewing nie, want hulle sal genoeg daarvan ervaar in hulle werksplek. Deur moedertaalonderrig word die gehalte van onderrig verbeter omdat voortgebou word op bestaande kennis en ondervinding wat uiteindelik sal lei tot akademiese sukses.<\/p>\n<p>Vir meer inligting oor die AGRICOLLEGES international benadering tot landbou opleiding of oor die kursusse wat op ons platform aangebied word, besoek gerus: <a href=\"https:\/\/agricolleges.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/agricolleges.com\/<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Landbou is die sleutel tot volhoubare ekonomiese groei deur Agricolleges International Die Suid-Afrikaanse ekonomie is tans in \u2019n benarde posisie, en volgens Tito Mboweni, die voormalige Minister van Finansies, sal daar na alle waarskynlikheid eers in 2024 \u2019n ommeswaai wees. Suid-Afrika het, te midde van een van die diepste w\u00eareldwye ekonomiese inkrimpings die afgelope eeu, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5718,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[22],"tags":[186],"class_list":["post-5717","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-landboubesigheid","tag-agricolleges"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5717","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5717"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5717\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5718"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5717"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5717"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5717"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}